Die reën het gladdie vi Kaapstad weggejaa vi hierrie installment van Dude! Wa’s my phone?, ’n show deur Vulture Productions – ’n sequel vannie ee’ste award-winning show Dude! Wa’s my bakkie? Jeremeo Le Cordeur kom aan nou ’n lang pad innie theatre en entertainment industry en hy beweeg nog altyd met niewe idees! Na ’n paa festival runs, Dude! Wa’s my phone? nooi’rie education sector – albei studente en onnies – ommie show te kô kyk van 9 tot 12 April 2024, 11h00 byrie Baxter Masambe Teater in Rondebosch, Kaapstad, die teater waa ôs ee’ste in 2019 vi Jeremeo in action gesien! Bookings op Webtickets, R40 per ticket.
Die stel virrie show is ontwerp deur Gaerin Hauptfleisch en Art Magic Projects, met choreography deur Darion Adams en costumes deur SeenPha. Die hoofrol wôd ve’tolk deur Jeremeo Le Cordeur, met voiced-over artists Dean Dorvan Balie, Veronique Jephtas, Lee Roodt, Chenal Kock en ’n special appearance deur ôse beloved Ouma Lilly! Die performances het ’n age restriction van 10 jare. Duur vannie show: 60 min.

Moerittie misloop nie!
Aside om jouself leqqa warm te lag innie koue, hie is ses redes ommie show te kyk:
1. Om Dean op TV te sien!
Een vannie ee’ste scenes innie play was wanner Dean op TV ve’skyn in ’n show “Verras My” wa hy ’n iPhone gewen het! Die TV appearance sit vi hom leqqa oppie map – hy’t subsequently na daai ’n social media influencer gewôd. Hierrie moment innie show se intro was net vol anticipation en possibilities. Dean se nerves wanner hyrie vraag moet antwoord is te oulyk vi woo’de! Die scene gebruik oek popular gesigte en stemme ommie scene identifiable te maak van ’n audience perspective. Ek het self my kop ha’d gekrap om te onthou Wade Daniels van Suidooster se regte naam!
2. Love in the time of social media
Thankfully is Earnestine nou ’n thing of the past (mense wat Dude! Wa’s my bakkie? gesien het sal wiet!) want Dean se kop is wee vol muisneste en haa naam is Joy! As ’n result van audience participation het ôs vi Joy oppie stage ontmoet, oek dankie aan Dean se social media influencer profile wat gelei het tottie introduction van hierrie love birds. Joy moes gou met Dean se dance moves byhou, en baie gou sien ôs, dankie aan She-Earl, hoe Joy se true colours uitkô. Unfortunately het Dean nie baie in daai area van sy liewe since sy bakkie days evolve nie!

Die twiede beste ding te wen na ’n splinterniewe second hand bakkie!
3. Die overlap van microstory worlds
Ommie TV en social media love story oppie ve’hoog te sit ve’wys aanie showrunners’ se diverse skills om multiple werelde te create. Die show gebruik multimedia – stage presence, sound, video, music en lights – ommie allie werelde te wys: Die Wellington community, conversations op Whatsapp, email and Instagram, ennie res vannie show se characters al hoe was Dude! Wa’s my phone? ’n one-man show. Die showrunners’ deserve serious applause vi hierrie mengelmoes van werelde wat een mens se wereld represent! Ommie audience se perspective te influence moet ’n showrunner oekkie ability het om mee as een haas uit die hoed te trek en virrie audience te educate oorie dangers van social media addiction. Though wassie show oek baie educational, die show hettie die opportunity ve’loo om comedy te gebruik om Dean se intimidation te ve’wys wanner daai phone vi hom heeltemaal rule!
4. Dean X3
Djy kannie wee na hierrie show sêrat dit impossible is om poetry devices in drama productions te gebruik’ie. Die skrywer vannie show het obviously in sy dae goed aandag in sy poësieklas gegie want die use of alliteration mettie show se supporting characters was on point, en djy hoeffie baie ha’d te wêk om mettie drie Deans te byhou nie. Deur ’n outstanding combination van voice-over performances het ôs oekkie manne van 3D Entertainment behoo’lik lee ken: DJ Dalla, Dulla en Dean. DJ Dalla se musical beats was omtrent ’n vibe, en die manne se work calls op voiced note is entertaining om te hoo. As ôs ammal 3D Entertainment se business cards kan kry om vi hulle oek innie Kaap te boek, gaan daai mos mashallah wies!

Dean is beslis vir TV gemaak!
5. Die dangers vannie digital world
Enter She-Earl, ôse Burger drive-thru meisie wat oek ’n tech boffin is – dié vriendin van Dean is vol surprises! She-Earl het ’n goeie working knowledge van social media apps, en actually moet sy credit vat want sy gie krag aan Dean se Social Media Manager profile as ’n IT Support Sister! She-Earl is oek ’n example van hoe maklik dit is om ’n 21st century fool te wies as djyrie digital literacy hettie, die ability om information oppie socials behoo’lik te interrogate en ’n background check doen op mense wat djy virtually ontmoet. Dean is baie susceptible om af daai internet rabbit hole te val! She-Earl se phone calls ve’wys oek narie virtual vrinne wat ôs nowadays innie liewe het. Alhoe is sy slim, She-Earl issie skaam om Dean lelik te ve’tel wanner hy out of line is!

Kan ’n klein stuk technology vi jou nou soe rule?!
6. Djy moettie die sequel missie – klaa warrit soe is!
All in love was Dude! Wa’s my phone? ’n tech entertainment show of note, ’n treat virrie ears en ears en ’n les vi ôse harte en day-to-day life. Dis altyd worth it om binne in Jeremeo se kop te klim en deur ammal se muisneste te loep, en let’s face it, om ’n theatre labour of love te experience is altyd worth die Uber trip Baxter Masambe toe. Aallie tech gimmicks was mooi deur gedink, en ofcourse is al Jeremeo se shows ’n opportunity te reflect op hoe ôssie tech wereld kan manipulate vi entertainment purposes – vi hierrie achievement alleen kry Jeremeo nie genoeg credit nie! Plustens as djy mee van ’n social media mens as ’n teater mens is, kom deur anyways. Djy kan mos ’n leqqa selfie met Jeremeo vat narrie show byrie photo booth. Moet nettie ve’giet ommie “Ons maak shabba!” sign in te kry nie!
- Foto's en promosiemateriaal verskaf deur Vulture Productions
Lees ook:
Dude! Wa’s my phone? by die Toyota US Woordfees 2023: ’n onderhoud met Jeremeo Le Cordeur

