Omdat daa soveel public holidays in Suid-Afrika is innie naam van marginalised groups (soes Vrouedag, you name it) wôd tokenisation omtrent ’n ding – Jeugdag, ennie toestand vannie jeug, is geen exception’ie. Baie mense roep uit Hector Pieterson se naam in vain, dan wanner die maand van Junie klaa is, wôd die jeug wee ’n twiede gedagte – of hulle wôd ve’giet. Dêtag jaa in ôse democracy is hierie reality nie oukei nie. Een van hierie unjustly neglected demographics issie jeug oppie Kaapse Vlakte wie se identity en toekoms aan gangsterism wôd oo’gegie.
Since Kaaps die lingua franca van hierie jeug is, issit net reg om ôse growing Kaaps movement te gebruik ommie jeug se stemme harder te maak, en wie beter ommie volume hoër te druk as Jitsvinger, ’n multiple award-winning performance artist vannie Kaap! Geen vreemdeling vi sy gehore nie.

Jitsvinger, die ene wattie term “Afrikaaps” ge’coin het! (Foto: Dillon Brown)
Jitsvinger is oek ’n conceptual writer, composer, kitaarspeler, onderwyser, musikant en poet, en hy’tie song “Elke naweek nogge funeral” produce en collaboratively geskryf’t. Lees ôse dialoog oorie song hie’onner:
Die song “Elke naweek nogge funeral” is vanjaa die aand voo Election Day (29 May 2024) vrygestel. Praat ôs deur’ie boodskap ennie song se agte’storie. Watter gesprek was hierie song van plan om op Election Day te inspire?
Die song beoog om die silent genocide oppie Cape Flats na die lig te bring veral tydens die political rallies wat praat van job creation en beter public service terwyl families elke naweek ’n jong familielid na die dood moet afstaan as gevolg van die ongoing gang violence. Dis ook op Verkiesingsdag vrygestel reeds omdat die media toegesmeer is met politieke partye se beloftes van ’n beter toekoms maar die kern issues word onder die mat gevee.
Daa’s ve’skillende stemme innie song – joune, die jong manne ... Hoekô het djy hierie choices gemaak?
Cuan van Boom aka Gboy gee interessante viewpoints met sy pen vanuit die Houtbaai. Tasneem Simons aka Yes Masekin het die vermoë om tot die kern van die saak te praat met die minste woorde as jy luister na die chorus wat sy sing. Saam met haar is Ganaan Davids aka Lady G, wat my eendag by ’n funeral surprise het met haar vocal ability, en na ’n diep gesprek het ek geweet sy sal die regte emosie oordra as backup vocalist. Ganaan is een van menigte eerstehandse eyewitness van dit waaroor die song eintlik praat. Leroy Reid is die composer na wie se instrumental ek geluister het terwyl ek so deur die gebeide gery het en, van een funeral na die ander, die lyrics begin skryf het. Grant van Rooyen sorg vir’ie bass. Anwar, wat die voorbladkuns vir “ENNF” (“Elke naweek nogge funeral”) verskaf het, bring ’n broodnodige aspek na die song met sy uitbeelding van’ie crossroads wat jongelinge daagliks in die gesig staar, die subliminals teen die muur en die keuses wat gemaak word. Laastens wil ek vir Jeremy Vearey ook salute vir sy endorsement in die song as ’n stem vanuit die ouer generasie en ondersteuner van straatdigkuns oftewel rap element soos dit in die hip-hop sub-culture bekend staan.
Dis wat hy te sê het oor die song:
“Elke naweek nogge funeral” isse gritty lamentation wat met sy diepsinnige message innie music van “the ghetto is symbolic to the damage that they’ve done” en haunting music in daai message, die Cape Flats ghetto within and without met genuine deernis ooprap. ’n Aangrypende musical sermon oppie mount van ghetto life gerythmn en gerhyme deur consummate street prophets mette meaningful credo wat nie net bloot iets sê nie, maar dit sê sonder om te preach. Rap maestros Jitsvinger en Gboy, met hierdie song rock julle nie bloot die usual rap boat nie, maar tip dit saam over mette freestyle flow wat die djol in my crescendo totdat my siel ruk.
Djy’t oek soundtracks vi Four corners geskryf, ’n Suid-Afrikaanse film wat gaan oo jong manne wat in gangsterism oppie Kaapse Vlakte gewerf wôd – ôs hettie film amper 10 jaa geliede gesien. Hoekô dink djy het Suid-Afrika nie baie progress oorie aflopende 10 jare gemaak’ie? En hoe is “Elke naweek nogge funeral” ’n call to action in hierrie geval?
Wanneer ons praat van destabilisering van nieblanke gemeeskappe dan kyk ons na die aanwesigheid van negatiewe elemente soos drugs, gangsterism en smokkelhuise in groot getalle wat die gebrek aan selfbeslissing verder bewerkstellig. Dis deel van die social engineering wat nog steeds vandag in werking is. Hoekom kry so baie smokkelhuise liquor licences?
Ons, die sogenaamde kleurlinge, is nasate van die inheemse inwoners van hierdie land wat nog steeds veg teen die uitwissing van ons identiteit, wêreldbeskouing en kultuur since die dae van slawerny, kolonialisme, apartheid en nou neokolonialisme. “ENNF” poog om reguit te praat met die status quo en maak aanhangers en consumers van popular music bewus van die ongoing geweld, verlies van ouerskap en mental issues terwyl onse civil servants voetsleep om die broodnodige transformasie in alle aspekte te volbring.
Djy’t onlangs songwriting coaching lessons begin aanbied. Hoep djy dattie jeug vannie Kaapse Vlakte sal belangstel in songwriting as ’n means van social en artistic empowerment? Comment oek oppie responsibility vannie artist in hierie ve’band?
Die artist hou die spieël op vir haar/sy samelewing om ons voorkoms te inspireer en te verhef en om op die hoogste intelligensievlak van haar/sy lede te kan vermaak. Eeue gelede het konings en keisers die mystics en soefi’s van hul tyd ’n hoë prys betaal vir hul werk gebaseer om die belangrikheid daarvan. Deesdae word kunstenaars miljoene betaal om die populasie op ’n lae frekwensie te laat vibreer en ek vind dit fokken skandelik.
Djy’t oek hierie jaa in Woordfees-besprekings deelgeneem en ’n judge gewies virrie JIVE Culture Shock competition vi deelneeme’s vannie Klopse, Malay Choirs en brass brands. Djy’t oekie Neville Alexander Award vi Outstanding Contribution towards the Promotion of Multilingualism mettie Western Cape Cultural Affairs Awards in 2023 gewen. Nie bad virrie man wattie term “Afrikaaps” ge’coin hettie! Hoe sal djy jou platform wil vêder gebruik ommie boodskap van jou song te promote?
My aim is mense te laat dink, die selfvertroue in Afrikaaps-sprekers te verhoog en kunsmatige grense te oorskry met my musiek. Ek is ’n soeker wat graag my mense se geskiedenis research en ek vind dit geestlik verrykend soos ek nuwe eienskappe ontdek en voortbring deur my werk. My journey is vir baie nakomelinge ’n maatstaf, so ek voel die verantwoordelikheid om altyd verder, dieper en hoër te mik soos ek vorder.
Sê vi ôs waa ôs na “Elke naweek nogge funeral” kan luister.
Dis verkrygbaar vir streaming en downloads op www.bandcamp.com/jitsvinger.
- Volg vir Jitsvinger op Facebook: Facebook.com/@JITSVINGER