Die vyfde Etienne van Heerden Veldsoirée het van 20 tot 22 September 2024 in Nxuba (voorheen Cradock) plaasgevind. Die ATKV-skryfskool en die eerste voordragte van die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad is ook hier aangebied. Die beraad sal ná die Veldsoirée aanlyn voortloop.

Tydens hierdie fees is gesprekke gevoer oor, onder andere, skrywers se jongste romans; kinderboeke; kunsmatige intelligensie; die resensering van boeke; argiewe; Griekwa-Afrikaans; die aard van debat/die oop gesprek; versoening; identiteit; die literêre geskiedenis van die Oos-Kaap; en die dinge waaroor Suid-Afrika se gemeenskappe treur.
Benewens bogenoemde prikkelende gesprekke, het die Oos-Karoo gesorg vir pragtige landskappe en Karoo-gasvryheid.
*Die fees is gehou by Die Tuishuise en Victoria Manor in Markstraat en by die Buffelshoek Dirosie Lodge net buite Cradock. Dirkie Visser en Rosie Visser besit die Buffelshoek Dirosie Lodge en die plaas Buffelshoek. Lisa Antrobus-Ker is die bestuurder van Die Tuishuise en Victoria Manor in Markstraat, Cradock.
Menán van Heerden het foto’s geneem.
- Kyk na fotoblad 1 en fotoblad 2 vir nog foto’s van die fees (en die sprekers).

Vrydag se gesprekke het by die Victoria Manor plaasgevind.

Saterdag se gesprekke het by die Buffelshoek Dirosie Lodge plaasgevind.

Een van die Tuishuise in Markstraat. Heel links op die foto is Victoria Manor.

Die laatmiddag Karoo-lig val sag op een van die Tuishuise in Markstraat.

Die lente is nog nie op pad nie. Die kaggel in Victoria Manor se feestelike rooi eetkamer was baie welkom en gesellig!

Victoria Manor se feestelike rooi eetkamer

’n Tafel in die eetkamer langs die rooi eetkamer in Victoria Manor. Feesgangers het baie smaaklike Karoo-etes hier geniet!

Die ontvangskamer by Victoria Manor

Die ATKV-skryfskool (prosa), aangebied deur Hans du Plessis, het in Die biblioteek aan die einde van die wêreld (links op die foto) plaasgevind. Die biblioteek aan die einde van die wêreld is een van die Tuishuise in Markstraat wat vernoem is na Etienne van Heerden se roman. Aan die ander punt van die straat is Victoria Manor. Die poësie-gedeelte van die ATKV-skryfskool, aangebied deur Bernard Odendaal, het in Victoria Manor plaasgevind.

Die biblioteek aan die einde van die wêreld, een van die Tuishuise aan die verre punt van Markstraat wat vernoem is na Etienne van Heerden se roman.

Die biblioteek aan die einde van die wêreld

Aan een kant van die spoorlyn is Buffelskop (waar Olive Schreiner se sarkofaag geleë is en waar sy ook gewoon het). Aan die ander kant is Kranzplaas (waar Olive Schreiner gewoon het) en die Visriviervallei, waaroor Etienne van Heerden in van sy romans skryf.

Feesgangers kyk uit oor die Visriviervallei op Kranzplaas waar Olive Schreiner gewoon het.

Kranzplaas

Die videograaf Pieter Fourie neem vir Basil Mills op, terwyl hy vir feesgangers meer oor Olive Schreiner se sarkofaag op Buffelskop vertel.

Op pad na Olive Schreiner se sarkofaag op Buffelskop. Ons het met viertrekbakkies teen ’n steil bergpad uitgery. Altyd een van die hoogtepunte! Op hierdie foto was die feesgangers reeds op pad na die graf aan die bopunt van Buffelskop.

Terwyl ons wag vir die ander bakkies, wys Basil Mills iets oor die landskap uit.

Basil Mills vertel vir feesgangers meer oor Olive Schreiner by Buffelskop.

Basil Mills vertel vir feesgangers meer oor Olive Schreiner op Buffelskop.

Op pad terug van Olive Schreiner se graf.


Een van die feesgangers se windpomp-oorbel met die uitsig by Buffelskop.

Op pad na Buffelshoek.
- Foto’s: Menán van Heerden
Lees ook:
Fotoblad 1: Etienne van Heerden Veldsoirée en die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad
Veldsoirée-borge/Veldsoirée sponsors


Die Tuishuise en Victoria Manor






Kommentaar
Die oorbel-foto is pragtig, Menán ... fyn waargeneem.