Totsiens Suidooster se Boeta AB Samsodien!

  • 1

...
Uncle Ced was for sure one of a kind, en ek’s die luckiest girl in the world om ’n kans te gekry het om die man agter’ie karakters vi ’n ko’t tyd te lee ken!  
...

Ek is ’n skyrwer wat met musiek in my ore skryf, soe ofcourse moet ek mos Peaches & Herb opsit om my gevoelens en gedagtes oppie page nee te sit ná Boeta AB Samsodien maningal het (gesterf het). “Let it be me” was einste Mymoena en AB Samsodien se favourite number. Baie Suidooster-viewers sal onthou’rie moments wanner die oulike on-screen couple saam’t mekaa daai song innie Samsodien-voo’kamer gesing’t, wat mooi performed was deur Jill Levenberg en Cedewyn Joel.

Een vannie most unforgettable moments met daai song was in 2020 wanner AB met Mymoena opmaak tydens die tweede-vrou-storyline, wanner AB met Farah getrou’t en kôt daa’na vi haa talaaq (geskei) het. Aanie einde vannie storie was Mymoena baie depressed oo Farah se presence in haa marriage, en vi dae lank was Mymoena innie bed en kon nie opstaan nie, toe vra AB vi haa maaf (jammer) en met trane in sy oë sing hy ’n stuk uit “Let it be me” om wee met Mymoena te connect.

Fast forward drie jaa later, kan ’n mens ve’staan hoekom ôs as viewers ’n moment moet vat om ôse TwinSavers uit te haal wanner AB Samsodien se janaza (begrafnis) plaasgevindt het – ôs het saam’tie karakter op sy journey geloep! Die janaza was ’n fitting way om ’n karakter soes AB te grieve, en ja, ôs moet ammal saam grieve, haai jinne, Boeta AB was tog maa ammal se on-screen pa!

Ek was lucky om vi ’n kort paa maande tydens die Covid lockdown met Uncle Ced – dis wat ammal op stel vi hom genoem het – te wêk wanner ek oppie Suidooster storylining team was. Initially was ek recruited ommie tweede vrou storyline saam te skryf, ennie team te help om ’n complex storyline soes hierie een in ’n plausible way te skryf wat authentic is vi AB ennie Samsodien-familie se religious upbringing.   

My theatre sensibilities het vi my gelee dat daa altyd ’n protagonist is in enige storyline, ’n hoofkarakter wie se storie ôs follow. Innie tweede-vrou-storyline was daai protagonist beslis AB Samsodien, want although het AB se choices vi albei sy vrouens en sy familie en community ge’impact, wassit mostly sy personal process wattie viewers dophou. Ek het die extraordinary opportunity gekry ommie storyline in production te sien en oppie selle tyd Uncle Ced se process te witness, hoe hy AB se struggle met integrity gewys’t. Ek was baie humbled om Uncle Ced se actor’s integrity te sien, hoe committed hy was om al AB se stories authentically te ve’tel, hoe prepared hy was om met moeilike emotions te wêk, en hoe hy way gie vi ammal sy co-actors om oek hulle process te vind, en hoe hy met liefde die Muslim cultural terms lee en express’t. Om albei die akteur en karakter se journey te witness, oek as pa’t van ’n storie wat ek saam geskryf’t, was priceless. Alhamdulilah dit was ’n experience wat ek nooit sal ve’gietie!

Fran Lebowitz op Netflix sê rat die mees geliefde mense innie wêreld is sjefs en musicians, want hulle is responsible virrie wêreld se plesier. Sy het ’n punt, maa om te watch hoe akteurs hulle characters perform is nog altyd vi my die mees enchanting experience ooit innie performing arts. Hoe ’n akteur in hulle karakters transform, is magical, ’n experience of note. Van daai reference point kan ek convincingly sê rat ’n mens voel net soe at home met Uncle Ced soes viewers at home voel met AB Samsodien – albei manne hettie selle liefde en presence, en albei se lag is aansteeklik. Hoe lyk Ruiterbosch nou sonner hom?

Ek het oek ’n paa anner dinge oo Uncle Ced gelee, soes’ie feit dat hy Spanish gelee’t en Cuba ge’visit het. Soe nou en dan het sy Spanish op stel uitgekô – wanner ’n toneel op stel klaa gefilm is, toe sê hy virrie span: “Muchas gracias!” Hy het soe met liefde gesê dat hy eendag Spanish wil fluent praat om eendag saam’t die locals van Cuba wee te gesels. Ek hoop met my hele ha’t dat tydens AB Samsodien se janaza klaa gefilm was, dat Uncle Ced ’n ticket gekoep het Cuba toe om sy retirement behoo’lik te enjoy!

Of course sal baie mense sieker maa hoop dat Uncle Ced nie heeltemaal ve’dwyn nie, en dat hy soe nou en dan in ’n film of theatre stuk kan in pop – ek’t actually nooit vi hom op ’n theatre ve’hoog gesien nie! Maa as daai nie die geval is nie, sal ôs maa “Inna Lillahi Wainna ilayhi Raji’oen” (Arabic vi “Van Allah kom ons en na Hom is ons terugkeer”) vi AB Samsodien sê en oek baie shukran en tramakassie vi Cedewyl Joel vi allie feel-good TV moments oorie jare. Sy TV presence, since hy vi ôs Sonny oppie Generations soap ge’introduce het, is geez wanner ôs ’90’s kids begin droom om self leqqa stories op TV te kan ve’tel. Uncle Ced was for sure one of a kind, en ek’s die luckiest girl in the world om ’n kans te gekry het om die man agter’ie karakters vi ’n ko’t tyd te lee ken!   

Lees ook:

Persverklaring: Cedwyn Joel groet Suidooster

  • 1

Kommentaar

  • Ferouza Joseph

    Wow! What a beautiful reminiscence of moments shared with someone so beloved by everyone. Regrettably I have not watched the series but I am definitely going to have to make a concerted effort. Tramakasie!🌠

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top