Fotoblad 1: Etienne van Heerden Veldsoirée en die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad

Die vyfde Etienne van Heerden Veldsoirée het van 20 tot 22 September 2024 in Nxuba (voorheen Cradock) plaasgevind. Die ATKV-skryfskool en die eerste voordragte van die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad is ook hier aangebied. Die beraad sal ná die Veldsoirée aanlyn voortloop. Menán van Heerden het foto’s van al die sprekers geneem.