Die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad

Daar is talle onderwerpe wat skadu’s oor die literêre landskap gooi. Dit is waarom LitNet, in ons 25ste bestaansjaar, weer ’n skrywersberaad gaan hou. Die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad begin tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée in Cradock op 20 September 2024 met ’n reeks lesings en sal aanlyn verder gevoer word. Die beraad sal waarskynlik tot in 2025 duur.