Ses catch phrases uit Friends vi self-care

  • 0

Friends-filmstel. Foto: Ilse Orsel op Unsplash

Entertainment gaanie net oorie latest’ie. Dit gaan oo dit wat ’n lang pad gekom het, die shows waamee ôs saam getravel’t oorie jare. En let’s be honest, die enigste reason hoekom ôs nog altyd vi Friends op Netflix binge-watch, issie feit dattie show baie naby ôs harte is. Dis baie subliminal, maa dit voel asof die characters ôse eie vriende is – ek’s sieke dat hierie ’n universal truth is – tottie punt waa ôs die show oo en oo kyk om ôse depression oorie liewe te cure!  

Friends issie OG van TV sitcoms! As ek ooit ’n TV sitcom eendag sal skryf, gaan’t ’n timeless show wies soes hierie ene. Is baie moeilik om te gloe dat Friends amper soe oud soes ek is – die relationships tussen’ie vrinne, die way hulle saam’t mekaa groei en hulle liewens bou innie Big Apple – djy kannie ’n expiry date op daai sittie. Somtyds is comedy net funny wanner dit relevant is, maa in ’n cosmic way het Friends ’n way gevind om altyd relevant en timeless te bly. Dit voel nog altyd soes ’n show wammee ôs kan connect – evens mettie telephone booth episodes!

Ek het êrens gelies dat comedy ’n cure is vi depression. Maa mee as daai lee ek dat djy moet jou brein trick om jou depression ondersteboe te sit en die magic en wisdom uit vreemde plekke te kry, soes die catch phrases wat uit die Friends sitcom kô! Hie is ses van hulle wat miskien kan apply tot jou situation:

1. Seven!

Ôs sal Kathy, Chandler se girlfriend innie vroegste deel vannie show, se woo’d vat dat Monica se siewe erogenous zones lesson gewêk’t, maa besides daai … somtyds issit worth it om tot tien (of net siewe, as djy uitasem is!) te tel as djy stressed is. Dis soe simple soes om ’n stil plek te vindt, miskien jou skoene af te haal en siewe diep breaths in en uit te vat tot djy wee kalm voel. Die solution aan jou predicaments sal mos nou mee duidelik wies oppie anner kant van al jou deep breaths.   

3. How are you doing?

Joey het obviously sy eie agenda gehad wanner hy daai vraag vra, maa regularly om met jouself in te check is always ’n good idea, en of course djy moet honestly vi jouself antwoo’d. As ekkie amount of times tel wanner iemand vi jou vra “How are you doing?” dan automatically sê ôs net “Fine, thank you” – daai moet tot ’n einde kô. Daa’s niks ve’keerd om te sê hoe djy rêrag voel as iemand vi jou vra met genuine concern – ommie blink kant boe te hou is iets wat uit die venster moet gaan. Om regularly deurie dag in te check met jou feelings is een vannie gesondste dinge wat djy kan met jouself doen. Hoe mee djy incheck met jouself, hoe mee orraait gaan djy voel deur jou dag. Plustens die way hoe Joey die emphasis op “you” sit, issie cherry on top – dit gaan mos oo jou, of hoe dan?

........
Plustens die way hoe Joey die emphasis op “you” sit, issie cherry on top – dit gaan mos oo jou, of hoe dan?
........

3. Nestlé Toulouse

’n Cookie jar, of miskien ’n snack drawer, is een vannie most underrated gems wat ôs in ôse office, huise, cubbyholes en backpacks kan sit. Of course as ek al Monica se chocolate chip cookies in my cookie jar elke dag het, dan is ek sorted op al my bad hair days! Of course moet ôs oek try om healthy snacks te iet – soe miskien sal ’n chocolate chip cookie, banana en waterbottel ’n bieter idea is as om slap chips of sprinkle pops elke dag byrie take-away winkel te koep. (“Smelly cat, smelly cat, what are they feeding you?”) Maa every now and again ’n bietjie deur jou snack drawer te kryp vi ’n dose van instant happiness – oh yes! 

4. We were on a break!

Ok, hierie phrase is ’n bietjie traumatic, want ek willie wee deur Ross en Rachel se break-up liewe nie. Evens jare later issit painful om daai groot break-up episode wee te kyk! Maa die main ding waa self-care betrokke is, is boundaries, en om jouself te vra hoe djy jou break times spend. Som van ôs wêk deur ôse lunch breaks, of ôs vat wêk phone calls oppie weekend. In daai tipe situations moet Ross se stem ha’d speel in ôse ore: “We were on a break!” om vi ôs te remind om ôse breaks te appreciate en actually ’n regte time-out kry (maa nie soe ’n lang time out soes Ross en Rachel s’n!).  

........
Quality time is een van die famous love languages, maa baie min mense innie liewe ve’staan warrit bedoel om quality alone time te het as om jou tyd saam’t mense te spend.
........

5. Joey doesn’t share food!

Well ja no fine, ek kan heeldag oo boundaries praat, en ja, djy hoefie, soes Joey, jou kos te deel op ’n date as djy nie willie! Daa’s niks ve’keed om ’n loner te wies en om te ve’kies om solo te gaan en ’n bietjie solitary te wies as daai jou natural personality is. Quality time is een van die famous love languages, maa baie min mense innie liewe ve’staan warrit bedoel om quality alone time te het as om jou tyd saam’t mense te spend. Obviously is ma’s met babas een vannie exceptions aan daai rule (ma’s moet hulle liggame en liewens deel met hulle babas), maa as djy nie ’n member vannie ma’s-met-babas demographic nie, dan iet uit jou eie bôd as djy wil – in alle maniere van praat. Djy kry mense wat offended raak as djy te veel nee vi hulle sê, maa soes hulle op The Bantu Hour sê, “Being offended has never been hazardous to anyone’s health.” 

6. Pivot

Die pivot episode is sieke die een waa’oo ek die mees gelag’t, en vi daai moment wanner Ross, Chandler en Rachel daai couch oppie stairs lig, gie ek die skrywers vannie show ’n million rounds of applause – dit was funny en slim! Maa ja, die principle vannie furniture move besigheid praat vi sy self – pivot (beweeg) jouself in such ’n way dat jy altyd authentic kan bly en comfortable wies in jou eie vel.

Lees ook:

Ses redes om Dude! Wa’s my bakkie? te kyk

Ses soundtracks wat my script geflip’t

Ali & Ratu Ratu Queens op Netflix het my thumbs-up!

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top