Issie Royal Family nog altyd nuus?
Elizabeth Debicki op The Crown het ’n award gewen byrie 30th Annual Screen Actors Guild Awards in Januarie 2024. Dit was ’n pleasant surprise om te sien hoe current en nog altyd onner debate issie British Royal Family. Inshallah is daai show next op my binge-watching list!
Though was Prince Harry en Meghan se ve’houding die main storie van ôse generation, wassit Diana: the musical op Netflix wat vi my finally inspired ommie Royal Family onner ’n microscope te sit – daa’na het ek oek die Harry & Meghan docuseries gekyk. Ek hettie hulle wedding gekyk’ie. Ek was oekie baie interested wanner hulle die Kaap in 2019 gevisit’ie. Actually was ek irritated want ek wou die Al Awaal-masiet – die ee’ste official masiet in Kaapstad wat in 1794 gebore was – gaan visit’t na ek Sameda Van De Kaap se keramat byrie Tana Baru Cemetery in Bo-Kaap gaan soek het. Ek en my vriend konnie in ôs eie masiet ingaanie want hierie Royal Couple was daa – daa was barricades orals wat ôse toegang forbid het.
Ek was nog pre-school wanner Princess Diana se kifaayt (begrafnis) oppie TV was. Ek onthou nie’rie details vannie kifaayt’ie, maa ek onthou darrit ’n groot affair was en daa was ’n lang hearse oppie TV screen. Ek onthou dattie wêreld was in mourning. Fast forward 20-odd years later het ek baie stêk gevoel dat daa unfinished business was na Diana se dood. Mee belangrik, haa unfinished business het met Harry en Meghan overlap.
Diana: the musical op Netflix
Innie musical was Princess Diana (Jeanna de Waal) se storie ve’tel van wanner sy vi Prince Charles (Roe Hartrampf) ontmoet het tot wanner sy maningal’t (gesterf). Ôs lee innie musical dat sy ’n baie skaam jong meisie is (“She was good English stock!”), en baie nat agter’ie ore was wanner sy met Prince Charles trou. Ôs lee oek oorie shenanigans tussen Prince Charles en Camilla (Erin Davie), sy present vrou wat ee’ste sy minnares was. Ôs sien hoe empathetic en charitable Diana was tot krisisse soes’ie HIV/Aids pandemic. Diana was brave enough om haa marriage en haa Royal Family privileges te los – net kot daa’na het sy in ’n car crash in France maningal.
Die Queen (Judy Kaye) en haa seun se ve’houding innie musical was komieklik. Ek was heelwat amused wanner Charles se stêk gevriet leqqa afval wanner sy ma vi hom reprimand! Die way hoerie musical die chorus gebruik, was oek slim. Although nowadays is musicals met ’n kleiner cast ’n growing trend, kan djy mossie ’n storie oo ’n public figure ve’tel sonner om mense – mense wat nié members vannie Royal Family is nie – te laat “chorus” gie oorie wêreld van daai public figure. Die chorus innie show het baie rolle aangeniem: die palace se servants, die British paparazzi, members vannie charities wat Diana support, en oek guests by Charles en Camilla se private parties. Innie begin hettie chorus Diana se fate foreshadow wanner hulle sing dat sy was “interviewed for the worst job in the world!”.
Die song “Snap, click, snap click”, oorie power vannie paparazzi, oek ’n topic in Harry en Meghan se interview met Oprah Winfrey, was actually ’n revelation – die feit dat die krag lê eintlik met dié dattie tabloids die perception vannie Royal Family in mense se koppe create. Kan djy imagine die tipe exchanges tussen’ie staff byrie Royal Family communications department om constantly met daai tabloids te negotiate! Ek wens ek kan ’n fly on the wall wies en vi ’n rukkie op daai staff wêk soerat ek ’n insider perspective kan kry oo hoe bang die Royal Family is vannie tabloids. Nou wonner ek tot watter terms en conditions die Royal Family se communications staff moet instem ommie Royal Family se image te protect – maa daai’s ’n storie vi ’n anner dag!
Hoekom was Diana en Meghan ’n threat exactly?
Sêrrie musical:
Diana: Isn’t it marvellous darling. They view me as one of them!
Charles: But the point of our existence is that we’re not one of them. We are symbols if you will!
Diana: Who the bloody hell wants to be a symbol?
’n Mens sal dink as djy ’n klomp power en position het, sal djy daai power gebruik om discriminative boundaries te briek en suffering te alleviate. Dis beslis wat Diana en Meghan gedoen het – die boundaries ge’blur tussen die commoners ennie Royal Family, ennie waarheid expose dattie Royal Family nie rêrag in democratic value systems gloe nie (“[T]he point of our existence is that we’re not one of them!”). Diana en Meghan se experience het gewys dat djy moet eira jou dood of ostracisation “kies” as djy daai stêk boundaries wil briek virrie greater good. (Ek was oek nuuskierig oorie possibility dat Diana se dood nie rêrag deur ’n car accident gebeur hettie).
Die groot post-colonial narrative
Since die 30th Annual Screen Actors Guild Awards recognition gegie’t aan groundbreaking stories, beweeg Hollywood in some kind of progressive direction after all. Although as ’n actress was Meghan slim genoeg om te wiet dat Hollywood nie die enigste plek moet wies waa syrie narrative kan shift, soes sy innie docuseries mention. Though obviously kon sy nie predict dat sy pa’t van ’n groter global conversation gaan wies’ie! Innie docuseries kry sy ’n message van support van Beyoncé wat sêrat Meghan gekies was om generational curses te briek – iets wat heeltemal in line is met my unfinished business prediction! Die Hamilton musical sê: “History has its eyes on you!” As iemand wat ve’staan hoe influential jou ancestry is, wonner ek hoeveel van daai gaan deur Harry en Meghan se babadogtertjie, Lilette Diana, manifest.
Harry en Meghan het oek Nyanga innie Kaap gevisit (of course sallie media nie die opportunity ve’loo om ôs te remind dat Nyanga ’n murder capital is). Oppie docuseries sien ôs hoe speel Meghan met meisies by ’n organisation event. Meghan emphasise innie Oprah interview hoe belangrik representation is, die feit dat beneficiaries vannie British Commonwealth kan sienat iemand vannie Commonwealth soes hulle lyk. Harry het met haa saamgestem dattie Royal Family ’n opportunity gemis’t om Meghan ’n true partner te maak waa representation involved is (“[T]he point of our existence is that we’re not one of them!”). Omdattie British Commonwealth nog influence op Suid Afrika het, issit norag om deur’ie soap-opera smoke screen vannie Royal Family te lies ennie developments vannie Commonwealth dop te hou. Die Royal Family vannie Netherlands het oek Suid-Afrika in 2023 gevisit vi relationship-building reasons, wat ’n groot red flag is! Want hoe bou djy sukke mutually beneficial relationships sonner om behoo’lik ôse colonial violations sonner compensation en reparations te address?
Alhoe is Meghan en Harry se Archewell Foundation nuut, issie attempt worth acknowledging, want hulle het obviously die choice gemaak om nie te veel aan hulle Royal titles te klou as hulle wil change innie wêreld create. Wee kan ekkie oorie feit kom dat Diana oek gedroom’t om nog social contributions te maak na haa divorce. Harry aa’d regtig na sy ma in daai geval en het clearly haa wisdom en hart inherit.
Warrie groter narrative involve – die intersections tussen die Royal Family, Hollywood en Broadway – issit belangrik om oek te sien dat Meghan nie, soes sy oek innie docuseries sê, ’n hoofrol in ’n Indie-film hê wat lei tot ’n Oscar award’ie. Sy wil haa tyd spend volunteering (sy en Harry was op ’n tyd in Botswana). Whatever ôse opinion oo Meghan is, kan baie van ôs Suid-Afrikaanse artists lesse uit haa experience lee. Hollywood fame culture is ’n groot measuring stick vi artists in ôse local industries. As ôse eie groundbreaking stories dit maak tottie silver screen, dan sê ek slamat vi ôs ammal! Maa wee sal ek ôse artist fraternities vra: Raak djy ve’loo in jou eie fame (jou production company sal likes dat djy nie ’n higher conscious public figure moet wiessie!), of hou djy Die Grooter Narrative dop?
Oek om wee lesse uitie Hamilton musical te vat warrie Royal Family involve, is dat Hamilton oek ’n chord mettie Obamas gestrike’t – die cast van Hamilton het actually ’n performance byrie White House gedoen! Dink ôse industry professional soes futurists om sukke spaces te conquer?

