
Noot vir Noot wys elke Woensdag 19:00 op SABC 2. Foto’s: Noot vir Noot offisiële Facebook-blad.
Daa’s soeveel ways hoe ôs mense oppie Cape Flats vi Emo Adams describe: ’n “mal haas” is een van hulle en “hy’s op ’n tariek van sy eie”. Vi my is Emo Adams the gift that keeps on giving, en in June 2023 het ek daai wee experience by sy performance as comedy headliner byrie Jive Cape Town Funny Festival byrie Baxter Theatre.
Ôse Cape Flats audience kom aan nou ’n lang pad mettie Adams brothers. Ôs het hulle JAG shows toe gegaan; ôs het hulle in District Six The Musical en Kat & the Kings gesien en baie anner theatre productions; ôs hoo hulle songs op Heart 104.9 fm (“Queen of hearts” kom op elke Sondag!); en dannie cherry on top om Emo te sien assie presenter van Noot vir noot op SABC 2 en sy Safta nomination hierie jaa vi Best TV Presenter – wat hy moes gewen het!
Die TV world itself in Suid-Afrika evolve in interesting ways, en ek is een vannie ees’te om te sêrat traditional media platforms soes TV sal gou redundant raak innie fourth industrial revolution. Maa een ding oo Emo Adams, hy laat ôs twie keer dink voo ôs ôse TV weggooi! Ôs is actually Netflix koppe byrie huis, maa nog altyd op Woensdae sit ôs vas tien die TV om Emo se latest moves te sien.
Of course was ek ’n Noot vir noot fan since Johann Stemmet se dae – Johan was omtrent die Papa Bear van musiek-TV innie ou dae! Most of the time watch ek daai show dan ve’beel ek vi myself dat ek oppie show rêrag is en ek speel’ie games saam’t die mense. As ek die song ken, dan wen ek oek honderd rand, maa soevê het ekkie die boerpot gewen nie! (Confession: Ek het in 2019 audition om oppie show te wies, maa ek hettie ingekommie – my min knowledge van ou Afrikaans liedjies het my innie steek gelaat!) Maa these days watch ekkie show ommie boerpot te wen (in my imagination), maa oek om te sien watte strieke gaan Emo nou op daai ve’hoog aanvang. ’n Mens kannie help om vi hom te laggie. Sy “skaam is haram” attitude is baie aanstieklik – hy het ’n unbelievable way om mense se underbelly te kielie en jou funny bone vat heeltemal oo sonner dat djy jouself kan keur.
........
’n Mens kannie help om vi hom te laggie. Sy “skaam is haram” attitude is baie aanstieklik – hy het ’n unbelievable way om mense se underbelly te kielie en jou funny bone vat heeltemal oo sonner dat djy jouself kan keur.
........
Dan wassie Woensdag-aan’e nie genoeg nie. Ôs (OK, dit was ek) het ammal die Emo throwbacks gewatch, including die Tall, dark en Afrikaans show wat toevallig op YouTube is. Hoe hy deur daai set list gaan oppie show, for one, is ’n given for why hy die latest Noot vir noot presenter is. Dan is hy nog ’n shape shifter of note. Een moment is hy Elvis Presley, dan sing hy “Blueberry Hill” while hy een van sy dronk fans mimic (’n lagbol of note!), dan stap ôs af memory lane met allie Afrikaans favourites soes “Jantjie” en “Ek verlang na jou”, dan convince hyrie audience om ’n “Gums kwielie” sing-off te doen, en hulle obey alles wat hy sê! Ja nay, die theme van my liewe daai wiek was omtrent Emo Adams.
Sy interview op Expresso Morning Show op SABC 3 was soe kosbaar, en ek hoep dattie Cape Malay Muslim community note gevarrit! Emo het ’n belangrike punt gemaak oo hoe ôs dink ôs moet soes’ie Americans wies, ôs moet vi Hollywood copy, ôs moet met American accents praat en ôse personas moet reflect Western ideals. Maa wanner hy met David Kramer en Taliep Petersen oorie wêreld ge’tour mettie Kat & the Kings show, het hy gelee, sê hy innie Expresso Morning Show interview, dat hy ’n unforgettable impression op sy audience kan maak net as hy sy hele self accept en met volle authenticity sy self vorentoe dra oppie ve’hoog. En daai was beslis my experience van hierie man oppie Tall, dark en Afrikaans show. Hy het dit soe mooi innie interview gesê: “It is the fact that I’ve got the Cape Malay, it is the fact that I’m Kaapse Klopse, it is the fact that my parents are District Six and Bo-Kaap, that gives me the up – that is my superpower!” Daai het my ha’t omtrent gesteel! Cape Malay community, ek sê wee, julle moet note vat, want die Safta award-nominated entertainer sit ’n spotlight op ôs community feel as sy selling point! Plustens hoeveel van ôs Cape Malays is national household names, en wat boundaries push in ’n way wat lei tot ve’annering?
Anne’ memorable performances wat hy oorie jare gegie’t include Sophia op District Six The Musical en die macarena dans mettie Villagers Malay Choir (die moppie-comic category of course!). Sy “Doutjie” solo is oek een van my favourites – die way hoe hy sy gesig omdraai wanner Doutjie se hand onne die meid se rok was.
........
[H]ulle beweeg met ’n tipe suave en met ’n Kaapse flavour wat skrik vi niks. There and right there is daai die hele motivation vi hoekô ek stories virrie Kaapse audience skryf – ek wil daai feeling convey, dié wat die Adams broers soe effortlessly oo’dra narie audience, daai feeling waa djy met jou hele liggaam lag sonner om terug te hou en hoe hulle permission gie vi ôs om comfortable te wies in ôse velle.
........
Of course was daa oek die Brother Love show, ennie Adams brothers is altyd ’n joint experience vi ôs ammal. Miskien is daai die riede hoekom ek ve’lief geraak mettie Kat & the Kings show in 2004 – hulle beweeg met ’n tipe suave en met ’n Kaapse flavour wat skrik vi niks. There and right there is daai die hele motivation vi hoekô ek stories virrie Kaapse audience skryf – ek wil daai feeling convey, dié wat die Adams broers soe effortlessly oo’dra narie audience, daai feeling waa djy met jou hele liggaam lag sonner om terug te hou en hoe hulle permission gie vi ôs om comfortable te wies in ôse velle.
Warie awards betrokke is, wiet ek altyd’ie, want the real wins aren’t always the ones who walk away with awards. Ek brand al lankal om te sien awards competitions warie public kan vote, ennie public die actual power het om stemme ha’d te maak. Sadly is daa anner powers that be wat daai choices maak innie entertainment realm, maa ek sallit wee sê: Audiences, especially community audiences, moet wakker skrik, hulle stemme dik maak waa cultural commentary concerned is ennie wall of fame recognise wanner een van ôse eie industry achievements huis toe vat. Is ôsie supposed dan om die narrative self te change’ie?
Emo Adams op Expresso Morning Show op SABC 3:
Lees ook:

