KI praat Afrikaans.
LitNet eksperimenteer tans met KI, en hierdie Afrikaanse video verteenwoordig so ’n poging.
Kyk na hierdie (Afrikaanse) KI-gegenereerde video wat ’n LitNet-artikel, getiteld “Rooibostee, awê en oepsies” (Menán van Heerden, 2022) opsom:
Die geure van jou ouma se resep, die geheue en klanke van liedjies, die stories wat oorvertel word – ontasbare erfenis leef in ons almal. Watter waarde het erfenis wat nie kan afbrand of verwoes word soos ’n gebou of monument nie?
YouTube-skakel na bostaande video: https://youtu.be/6u05jbfctpw
Let wel:
- NotebookLM stipuleer dat hierdie program onakkuraat kan wees. In hierdie video is die uitspraak van woorde in enkele gevalle nie 100% korrek nie; daar is enkele spelfoute; en hoofletters word vrylik gebruik. Daar is twee foute in die inhoud: (1) “Unesco se Konvensie vir Ontasbare Erfenis goed [sic]” moet eerder “Unesco se Konvensie vir die Beveiliging van Ontasbare Kultuurerfenis” wees; en (2) “Afrikaanse-studies-versameling” moet eerder as “Afrika-studies-versameling” uitgespreek word.
- Die fokusprent is deur NotebookLM genereer.
- LitNet-artikels word met toestemming van die skrywers in kort en kragtige KI-video’s, podsendings en skyfies omskep. Die skrywers behou kopiereg op hul artikels.
Lees meer oor kunsmatige intelligensie op LitNet hier.
Luister, kyk en lees ook:
Your AI IQ: LitNet learning (the insect world) | Jou KI-IK: LitNet-leer (die insekwêreld)


Kommentaar
Ons praat ons taal, in watter vorm ook al. Ons woordeskat verbreed, ons groet mekaar met allerlei groetwoorde: Siyabonga mama, hamba kahle, awê.
Interessant.