Cape Flats Book Festival was ’n vibe!

  • 0

Dis soes wanner djy’rie grocery shopping doen om groente en allerande gesonde kos te koep dan kô djy uit met ’n free chocolate cake wat djy innie dessert aisle gewen’t. Of wanner djy uitclock virrie wiek, dan toevallig is djy by Ala Turkish-restaurant in Green Point met jou colleagues en djy lag jou stukkend vi allie boring jokes en vi ’n moment in time ve’giet djy van al jou stress want’ie mix grill ennie virgin mojito ennie shisha pipe was so leqqa! Daai’s die feeling wat ek gekry’t byrie Cape Flats Book Festival op 1 Februarie 2025 – ek het ingegaan met ’n simple intention ommie event te geniet en review, en uitgekô met niewe drome, vriende, contacts, idees en food for thought.

Die Cape Flats Book Festival het ’n Facebook post uitgesit en virrie mense gevra wat hulle by hierie instalment vannie festival wil sien. Obviously het ek my opportunity gevat om my two cents in te gooi en hulle te vra op daai post vi mee business writing workshops – die business element is altyd lacking by book festival programmes innie Kaap. How-to business workshops is ’n baie belangrike ding vi festivals, want om business acumen te het – hoeveel geld dit kos om ’n book te skryf (djy moet oek jouself betaal vi jou tyd), produce, print, market, hoe om met publishers ’n relationship te bou, hoe om met contracts te negotiate, hoeveel geld djy kan uit elke book sale expect – is baie mee belangrik as net om oo healing, creativity en abstract dinge te praat, especially in Suid-Afrika se challenging socio-economic times. Hoe om ’n boek te skryf en ve’koop kan brood op jou tafel sit!

Ôs ve’dwaal ammal innie boekhemel! (Foto: Shaakirah Thebus)

Ek is bly om te sien dat Yusuf Daniels se “Marketing for writers” workshop was oek oppie programme on 1 Februarie en Cathy Park Kelly se “3 steps to shift from story teller to story seller”. Since ek al klaa Yusuf Daniels se workshop by San Souci Girls’ High School in 2021 gedoen’t (hy gie baie goei raad oorie value van self-publishing wat royalties involve), het ek gekies om narie “story seller” een te gaan om mee tips op te tel waa story selling is involved. Cathy se food for thought was useful: Hoe voel djy oo marketing, die idee dat djy moet oo marketing dink as ’n geskenk om vi jou audiences aan te bied in plaas van ’n klom social media lawaai wat djy moet in participate; hoe om specifiek te wies wanner djy jou audiences kies en watter genre(s) pas jou storie. Ôs het oek ’n free-writing exercise gedoen waa ôs beantwoord die vrae: Hoekom skryf ek? Wie is my gehoor? Waa’oo gaan my storie? Alhoe was ek ’n champion vi knowledge oorie commercialisation of writing, was ek pleasantly surprised om te sien dat baie van jou antwoorde wat business involve is binne innie creative process! Die fun part vi my, of course, was ommie geleentheid te kry ommie idees aan te pas van ’n playwriting perspective. Die festival wassie net ’n playground vi boek writers’ie!

Sally Cranswick se memoir writing workshop was een virrie books – pun intended! Omtrent 20 mense in en om Mitchells Plain hettie workshop attend ennit was mashallah om te sien hoeveel mense interested is om ’n memoir te skryf en specifiek details oo hulle liewens oppie page te sit. Baie mense het hulle personal narrative innie space gedeel. Een jong meisie het gepraat oorie feit dat sy’t haa biologiese pa onlangs ontmoet en wil oo daai life events skryf. ’n Anner workshop participant het gesêrat baie mense in haa familie encourage haa om ’n boek te skryf oo familiestories; ’n de’de mens het gesêrat sy het ge’try om met ’n boekmentor te wêk, maa unfortunately herrit’ie uitgewêk’ie en sy was teleurgesteld.

Foto’s: Shakirah Thebus

Toestemming het baie deur gekom en ek hettie feeling gekryrat mense narrie workshop toe gekom’t om dáái te kry en nie net ommie how-to dinge te lee. Sally se raad (skryf vi 10 minute elke oggend, focus op progress en nie perfection nie) was baie goed. Maa mense se skryf process en creative empowerment is ’n personal ding en in baie gavalle kry djy skrywers met ’n klom stories wat binne hulle is maa hulle te bang ommit te skryf – daai’s hoekom ek vannie vloer vi mense suggest’t om ’n copy van The artist’s way deur Julia Cameron te koep ennie boek te study. Hierie boek, het ek gesê, is iets wat djy virrie res van jou liewe op jou boekrak moet hou. As djy ooit writer’s block het, gaan daai 12-wiek-program – die morning pages, artist’s dates ennie tools en exercises – jou tot jou eie grounding lei en djy gaan jou boek nie net begin’ie, maa djy gaanit klaa maak!  

Sally het oek vi ôs remind om jou creative communities te vind – mense wat vi jou cheer as djy karaoke out of tune sing! Dis oek ’n mashallah ding wattie Cape Flats Book Festival gedoennit, is om mense bymekaar te bring soerat daa’s opportunity om creative communities self te bou en jou specific mense te vind as djy nie dit al klaa gedoen hettie. Vi skrywers wattie nat agter’ie oore issie, was Sally se workshop oek ’n opportunity om in te check met jouself as djy jou eie creative process reg honour en miskien om niewe tricks op te tel wat djy môre met jou boek, play of poem kan gebruik. Dankie, Sally Cranswick, virrie inspiration, en ek sien daarna uit om ’n hele paa niewe memoirs te sien na hierie festival, Inshallah!

Tik by my innerlike kind byrie Oaky puppet show. (Foto: Tasneem Daniels)

Vi skrywers wat need help in hulle writing journeys wil ek sê: Don’t be a hero. Gebruik’ie Cape Flats Book Festival om help te soek. Koep vi jou The artist’s way en wêk merrit. Moenie alleen sit en huil agter jou laptop as iet nie wêkie. Try niewe dinge. Change location as djy moet. Skryf in ’n different genre as djy moet. En skryf jou stories klaa kanala. Ôse wereld het jou stories norig.

Dankie en tramakassie virrie Cape Flats Book Festival om ’n space te gie vi skrywers met drome in hulle harte. Ôs sien uit virrie volgende een in 2026!

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top