Tasneem Daniels

Tasneem Daniels is ’n dramaturg, draaiboekskrywer, radiovervaardiger, erfenisnavorser en onderwyser.

Die debuut van haar eerste dramaproduksie, Miela’s Box, het in November 2020 by Atlantic Studios met die NATi Jong Sterre, Suidoosterfees, Jakes Gerwel Stigting en Kunstekaap plaasgevind. Miela’s Box is ook aangepas as ’n radiodrama vir radiostasies nasionaal.

Tasneem het ook aan twee TV-programme gewerk: Suidooster (kykNET) en An NUR, the light (SABC3).

Sy het ook by Radio 786 gewerk as ’n uitvoerende vervaardiger vir radioprogramme op weeksdae en naweke, en die Arts Headlines-program op Sondagoggende daar begin.

Tasneem is ook die stigter van die teaterblog Cultsha Kennis en ’n nuwe groep in Kaapstad, Muslim Poets Society.

Tasneem skryf in Maleis-Afrikaaps, en sy streef daarna om deel te wees van die mobilisering en wettiging van Kaapse Moslem-Afrikaans as taal in Suid-Afrika.

That boogie show gie vi ôsie "good old days"

Tasneem Daniels Teater 2022-12-07

"Karaoke’s oppie Cape Flats historically was altyd ’n 'dreaming place' vi ôse coloured mense. Ek het altyd baie tyd gespend by karaoke’s en karaoke fundraisers met my familie oorie jare. Djy wiet mos om geld te raise vi jou kind of jou kleinkind se trip overseas om sy sokker team te represent, karaoke’s wassie main crowd magnet waa djy two birds with one stone kan doodmaak. Djy kan mense saambring vi ’n Saturday night out while at the same time geld bymekaa te bring virrie babas innie community om overseas te gaan en hulle merk oppie wêreld te sit."

Vergadering Taal

Tasneem Daniels Menings 2022-09-13

"Idees en creativity is baie op en af, en dis net die nature van hoerie creative wêreld wêk en ôs moetie teen’t baklei nie, ôs moerit net trust. Die regte moment innie regte kamer gaan kom om ôse idees te manifest, en as ôs continue om daai meeting skills te sharpen, het ôs maximum chances ommit reg te kry."

Review vannie Arabies-Afrikaans Workshop met die Afrikaanse Taalmuseum

Tasneem Daniels Menings 2022-08-19

"Daa is baie historical accounts van hierie taal, want ôs is baie diverse in ôse origins, maa daai workshop was ’n unique moment om mekaa te luister met respek en daa was baie mense wat uitgekom’t om ôse perspectives as ’n Muslim Afrikaans community te lee ken – daai het ek die meeste appreciate vannie workshop alhamdulilah." 

Is Women's Month op steroids?

Tasneem Daniels Menings 2022-06-29

"Dis amper Women’s Month en ek prepare myself vi allie mass media galore waarie 'women’s empowerment' thread heeltemal uitgetrek sal wôd, en vi ’n maand vi ammal laat gloe dat ôs vroumense woon nie in ’n wereld wat vi ôs degrade’ie ... Ek refuse om getricked te wôd om te gloe dat my enigste anner option is innie wêreld te woon as ’n angry feminist."

Reflections oppie launch vannie Dictionary of loanwords in the Cape Muslim vernacular (Mogamat Alexander)

Tasneem Daniels Menings 2022-06-17

"Ommie launch vannie Dictionary of loanwords in the Cape Muslim vernacular deur Mogamat Alexander te witness was actually ’n dream come true ... Ek was honoured om ’n LitNet-insetsel op Radio 786 se Barakat-program te doen met Robyn van de Rhede, en innie insetsel het ôs gepraat vannie Cape Muslim vernacular en Kaaps, hoe hulle dieselle is en hoe different dit kan wies, ennie feit dat elkien van hulle nie legal tale of dialects in Suid-Afrika is nie – legal innie boardroom, education, media en alle public en official spaces."

Hoekom skryf ek in Kaaps?

Tasneem Daniels Menings 2022-05-20

"Kaaps stereotypes moet nou laain, en dis tyd dat mee Malay Kaaps Muslims daai feit moet onthou ennie skaamte daa’oo los."

Plak jou artist responsibility pledge vas op jou muur as djy rêrag ’n artist wil wies

Tasneem Daniels Menings 2022-05-20

"Daa is soeveel wêk wat ôs moet doen, stories wat ôs moet skryf en act en produce en direct, soeveel films wat ôs moet maak, soeveel poems in baie different tale wat ôs moet skryf ommie wêreld bieterer te maak."

Oo jack hammers, hummingbirds ennie woo’d “passion” onner ’n microscope

Tasneem Daniels Menings 2022-04-20

"Ek is baie proud oo my achievements, maa in hierrie stage van my liewe wil ek net my liewe enjoy en my achievements enjoy sonner om exhausted te wies deur my passions, sonner om onner pressure te liewe. Ek wil net oukei wees mettie feit dat ek ’n dag of drie kan af vat om nie op my passions te focus en oukei wees daa’mee."

Hoe change social media influencers die landscape van ôse cultural conversations?

Tasneem Daniels Menings 2022-04-11

"Dis ’n universal truth – social media influencers is most definitely ’n step ahead of us all, whether ôs wil staamstem of nie."

Ôs moet oek ôse milestones celebrate

Tasneem Daniels Menings 2022-02-14

"En daai is die reason hoekom ôs moet die news vannie 10 keramats in Kaapstad wat Heritage Status in December 2021 gekry’t, celebrate ..."

Blaaie uit my "New York State of Mind" diaries

Tasneem Daniels Leefstyl 2021-12-08

"[E]n assit nie virrie Gwangju News, ’n international Korean magazine, gewies’t nie, sal ek net ’n Cape Town playwright gewies’t, maa nou is ek ’n Cape Town playwright met ’n niewe, groter droom. Ek sien uit om hierie drome ’n reality te maak, want ek sal beslis niks minner wil hê as om eendag self daai Greyhound oppie Hudson River line te vat, of miskien ’n ferry oppie Hudson River, New York City toe!"

Hoe kan applied multilingualism ’n solution wies vi global integration?

Tasneem Daniels Menings 2021-11-18

"Dis hierie ideas wat vi my gelei het tot my Kaaps-skrywery – ek het ve’staan dat ek nie forward sal move in my eie personal en cultural development as ek aan my Engelse points of references klou nie. Ek kan rêrag sêrat ek soes ’n whole person voel nourat ek ’n effort gemaak’t om nie net in Engels te skryf en praat."

Die mengelmoes van Muslim en musician identities

Tasneem Daniels Leefstyl 2021-11-04

’n Review van die Britse TV-reeks We Are Lady Parts: "Maa om ’n punk Muslim-meisie te wies was mos ’n contradiction of some sorts. Die problem was dat innie Muslim-huis is ôs gelee dat musiek nie altyd kan integrate met ôse Islam nie ... Wat ek oek respect is dat die skrywers die decision gemaak’t ommie Amina ennie die hele Lady Parts band hulleself te vind binne-in Islam."

Die Cape Muslim Heritage Art Exhibition is ’n must-see vi alle Suid-Afrikaners

Tasneem Daniels Kuns 2021-09-24

"Die Cape Muslim Heritage Art Exhibition byrie Castle of Good Hope in Kaapstad is ’n sensory experience of note vi history lovers en celebrators wat ’n trip down memory lane wil gaan tydens Heritage Month 2021, of as hulle ’n window wil kry narrie areas of heritage wat voo baie van ôse tyd gebeur’t."

’n Dialogue met Faheem Jackson: Silat, calligraphy en all things Malay-Indonesian

Tasneem Daniels, Faheem Rhoda Jackson Onderhoude 2021-09-23

"Die lyn tussen Cape Malay culture in Suid-Afrika en Indonesian culture oppie Asian continent is baie din – met slavery en colonialism vanaf die 1600’s die major defining global event wat responsible is virrie “niewe breed” van Indonesians in Suid-Afrika wie nou identify as Cape Malay."

Top