Hier.Na – ’n Silwerskermfees-film review van ’n Muslim Malay perspective

  • 0

’n Janaaza (begrafnis) is ’n baie finale ding. James Matthews, een van Suid-Afrika se poetry gems, het onlangs maningal. Wanner ek deur my poetry open-mic phase in 2015 gegaan’t by Tagore’s in Kaapstad, onthou ek wanner hy ’n featured poet was, toe sê hy dat hy nie bang is om te maningal nie. Hy’s mee’ gepla oor’ie way waa’op hy sal maningal. Fast forward 2024 toe, is ek bly dat hy rustig in sy slaap maningal’t. Soes ôs innie Kaap sê, “Innalilaahi Wa’innailayhi Ra’jioen” – Arabies vi “Van Allah kô ôs en na Hom is ôs terugkeer.”

Ôs is op ’n tyd in Suid-Afrika wanner ôse heroes ammal maningal, ennie way waa’op ôs gestuur wôd soedra ôs maningal is belangrik, ennie net virrie mayyit (oorledene) nie, maa oek virrie mense wat agterbly. Daai’s geez waa Hier.Na inkô, ’n film wat aangebied is deur Blended Films wat by Silwerskermfees op 29 Augustus 2024 byrie Bay Hotel in Kaapstad premier’t.

Hoe Quanita’rie film geskryf, direct en ’n karakter gespeel’t, kan niemand raai nie. ’n Jill of all trades en master of them all! Hier.Na, wat baie Muslims ve’staan assie “akhira”, die wêreld waa’heen ôs gaan soedra ôs maningal, is inspired deur Quanita se pa se janaaza ’n paa jare gelede. Die film, soes sy byrie premiêre report’t, was ’n opportunity om oo sy janaaza te reflect. Daai aand het Quanita twie belangrike dinge gesê: (1) As Taylor Swift songs kan skryf oo haa romantic breakups, kan Quanita oek ’n film skryf oo haa pa se janaaza; en (2) jy wiettie rêrag hoe voelit tot ’n janaza jou eie huis tref.

Hier.Na gaan oo ’n janaaza – oek bekend as ’n “kifaayt” innie Malay Muslim community. Die film speel af in Plattekloof waa Juleigha (Quanita Adams), bekend as Julie, met haa man Eric (David Isaacs) woon saam’t haa’ seun, Deen (Lyle October) en dogter Lily (Shiefaa Hendricks). Julie is ’n free spirit en sy issie bang ommie reëls te briek en teen’ie social norms te gaan om haa’ eie authentic liewe te lei. Sy stemmie saam met Eric wanner hy oo’ Deen warrie oo’ sy university education (“hy skuld vi ôs ’n degree!”). Aside van Deen, wat ’n game kop is, is daa oek Lily, wat Layla identify, en haa’ journey om met Islam te reconcile is iets wat haa’ familie nie eintlik ve’staanie – en dis oek iets wat vi’ Julie trigger.

.........
Djy moesie hele film klaa’ watch om te lee’ hoe wêkie kifaayt klops in function en form, en hoer’t uitgerol was in hierie storie se familie.
.........

Innie storie issit amper Eric se birthday wanner Julie maningal as gevolg van ha’t problems, die film se inciting incident. Layla niem beheer vannie situation en sy bel haa’ ouma (June van Merch), Julie se ma en ’n bietjie van ’n nemesis, ommie janaaza te reël. Eric, wattie uit dieselle geloofsgemeenskap soes Julie kô nie, voel soes ’n outsider by sy vrou se janaaza – ôs volg sy journey deur’ie hele film. Djy hoefie Julie se familie twie keer te vra om oppie janaaza in te spannie! Julie se ma en Fikkie (Emile Smit) was gou-gou oppit ommie janaaza specifics bymekaa te kry – ’n katel ommie mayyit uit te was en uitie huis te dra, die Mualimah (Khadija Heeger) ommie ghusl (was van die dooie liggaam) proceedings te lei met vrouens innie kamer, die janaaza salaah (begrafnisgebede) byrie masiet, ennie akhni wat later aan moet bedien wôd. Een ding, Fikkie is dalk ’n mammie’s boy, maa hy kan gou ’n ding organise – except wanner hy sukkel om ’n kifaayt klops (begrafnisvereniging) binne in Plattekloof self te vind. Ya Salaam!

Die kifaayt klops was ’n awesome conundrum innie film gewies, en in daai geval het Hier.Na baie mooi die film aangebied as ’n dokudrama, alhoe wassie genre vannie film nie rêrag as ’n documentary bedoel nie. Djy moesie hele film klaa’ watch om te lee’ hoe wêkie kifaayt klops in function en form, en hoer’t uitgerol was in hierie storie se familie. Soes Eric oppie einde vannie film lee’, issie kifaayt klops nierie klopse wat op oujaa’aand innie Kaap loep en sing’ie!

Quanita Adams en Dominique Jossie van Blended Films, ennie cast van Hier.Na, in gesprek met Aisha Williams by die film se premier by Silwerskermfees. (Foto: verskaf)

Vi’ ’n topic soe serious soes ’n janaza hettie film baie mooi die balans tussen grief en comedy achieve. Die comedy binne innie janaaza proceedings was meaningful op twie levels. Ee’ste lees ôs as film viewers dat daa’ nie net trane is tydens’ie janaaza proceedings nie, en djy kannie actually op janaaza dag in stilte treur nie as djy’rie mayyit binne in 24 ure moet innie kabr (graf) sittie (“Janazas is baie efficient,” sê Eric). Twiede is janaazas altyd actually ’n reunion virrie mense wattie mayyit gekennit. Sê djy vi my waa kry djy ’n familie reunion oppie Cape Flats waa daa niks grappies issie – die ve’veliges, die droës wat water makee’ ennie enes wat jou laat pee soe snaaks is hulle. In hierie geval wassit Deen wat lee’ dat Yaseen (Yaseen Barnes) se naam is iets wat innie Qur’an is, Ubaid (Oscar Petersen) wattie ou manne lee’ oo cryptocurrency, en Julie se suster (Trudy van Rooy) wat Layla têg in haa ma se closet oo’ haa’ patatrappe!    

Die gehoo’ se heel fywerit was “Erika Badu, more like Erika Badon’t!” deur June van Merch wanner haa’ karakter Layla se hijaab mooi aangesit’t wanner hulle masiet toe gaan vi’ Layla se Hafeez-klas (klasse om Qur’an te lee). In my opinie is daai’rie base line vi movie success – as ek leqqa albei kan huil en lag. Daai is beslis Quanita Adams se signature move!

Een vannie film se highlights was wanner Layla en haa ouma die kafang (kleed) in Julie se onderste laai vind – wit doeke ommie mayyit toe te draai – ’n heartwarming moment wanner’ie ouma realise haa’ dogter se resolve met Islam en alhoe was Julie nie ’n practising Muslim nie, was sy nog altyd mentally prepared vi haa’ eie janaaza. 

........
Die apartheid en postapartheid narratives focus baie op separation en segregation, soe ôse film stories is often ’n opportunity om ’n spotlight op een community te sit. Maa’ dan as djy ’n level dieper’er gaan, is daa’ oek Muslim-stories soes Julie’sn wat gaan oo’ Muslim- en Christenmense wat boe-op mekaa liewe ennie barriers van separation blur – dus baie belangrik om nie hierie stories te overlook nie.
........

Die apartheid en postapartheid narratives focus baie op separation en segregation, soe ôse film stories is often ’n opportunity om ’n spotlight op een community te sit. Maa’ dan as djy ’n level dieper’er gaan, is daa’ oek Muslim-stories soes Julie’sn wat gaan oo’ Muslim- en Christenmense wat boe-op mekaa liewe ennie barriers van separation blur – dus baie belangrik om nie hierie stories te overlook nie. Ek’t baie uit hierie angle innie film ge’lee’, especially deur Eric se journey. Eric het oek ’n mooi summary oo’ janaazas: Djy sê gou-gou jou goodbyes en dan iet ôs, bid ôs en ôs omhels mekaar en hou mekaar vas. Baie tramakassie aan David Isaacs wat soe mashallah sy rol opgevat het!     

Die einde vannie film, die moment wanner Eric met sy skoonma in sy en Julie se slaapkamer sit, was ’n baie fitting moment om oppie belangrikste lesse uit janaazas te lee: Daa’s geen ego waa dooie mense gaan’ie. Ôs lee’ oo’ wat gebeur wanner djy in jou kabr is, maarie ding is, daa’s ’n groter intelligence wat exist innie universe om dinge te resolve wat nie oppie dunya (aarde) kan resolve gewôd’ie. Of course baie mense se personal stories is complex, en ôs moet ôse liefde en compassion altyd front en centre hou om hierie complexities te accommodate. Maar’ie main ding is … dit baatie djy stry jou hele liewe met iemand en piere om net khilaaf voo’t te gaan’ie. Ôs gaan ammal eendag innie grond gaan, en wanner daai tyd kô, moet ôs tevriede wies met ôse laaste woo’de mettie pe’soon wat ge’maningal is.      

Baie tramakassie aan Quanita Adams en Dominique Jossie virrie opportunity om Hier.Na te review. Slamat oek aan’ie Silwerskermfees nominees en wenners van Hier.Na.  

Lees ook:

kykNET Silwerskermfees 2024: ’n tweetalige onderhoud met Quanita Adams, skrywer-regisseur van Hier.Na

Skermgreep: kykNET Silwerskermfees 2024 – ’n blik op die pas afgelope fees

Glans en glorie op 12de kykNET Silwerskermfees

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top