R350 vir die ATKV-skryfskool in Cradock én skouerskuur met skrywers

  • 3

Voornemende skrywers kan solank hulle dagboeke skoonmaak, want van 20 tot 22 September 2024 gaan die ATKV-Skryfskool weer tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée in Cradock aangebied word.

Hans du Plessis (prosa) en Bernard Odendaal (poësie) sal die skryfskool aanbied.

Enigeen wat daarin belangstel om deel te neem, kan solank hulle naam en kontakbesonderhede aan Die Tuishuise & Victoria Manor verskaf deur ’n e-pos aan reservations@tuishuise.co.za te stuur.

Dit kos slegs R350 om hierdie skryfskool by te woon, en dit sluit alle kursusmateriaal in.

Kursusgangers hoef dus slegs vir hul eie etes en verblyf te betaal.

Die prosaskrywers word aangemoedig om ’n eie kortverhaal na die skryfskool te bring, en die digters word versoek om een of twee eie gedigte saam te bring.

Wat meer is, hierdie R350 gee ook aan deelnemers gratis toegang tot die gespreksessies tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée. Verskeie van ons land se kommentators en skrywers sal by die veldsoirée teenwoordig wees.

Die kursus word aangebied by die Victoria Hotel op Cradock en begin om 09:00 Vrydagoggend 20 September.

Die ATKV is die hoofborg van die ATKV-Skryfskool.

Daar is goeie verblyfopsies in Cradock, maar deelnemers word aangemoedig om verblyf by Die Tuishuise & Victoria Manor of by Buffelshoek DiRosie Lodge te ondersoek. Beide instansies verskaf ruim borgskappe om die Etienne van Heerden Veldsoirée moontlik te maak.

Om saam te vat: R350 betaal vir die skryfkursus, die kursusmateriaal en al die gespreksessies tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée.

Bespreek nou vir die ATKV-Skryfskool by reservations@tuishuise.co.za.

Vir verblyf:

Die Tuishuise & Victoria Manor

Buffelshoek Dirosie Lodge

Lees ook:

’n Soirée saam met my suster 

’n Fotogalery | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023

  • 3

Kommentaar

  • Helena Kruger

    Is ‘n reaksie dieselfde as ‘n inskrywing? Sal baie graag wil inskryf met drie medewerkers, maar die instruksies is nie heeltemal duidelik nie — in elk geval, nie vir my nie. Duideliker inligting?

    • Izak de Vries

      Die instruksies vir besprekings is in die stuk, Helena. Stuur asb julle name na die e-posadres verskaf.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top