Tana Baru – meer as net ’n keramat

“Daa is baie mense begrawe op Tana Baru (‘nuwe grond’), soes Tuan Guru … Maa die turning point vi my was wanner ek … gelies het dat Sameda Van De Kaap daar begrawe is – sy is die co-founder vannie Palm Tree-masiet in Langstraat, Kaapstad. Ek’t besluit om haa keramat te gaan visit … Maa toe ek daa aankom, kon ekkie haa keramat vind’ie – sy was net nie daa nie. Tuan Guru ennie anner imams se name was groot op ’n bord geplak, maa nie hare nie.”