Ali & Ratu Ratu Queens op Netflix het my thumbs-up!

  • 0

...
Innie film kan ’n mens evens die conservative familie appreciate – hulle presence innie film was daa met purpose en oek met ’n leqqa dose of comedy, wat altyd goed virrie siel is. Ali se niggie in Djakarta, die YouTuber, was oek ’n vibe en leqqa om te watch!
...

Wanner ek Bahasa Indonesia-klasse byrie Indonesian Consulate in Kaapstad gedoen’t, het ekkie woo’d “ratu” (koningin) gelee. Dié het vi my die perfekte titel vi my gevoel, in plaas van “Ibu” (Ma’am, of Ma) of “Mbak” (Miss), albei laasgenoemde waa’mee ek glad nie comfortable issie. In hierie klasse en op Duolingo het ek gelee dat djy moet die woo’d twie kee neesit as djy dit in meervoudvorm wil sê – soe “ratu ratu” betieken “queens”.

Fast forward na 2023, kyk ek Ali & Ratu Ratu Queens op Netflix. Ek’t immediately gevoel dat die woo’d “ratu” vi hierie queens innie film gemaak is, en dus ’n brilliant naam vi vier Indonesian vrouens wat innie mirrel van Queens in New York City woon.

Queen is ’n suburb in New York City, en volgens Wikipedia die tweede mees populated suburb in New York na Brooklyn. Baie travel bloggers sal promote Queens as ’n village wat bekend is vi hulle cultural en ethnic diversity, en apparently is Queens die mees linguistically diverse plek op aarde! Djy kan worldwide nationalities, kos en culture in Queens experience – dissie net nog ’n Amerikaanse city nie. Maar’ie perspective wat hulle uitlos, issie feit dat baie immigrant families van plekke soes Italy, India en die Dominican Republic in Queens woon – die poetry novel The Poet X deur Elizabeth Acevedo is oek ’n example van ’n Dominican-Amerikaanse meisie wat try om haa stem te vind met albei identities. Daarom is Queens oek bekend, soes ôs in Ali & Ratu Ratu Queens sien, vi hospitality, safety en community, especially as djy ’n non-Westerner is wat ’n soft landing soek wanner djy narie Big Apple moet trek. Nou is ek epically happy om te discover Indonesians wat oek in Queens bly!  

Die film gaan oo Ali (Iqbaal Ramadhan), ’n tienerseun van Djakarta, Indonesia wat kontak met sy ma ve’loo het wanner sy New York City toe gegaan om ’n sanger te wôd. Wanner hy oud genoeg was om sy eie geld bymekaa te sit, het hyrie brave choice gemaak om haa te gaan soek. Of course het Ali glad nie expect dat sy allies, die mense wat hom help om sy ma te vind, die Ratu Ratu Queens gaan wies – Party (Nirina Zubir), Chinta (Happy Salma), Ance (Tika Panggabean) en Biyah (Asri Welas)– the Queens of Queens!

Ali mag miskien die protagonist van hierrie storie wies, maa sy spotlight was definitely shared tussen’ie vier queens! Make no mistake, hulle was die mees interesting en unforgettable characters innie film. Ek’t vi my klaa gelag virrie dinge wat hulle sê en doen, en wanner ek klaa gelag’t, het ek stilgesit en met intrigue vi hulle gekyk – of course by now kan djy mos guess dat ekkie film mee as twie kee gekyk’t! Hulle is unapologetic. Om fancy pretences aan te sit issie hulle nie. Hulle praat hulle eie version van Engels, hulle issie bang om alternative te wies, om mettie liewe te speel, om aan hulle drome te wêk. Hulle kyk agter mekaa en hulle arrange hulle liewens in such ’n manner that pleases them.   

En anyway is ek tog maa mee interested innie vrouens innie storie, hoe hulle liewe en hoe hulle portrayed is innie film. Of course is Mia (Marissa Anita), Ali se ma, oek ’n example hie’van, oek ’n Indonesian vrou wat haa eie choices innie Big Apple gemaak’t. Sy het ’n professional gewôd, sy’s getroud aan ’n Amerikaanse man en sy’t twie kinners wat in Amerika gebore is (haa vyfjarige dogte’tjie het evens ’n gym membership!), en sy bly in Fort Greene. Sy is supposed to be ’n example van ’n suksesvolle vrou wat in New York City woon, maa vi my was sy definitely nie die mees interesting nie. Sy’t te veel secrets en burdens wat sy vi jare dra, en obviously ammal die skeletons van haa ve’lede onne ’n mat gesit – die complete opposite vannie Ratu Ratu Queens! As djy liewens met hulle kon ruil, watter een uit die twie vrouens se stories sal djy kies?

Die journey vannie main character was mooi uitgesit, ennie creators vannie show hettie vi niks die twie lande innie storie gebruik nie. Sommige travel films, soes A tourist’s guide to love op Netflix, wys net prente van exotic places in Viëtnam, met baie min purpose – dié was glad nie die geval met Ali & Ratu Ratu Queens nie!

Ali se journey was geskryf in soe ’n manier dat ôs ve’staan hoe New York City sy emotional journey influence. Sy journey was oek nie singular nie – dit gaan nie net daa’oo om sy ma te vind nie. Hy het oek ’n girl ge’meet en romance virrie ee’ste kee experience, en sy niewe girlfriend het oek ’n art school vi hom gevind om sy career as ’n artist en photographer te develop. Die film het oek overlooked plekke innie city gewys, en die one-way streets wat Ali oo praat aanie einde vannie film.  

Om clichés te avoid is oek ’n bewys van ’n filmmaker se storytelling abilities. Die creators van Ali & Ratu Ratu Queens het baie mooi die Indonesian familie in Djakarta gewys innie begin en mirrel vannie film. Daa’s ’n groot ve’skil tussen “typical” en “stereotypical”. Om conservative communities in ’n stereotypical way te wys, is way too easy, en TV-skrywers moetie net hierie stereotypes choose uit luiheid nie! Innie film kan ’n mens evens die conservative familie appreciate – hulle presence innie film was daa met purpose en oek met ’n leqqa dose of comedy, wat altyd goed virrie siel is. Ali se niggie in Djakarta, die YouTuber, was oek ’n vibe en leqqa om te watch!

Vi iemand wat huil om t’rug Indonesia te gaan, en oek om New York City eendag te visit, was Ali & Ratu Ratu Queens omtrent ’n window into the soul. Dit het oek vi my ge’challenge oo my eie perceptions vannie wêreld, ennie picture van travel wat ek in my kop het. Die film het accurately ge’capture hoe Indonesia ’n plek van roots is, en New York City ’n plek om jou wings te gebruik – ’n exact replica van my eie experience en gevoelens. As usual vat ek altyd die opportunity om my New York City bucket list langer te maak, en behalwe my Broadway-drome is ’n visit aan Queens definitely on the cards! In sommige ways hettie film my expectations ve’hoog, though, en ek sal baie spyt wies as ek eendag Queens visit net om te sien dat ek nie my Rendang cravings byrie Ratu Ratu Queens kan satisfy nie!

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top