Comedy is my favourite genre ooit innie arts en entertainment wêreld. Ek voel baie stêk oorie feit dat djy kan mense se mindsets ve’anner waa social change betrokke is, of mense kan hulle eie stres ve’giet wanner hulle in ’n comedy bubble is, of as hulle ’n comedy sitcom op TV kyk. Vi daai reason was ek altyd ee’ste innie ry byrie comedy clubs en festivals, enige plek wanner daa ’n comedy show is, en ek bly altyd innie loop met new comedians on the block.
Maa die stand-up comedy industry, nee darem, daai industry moet ’n time-out het, ’n bietjie narrie principal se kantoor gaan sit en reflect. Ek praat nou in reference to Maurice Paige se response aan’ie Durban-based comedian wattie AKA joke byrie Savannah Newcomer Showcase gemaak’t. Ofcourse dis net ’n paa wieke na’rat AKA maningal’t (gesterf het), ennie hip-hop industry mourn nog altyd sy dood. Maa let’s be honest, dissie’rie ees’te keer wanner stand-up comedians hulle freedom of expression misbruik oppie ve’hoog. Dit kom al lank aan! Comedy clubs innie Kaap is notorious vi stand-up comedians host by hulle venues waarie comedians doen niks bewalwe vloek, hulle soek enige reason om op racism te comment sonner om thought-provoking, positive messages uit te stuur, of hulle gebruik news en politics in ’n baie lui, uninformed manier om jokes te maak – moenie ee’s begin mettie sexist jokes nie, want of course is meeste van hierie comedians mansmense.
In 2015, voo ek Korea toe getrek’t, het ek by ’n poetry open mic my wêk uitgelies en perform. Op ’n random aand het ’n stand-up comedian soema daa opgedaag, nie om poetry uit te lees, maa om ’n stand-up comedy routine te doen – except wassit nie funny nie, dit was creepy, en die gehoo, including die show se host, was ongemaklik. In sy stuk het hierie so-called comedian gelei tot ’n meisie in sy storie wat gestalk was, en hy het baie suggestive en graphical language gebruik wattie appropriate was nie, en hy het niks skaamte gewys om hierie dinge oppie ve’hoog te express nie. Dit was nou baie jare geliede, maa daai aand het ’n bad taste in my mond gelos.
Anner tye issit baie obvious dat comedians intoxicated is wanner hulle oppie stage gaan. Daa is such ’n thing as “entertainment for drunk audiences” en of course gaan ek glattie in daai participate nie. En ek praatie ee’s van alcohol nie, ek praat vannie feit dat niks respect moet gegie wôd vi sukke comedy content nie. Of course het ek ge’decide ommie wee comedy clubs toe te gaan nie, en daai comedy clubs het beslis my vote ve’loo.
Dit los ôs ammal mettie vraag, wat as ammal soe voel, wat as patrons vannie stand-up comedy genre ammal decide to stop buying into comedy, ennie stand-up comedy industry ve’loo support? Hoeveel comedians gaan sonner wêk sit, hoeveel comedians en mee artists kan mee respek ve’loo. Het die stand-up comedian byrie Savannah Newcomer Showcase oo hierie dinge gedink? Most importantly, het ôs hierie bad publicity innie arts en entertainment nodig?
Ek appreciate die journalist se attempt, die een wierie IOL article geskryf’t, om Stuart Taylor en Kenwyn Davids se tips te share hoe om sukke “bad jokes”, soes’ie aa’tikel sê, te avoid. Maa bad jokes is net die surface level problem. Hierie experienced comedians moet round tables host om comedy integrity vi newcomers te lee, en overall moet hulle mentors wees innie space, ve’al vi jong mans wat comedians wil wies. Ôs woon in baie swaa tye in ôse land, innie wêreld, en ôs need nie om comedy die reason te maak vi hoekom ôse mense teen mekaa draai.
Om ’n cherry on top te sit, het ek evens ’n set gehoo waarie comedian die host vannie event insult: “I must be so broke if I came to perform here.” Dié event mag miskien ’n klein event wies, maarit was ’n event waa artists se performances respect kry.
Ek’s soe bly om te sien dat baie artists op social media Maurice Paige se response by daai event ve’staan en support – ek is een van daai mense. Maa ôs moetie broader picture in context at all times hou – dit gaan nie oorie response van een mens op een joke by een show nie. Die broader picture ve’wys aan groter problems in ôse collective mindsets, die way hoe ôs art en performance misbruik, ennie feit dat sekere performers dink dis okay om soe te maak.
Hierie scenario het my baie upset, want ek is geez ’n groot comedy fan, en ek sallie comedy support wat ôs agteruit sit as ’n nation nie. As ’n skrywer wat nog narrie Comedy Sitcom space contribute, gaan ek beslis my ve’stand by my het wanner ek pen to paper moet sit om my stories oppie airwaves te kry.
Judy Carter se Comedy Bible is nogal ’n interesting read, ennit gie vi ’n mens formulas waa’in te wêk as djy funny stories wil ve’tel. Trevor Noah, Conrad Koch en Chester Missing en Mel Jones is ’n pae comedians wat ’n goeie understanding het hoe om comedy te gebruik om mense te educate en ’n stem te gie. Al hoe is Mel Jones nie ’n comedian wat op current affairs and politics comment nie, maa sy het ’n talent om comedy to use om mense te laat transform en beter te voel – ek voel altyd happy wanner ek terugkom van haa shows af.
Daa’s baie upcoming arts en theatre festivals orals innie Kaap, en ek beplan om daai stand-up comedy line-up baie fyn te scan voo’rat ek my geld uitgee vi tickets. Die loadshedding stres is real, ôs bly in ’n crisis liewe, water crisis, Covid crisis, nousit weerie loadshedding crisis, soe ôs ammal need ’n kans om deur ôse stress te lag – behoo’like te lag, om hard te lag tot ôse vals tanne uitval. Mense wat hulle eie tanne het, moet harder lag om te wys hulle is serious om hulle laughing work-out te kry! Om soe te lag ja, nie om te lag at the expense of our people. Laughter moetie artillery wies wat mense see’maak nie, laughter moet medicine wies virrie soul!

