
Liefhebbers van die Afrikaanse letterkunde sou hulle op Vrydag 20 September in Cradock wou bevind.
- Die Etienne van Heerden Veldsoirée begin daar om 10:45.
- Nathan Trantraal sal, as deel van die Veldsoirée, net na 11:00 die eerste voordrag van die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad lewer.
- En om 09:00 begin die ATKV-Skryfskool.
Die drie komponente loop hand aan hand.
Deelnemers aan die ATKV-skryfskool het ook outomaties en gratis toegang tot alle gesprekke wat onder die vaandel van die Veldsoirée plaasvind. Dit sluit die voordragte in waarmee die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad ingelei word. Die beraad sal ná die Veldsoirée aanlyn voort loop.
Kontak gerus vir Eljse by reservations@tuishuise.co.za om deel te hê aan die Veldsoirée of die ATKV-skryfskool.
Program
Vrydag 20 September 2024
09:00 tot 10:30
Ruimte: Die biblioteek aan die einde van die wêreld en die klein raadsaal van die Victoria Hotel
- ATKV-Skryfskool
10:45 tot 13:00
Ruimte: Die Victoria Hotel, groot saal
- Opening: Darryl David en Lisa Kerr.
- Clinton du Plessis lees gedigte voor.
- Tom Dreyer lewer ’n lesing oor identiteit in die letterkunde.
- Tim Huisamen deel herinneringe oor sy goeie vriend André P Brink.
- Darryl David gesels oor sy nuwe Karoo-boek as deel van ’n ondersoek na identiteit.
13:00: Ete
14:00 tot 15:00
Ruimte: Die Victoria Hotel, groot saal
- Dominique Botha ondersoek versoening binne ’n letterkundige konteks.
- Fanie Olivier vra of debat nog moontlik is in ons hooggestemde samelewing.
15:15 tot 17:45
Ruimte: Die biblioteek aan die einde van die wêreld en klein raadsaal
- ATKV-Skryfskool
18:00: Ete
19:00 tot 21:00
Ruimte: Die Victoria Hotel, groot saal
- Vasti Roodt ondersoek ook die vraag of die oop gesprek steeds moontlik is.
- Hans du Plessis gesels oor sy navorsing rakende Griekwa-Afrikaans.
- Burgert Senekal bespreek die rol van tegnologie in die bewaring van ons letterkundige nalatenskap.
Saterdag 21 September
08:00 tot 10:00
Ruimte: Die biblioteek aan die einde van die wêreld en die klein raadsaal
- ATKV-Skryfskool
10:00 tot 13:00
Ruimte: Buffelshoek DiRosie Lodge
- Izak de Vries kou die tameletjie in die voortslepende debat oor resensies.
- Dietloff van der Berg gesels oor sy vertaling van Rumi en die transformasie van die teks.
- Jaco Jacobs hou ’n lesing oor kinderboeke en sê “Jy kan nie ernstig wees nie.”
- Andries Gouws ondersoek transformasie tussen teks en beeld.
- Burgert Senekal gee ’n praktiese demonstrasie oor die wonders van kunsmatige intelligensie.
13:00: Ete
14:00 tot 18:00
Ruimte: Buffelshoek DiRosie Lodge
- Ingrid Winterbach gesels met Darryl David oor haar roman Onrus op Steynshoop.
- Jayden Kukari praat met Mercia Coetzee oor sy roman Die kleine klitse.
- Stefaans Coetzee gesels oor sy nuwe boek, Sel 6, en die belang van vernuwing in gevestigde genres.
- Mercia Coetzee ondersoek die rol van kunsmatige intelligensie in ons letterkunde en die beskouing van die self.
- Johann Rossouw vra vrae oor die dinge waaroor Suid-Afrika se gemeenskappe treur.
- Amazwi berig oor die belang van argiefmateriaal en die werk wat dié museum in Makhanda doen.
1800: Ete
19:00 tot 20:30
Ruimte: Buffelshoek DiRosie Lodge
Die afsluiting met Heindrich Wyngaard as seremoniemeester:
- Clinton du Plessis lees gedigte voor.
- Bernard Odendaal lees gedigte voor.
- Etienne van Heerden lees voor uit Gebeente.
- Mpush Ntabeni kyk na die letterkundige geskiedenis van die Oos-Kaap.
- Basil Mills, ook bekend as Crocodile Cradock, vertel oor die manier waarop hy stories met ekologiese bewusmaking vermeng.
- Die Orde van die Windpomp word toegeken.
Sondag 22 September
Kranzplaas
08:15 tot 09:30
Basil Mills neem diegene wat vroeg wil opstaan, na Kranzplaas, waar Olive Schreiner gewoon het.
Ruimte: Buffelshoek DiRosie Lodge
09:45 tot vroegmiddag
Biltong en sjerrie: By Schreiner se sarkofaag op Buffelskop
Basil Mills lei ’n bakkie-optog en mars na Schreiner se graf.
Nota bene: Ons ry met viertrekbakkies teen ’n steil bergpad uit. Die koste is R200 per persoon. Dit is noodsaaklik om vooraf te bespreek. Kontak solank vir Pieter by buffelshoek.gamelodge@gmail.com om jou sitplek op ’n bakkie te bevestig.
Lees ook:
R350 vir die ATKV-skryfskool in Cradock én skouerskuur met skrywers
20 tot 22 September: Die Etienne van Heerden Veldsoirée 2024
Veldsoirée-borge/Veldsoirée sponsors


Die Tuishuise en Victoria Manor






Kommentaar
Ek het die voorreg gehad om twee jaar gelede deel te neem. Dit was werklik iets uit 'n ander wêreld. Ek hoop almal sal net soveel genot daaruit put as ek destyds. GENIET dit! Met Darryl, Etienne en Izak aan die spits van alles, sal dit nie anders nie!
Die beste gebeur saam met E van Heerden op Cradock.
Ek lees dit nou eers raak! Te laat!
Bestaan die moontlikheid van 'n herhaling van hierdie program? Êrens?