My wêkvakansie in Indonesië – Deel een

  • 1

Dit was ’n rare moment in my liewe om tyd en budget te het om wee Indonesië te visit. Dit was agt jare since ek Indonesië gesien’t en ek kan nog altyd met my hele ha’t sêrat Indonesië nog altyd my spiritual home is. Soes my vriendin Athraa sê: “I don’t know anyone who loves a country as much as you love Indo!” Ja ney, my travel bug het net een naam en dus Indonesië!

’n Maand en ’n half since ek van Saoedi af gekommit, was ek op ’n plane Indonesië toe, nie om Djakarta wee te sien nie, maa vi ’n wêkvakansie in Lombok en Bali. Hierie keer was my visit partly inspired deur my Lombok champion, Abbas Jamie, ’n futurism coach vannie Kaap en skrywer van From suits to sandals: a futures roadmap to help professionals live a simpler life (op Amazon gevind).

Ek en Abbas was voo’gestel deur my radio job. Eendag sit ek in ’n production meeting toe sê een van sy futurism colleagues: “Have you heard of an island called Lombok?” Toe wiet ek dan en daa’rat Abbas Jamie my vriend en inspiration sal wies om wee Indonesië toe te gaan. In sy boek, en op LinkedIn, praat hy oo sy Living Light philosophy – ’n niyyah (Arabies vi “voorneme”) of note wat hy gevarrit na hy ’n hartaanval survive het, ’n near death experience wat vi hom direct tot ’n mee rustige, stadige en eenvoudige liewe “beyond the rat race” gelei het, soes hy sê. Hierie Living Light-liewe is iets wat baie van sy vrinne, soes ek, attract het Lombok toe deur aal sy mashallah Lombok-stories op LinkedIn!

Abbas se vragies tydens sy liewe in Lombok het my oek laat vra: “Wat is my drome vi ’n toekoms in Indonesië?” Innie agt jare since ek Djakarta toe ge’travel het, het ek ’n niewe mens gewôd, en my Indonesian heritage awareness lê nou binne in my wherever in the world ek mag wees, whether ek in Indonesië is of nie. Soe hoekom was ’n twiede visit Indonesië toe norig? Voo ek my eie vraag kon beantwoo’d, stuur ek vi Abbas ’n WhatsApp: “Kry vi my ’n huis in Lombok, ek’s op pad!”

Lombok in eintlik ’n Bahasa-woo’d vi “brandrissie”, ’n eiland innie Wes-Nusa Tenggara-provinsie van Indonesië, oos van Bali. Die provincial capital en grootste stad oppie Lombok-eiland is Mataram. Lombok wôd oek omring deur kleiner Gili-eilande – drie vannie mees popular enes is Gili Trawangan (ek het ’n mooi dag uit daa gespend!), Gili Meno (oek bekend as “honeymoon island”) en Gili Air. Lombok issie soe popular van ’n tourist destination soes Bali nie, maarit is nog altyd ’n plek wat baie expats van Europe en Suid-Afrika tuis noem. Lombok het ’n groot Muslim population met mee as 2 000 masjids (Arabies vi “moskees”, plekke van aanbidding vi Muslims) oppie eiland, volgens ’n plaaslike inwoner – plaaslike inwoners waa’voo ek soms misgis is omdat my Indonesiese features stêk uitstaan!

Al hoe is my Indonesian reflections altyd in motion, het ek darem oek ’n wêkvakansie norig om te rus na ’n moeilike tyd in die Midde-Ooste, om my skrywery klaa te maak, en oek ’n Teaching Business English course klaa te maak vi my volgende wêkkontrak oo’see. Hie is net ’n paa moments uit die ee’ste deel van my kuier in Lombok wanner ek ’n break van my laptop gevarrit:  

Dag 2 in Lombok mettie Jamies. Hulle’t vi my op ’n orientation drive gevat in en om Senggigi, ’n coastal district in Lombok waarie Suid-Afrikaanse expat community bly. Hierie foto was gevat op ’n villa in konstruksie wat uitkyk oorie Pacific Ocean.

Om in Senggigi te bly mean dat djy altyd toegang kry tot vars vis! Hierie was my ee’ste official middagete by Waroeng Ikan Bakar Ibra. Oppie menu was ’n seafood spread met crab, vis, waterspinasie en ’n leqqa spicy sambal!

Ommie baie warme weer te oo’leef, moet djy gewoond raak om vrugte albei te iet en drink! Toe het ek dragon fruit soema ’n brekfis-ding gemaak, ’n Suid-Amerikaanse vrug wat oek baie common in Lombok is.

Sunsets is omtrent ’n weekend ding byrie Merumata Resort beach in Senggigi, omtrent 15 minute van my hotel af. Op my ee’ste Sondag het hierie oulyke musical band vi ôs ge’entertain met ’n paa Western en Indonesian songs, including een van my favourites – Shania Twain se “You’re still the one”!

’n Klapperboem by Hilal Beach, iewers naby Senggigi, ’n vrug wat ôs oek albei iet en drink. Die Jamie-familie sêrat dis mee gevaarlik assie klappers op jou kop val dan assie geckos naby jou bed moet slaap!

My ee’ste nasi goreng (gebraaide rys) by Senggigi Espresso!

By Mataram Islamic Centre mettie Jamies vi Jumuah, die Vrydag-gemeente-gebede.

Weet djyrat die woo’d “klapper” eintlik ’n derivative vannie woo’d “kelapa” in Bahasa Indonesië is? Living my best island life met ’n sarong rondom my middel en ’n klappersappie in my hand!

Want die piesang goreng (gebraaide piesangs, ’n Indonesian nagereg) moet iewers vandaan kô, in hierie geval van Empanan, ’n plaaslike vrugte market in Lombok.

Twee van my Lombok champions, Pak Mustajib en Ibu Diya van Senggigi Espresso, die beste café in Lombok! Ek het vi hulle ’n 5-star Google rating gegee!

Rumahku Surgaku – oos, wes, tuis bes – byrie Lombok Senggigi Hotel

’n Niewe discovery: In Lombok klop hulle die trom ommie waqt (Arabies vi “tyd”) van Jumuah op Vrydag te maak!

By Sasaku, ’n batik-paradys vi Indonesiën-inspired fabrics!

Oek ’n voordeel om in Senggigi te woon. Djy kan jou trip Bali en Gili Tranwangan toe organise slegs vyf minute van jou hotel af. Terima kasih aan Ojan, my travel agent! Djy kan oek ’n motorbike by Ojan huur vi ’n goeie prys, en op ’n Waterfall tour in Lombok gaan.

Wanneer djy hierie sunset aankyk, moet djy sieker’ie “wêk” van “wêkvakansie” in air quotes sit! Kasam sal djy nou rêrag lus om te wêk met hierie mashallah view?

Die pak (meneer) van hierie musical duo se Bahasa Indonesian accent het soe oulyk uitgestiek wanneer hy Ed Sheeran se “Thinking out loud” sing!

’n Merumata Resort-hotel met ’n slaapkamer en badkamer. Oek ’n popular choice vi mense wat vannie res van Asia vakansie in Lombok hou, as djy nie mind om elke dag ’n taxi in en uit die resort te vat. Ek is bly ek het ‘eira my humble abode mettie Lombok Senggigi-hotel gekies, want alles is net vyf minute se stap weg!

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top