Tana Baru – meer as net ’n keramat

  • 0

.....

“Daai wassie die ee’ste keer dat ek sukke stories hoor vannie keramats in Kaapstad’ie ... Die keramats was obviously ’n groot deel vannie lewens van Muslims innie Kaap. Ek het al vyf keramats gevisit: (1) Sheikh Yusuf van Macassar in Kramat Road, Macassar, naby Strand en Somerset West; (2) twie keramats in Constantia; (3) een keramat in Camps Bay, en of course (4) die keramat van Tuan Guru, imam Abdullah Kadi Abdu Salaam, wat begrawe is byrie famous Tana Baru-keramat in Bo-Kaap. Daa is oek een op Signal Hill, naby die Lion’s Head hiking trail, en op Robben Island.”

.....

In Desember 2020 was ek by dr Jakoet in Bo-Kaap want ek’t gedink ek het korona. Turns out ek was korona-negative, ek het net fever en fatigue gehad want ek was heeldag innie son sonner sunblock byrie beach daai week! Ek het soe baie goeie dinge oo hierie dokter gehoo, ennit lyk vi my asof hy en sy broer, oek ’n dokter, in Salt River, ’n groot legacy het innie Bo-Kaap. My landlady het vi my ge’warn dat dr Jakoet ken vir ammal en ammal se nief en niggie innie Bo-Kaap. Lo en behold, in my ee’ste twee minute innie dokter se kamer het hy uitgevind dat ek die great-granddaughter van imam Haabiel Domingo is! 

Hy het baie vining gepraat en ek was baie loopy en siek daai dag. Maa ek’t darem onthou dat hy vi my ve’tel van iemand in sy familie wat vi ’n lang tyd sonner wêk was, dan het die familie thikr gemaak byrie Tana Baru keramats in Dawes Straat, Bo-Kaap, en kôt daa’na het hy wêk gekry byrie council, en hy’t daa gewêk vi 40 jare!  

Daai wassie die ee’ste keer dat ek sukke stories hoor vannie keramats in Kaapstad’ie. Die Kaapse Muslim community het oek ’n lang geskiedenis ommie keramats te visit en dua te maak virrie mense wat daa begrawe is voordat hulle Makkah toe gaan vir Hajj. Die keramats was obviously ’n groot deel vannie lewens van Muslims innie Kaap. Ek het al vyf keramats gevisit: (1) Sheikh Yusuf van Macassar in Kramat Road, Macassar, naby Strand en Somerset West; (2) twie keramats in Constantia; (3) een keramat in Camps Bay, en of course (4) die keramat van Tuan Guru, imam Abdullah Kadi Abdu Salaam, wat begrawe is byrie famous Tana Baru-keramat in Bo-Kaap. Daa is oek een op Signal Hill, naby die Lion’s Head hiking trail, en op Robben Island.

“Tana Baru” is ’n Bahasa Indonesian phrase wat beteken “nuwe grond”. Wanner die Muslims in Suid-Afrika religious freedom in 1804 gekry het, was hierie grond gegie aanie Muslims deur die Raad der Gemeente Frans van Bengalen, ’n attempt vannie Batavian administration om Muslim loyalty te obtain want hulle was bang dat ’n British attack will soon follow. However, die grant van hierie grond was ee’s registered innie Muslim community se naam in 1830 deur die instigation van Achmat van Bengalen – hy was oek ’n imam en getroud met Saartjie Van De Kaap, die vrou wat grond geskenk’t virrie establishment van Auwal-masjid, die ee’ste masiet in Suid-Afrika – en dan wassit toegemaak vi “health reasons” tydens die smallpox pandemic tussen die 1700’s en 1800’s. Hierie pandemic was amper soes die coronavirus pandemic, en dit het oek gelei tot multiple deaths en overcrowded graveyards ennie rede hoekom Tana Baru toegemaak was. Hierie decision het dus ’n groot impact gehad op Muslim burial rights, want ôse Islamic tradition lee’ vi ôs dat ôs moet die mayyit soe gou soes moontlik begrawe – within 24 hours. Hierie dispute was ee’s jare later resolved wanner die Malay Cemetery Board, ’n movement gelei deur Abdol Burns, ’n anner grond gekoep’t vi Muslim burials in Observatory, Kaapstad.     

’n Nuwe discovery in my familie se boek collections innie Bo-Kaap

Gekoep by Atlas, ’n famous spice winkel innie Bo-Kaap

Up until recently was die Tanu Baru Cemetery protected deur die National Heritage Resources Act, maa nou is die grond highly wanted property deur die latest gentrification developments in Kaapstad se Central Business District. Ek hoo baie activists refer to gentrification as die twiede Apartheid Group Areas Act, en ek stem saam. In fact, dit is ’n dêde forced removals as djyrit soe kyk vannie feit dat ôse Muslim Malay mense was al klaar forced uit Indonesia deur slavery en colonialism vanaf 1652! Dit maak my bloed kook om te sien how history repeats itself en hoe Apartheid en colonialism nie rêrag klaar issie, en dat the powers that be nog altyd dink aan nuwe ways om ôse mense te rob of their land rights, history en identity.

Maa ek’t baie goeie memories van keramat visits. My ees’te keer by Tana Baru was in 2006 wanneer ek in graad 9 was. Ek was op ’n excursion mettie Muslim Youth Movement, led by Mohammed Groenewald, ’n Muslim activist en community leader in Kaapstad. Die anner youth leader, aunty Nawaal, het vi ôs meisies uitskel voo die Auwal-masjid want ôs hettie ôse salaah-klere saamgebring’ie. Ek onthou sy’t vir ôs gesê dat djy moet enige tyd kan salaah, maakie saakie waa of hoe vê djy travel nie. Obviously op daai ouderdom het ôsie haa woode ve’staan nie; ôs was net uitgeskel en dit was dit. Maar nou sien ek aunty Nawaal se wisdom. Sy’t vir ôs remind dat ôse Islam is nie iets wat compartmentalised is nie, en ôs moet altyd ôse Islam ronddra wherever ôs gaan innie wêreld.

Daa is baie mense begrawe op Tana Baru, soes Tuan Guru (Indonesian vir “Mister Teacher”), Tuan Nuruman, oek bekend as “Paay Schaapie”, en Tuan Saeed Aluwie, drie well-known Islamic missionaries van Indonesia en Yemen. Maa die turning point vi my was wanner ek in Bo-Kaap & Islam deur Ursula Stevens gelies dat Sameda Van De Kaap daar begrawe is – sy is die co-founder vannie Palm Tree-masiet in Langstraat, Kaapstad. Ek dink nog altyd dat hierie masiet ’n “badass” masiet is – dit stick uit soes ’n champion langsaan die night clubs in Langstraat! Hierie masiet was ’n safe space vi baie slave Muslims in daai era, en Sameda en haa man het baie slaves gekoep mettie sole intention om hulle vry te maak. Daai is die main reason Sameda soes ’n mirror vi my is – ek sien myself baie in haa as ’n rolmodel en vrou wat opstaan virrie marginalised.

Palm Tree Mosque in Langstraat – som vannie mense wat begrawe is by Tana Baru het ’n rol gespeel tot die geboorte van Islam innie Kaap by hierie masiet.

Ek’t besluit om haa keramat te gaan visit op Heritage Day 2019, ’n paa wieke voo’dat ek my writing residency mettie NATi Jong Sterre en Jakes Gerwel Foundation moet klaar maak innie Oos-Kaap. Die hele Kaap was aanie brand daai dag, want Prince Harry en Meghan hettie Kaap kô visit, en daa was ’n groot event in District Six want Keizersgracht Street was renamed back to Hanover Street. Ek hettie omgegie nie – ek’t ’n niyyah gemaak om Sameda te visit! Maa toe ek daa aankom, kon ekkie haa keramat vind’ie – sy was net nie daa nie. Tuan Guru ennie anner imams se name was groot op ’n bord geplak, maa nie hare nie. Ek was soe hartseer. Ek het sommer net daa dua gemaak vi ’n sign wat vi my lei tot haa keramat – I don’t know what I was hoping for. Toe kyk ek narrie open land en die kleiner tombstones gesien. Ek het op my knieë gegaan en ammal die tombstones inspect met my vingers soes ’n blinde mens wat try om braille te lies – die Arabic name oppie tombstones faded with time – miskien kon ek ’n “ﺱ” vi “Sameda” voel of iets.

Overlooking die tombstones langsaan die main Tana Baru-keramats

’n Inspection vannie Arabic name oppie tombstones

Op soek vi Sameda Van De Kaap se keramat

Ek kan nooit vi iemand explain hoe defeated ek daai dag gevoel’t. Om Sameda se keramat te vind sou soes ’n reunion gewies’t, ’n discovery of an ancestor, ’n twin sister of some kind – as if someone stretched out their hand to me across time and history and made a connection. Maa ek moes myself comfort mettie knowledge dat although Sameda’s legacy nie innie Kaap visible is nie, sy is definitely present binne in my. Sy woon binne in my ennie parallels tussen ôse existence as Malay Muslim vroumense wat baie hart het virrie marginalised kannie ’n coincidence wiesie.

Ek het toe byrie huis gekom en my tasse gepak virrie Oos-Kaap, en gedink hoe my visit aan Sameda amper soesie Hujaaji’s kon gewies’t wanneer hulle op pad Makkah toe is. Net soes ôse Hujaaji’s Makkah toe gaan, ek het oek gevoel dat my writing residency ’n groot creative en spiritual journey was, en ’n dream come true. Dit het complete sense vi my gemaak om Sameda se keramat ee’s te visit voordat ek op daai plane geklim’t Oos-Kaap toe. Ek’t oek baie reflect oppie relationship tussen my connection met Sameda en my identity as ’n skrywer. Innie Qu’ran sê Surah Al-Alaq: “Read! And your Lord is the Most Generous, Who taught by the pen, taught humanity what they knew not” (96:3–5). Ek’t gerealise dat daa baie tipes skrywers is, en different ways deur hoe hulle die “pen” gebruik. Daa’s skrywers wat oek teachers is, skrywers wat oek pastors is, skrywers wat oek activists is, skrywers wat oek anner rolle het innie liewe en society. Ek dink ek’s ’n skrywer met ammal daai identities, maa ek’s oek ’n historian en beslis ’n extension van hierie stêk en dapper vroumense in history wat byrie Tana Baru-keramat begrawe is. En dis my job om hierie histories, syne en myne, te record – ’n baie groot job om te doen in ’n wêreld waa die male perspective of history altyd dominate!   

Woordeskat:

  • Thikr – gebede en gedeeltes uit die Qu’ran, gewoonlik saam met die lagoo (ritme) as ’n groep gesê
  • Keramat – Heilige grafte waar baie Islamitiese voorouers en leiers uit Indonesië begrawe is
  • Dua – Arabies vir “gebed”
  • Makkah – Arabies vir “Mekka”, die stad in Saoedi-Arabië waar Muslims Hajj opvoer
  • Hajj – verpligte Islamitiese pelgrimstog; een van die vyf pilare van Islam
  • Hujaaji’s – pelgrims wat op Hajj gaan
  • Mayyit – Arabies vir “die oorledene”
  • Salaah – daaglikse gebede deur Muslims gedoen; een van die vyf pilare van die Islam
  • Niyyah – Arabies vir “bedoeling”
  • “ﺱ” - Transliterasie: “seen”. Die 17de letter van die Arabiese alfabet
  • Qu’ran – die heilige boek van Islam
  • Surah – ’n hoofstuk uit die Qu’ran
Lees verder:
Bibliografie:
  • Davids, A. The history of the Tana Baru. 1985. Uitgegee deur The Committee for the Preservation of the Tana Baru, Langmarkstraat, Kaapstad.
  • Stevens, U. Bo-Kaap & Islam. 2014. Uitgegee deur Wanderlust Books.   
Lees ook:

Die Bo-Kaap: Arabiese Afrikaans en die Kaapse Moslemgemeenskap

Fotoblad: Die Afrikaans van die Kaapse Moslems-bekendstelling

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top