Onderwysers in Suid-Afrika – hie is jou exit plan!

  • 0

Dis nou ’n baie weird tyd in Suid-Afrika wattie job market involve. Wie het gedink dat ôs sal in hierie tyd leef waa skoolonnies hulle wêk ve’loo? Ôs het ammal groot gewôd mettie idee’rat om onnie te wies mean dat djy in ’n stable profession is – en oek dat djyrie respek van jou familie, gemeenskap en society het, gaan hulle mos altyd aan die einde byvoeg! Tydens apartheid was daai een vannie min professions waa’in djy kon wêk as ’n bruin mens as djy nie nurse wil wees’ie. Nowadays kry ek ’n Google alert amper elke dag oo mee budget cuts vi onnies vi 2025, ennie job market lyk mee en mee swak vi onnies in hierie land.

Epic fail, Education Department!

Vi ’n kôt tyd in my liewe het ek in skole in Kaapstad gewêk en ek het nooit ooit ’n good time gehad. En daai’s ’n baie swaa ding om vi my te sê omdat ek diep in my ha’t ’n onnie is en ek geniet dit om groot en klein mense te lee. My laerskool se emblem was “Knowledge is light”, ennie ee’ste call to action innie Qur’an is “Iqra” (Arabies vi “lees”), die heel ee’ste ayat (Koranverse) en revelation. Daai ee’ste call to action vi my as ’n skrywer wat oek ’n onnie is, het my course of life action baie duidelik gemaak hoe mee ek hierie lesse ve’staan.

Soerie djy kan nou imagine hoe mo’s die education department nou met my life purpose wanner hulle onnies se toekoms soe mismanage! Besides’ie budget cuts wat ’n groot crisis is, wassit altyd swaa om permanent wêk mettie department te kry alhoe is djy ’n onnie met allie regte qualifications – ek het my nagraadse sertifikaat in onderwys in 2017 by UWC klaa gemaak. Djy is onner druk om SGB (School Governing Body) contracts te aanvaar wat betaal minner as R6 000 per maand, as djy nie lucky enough is om ’n department post te kry nie. Djy ve’dien dieselfde salary soes ’n intern wat fresh out of varsity is – byrie tyd wanner ek byrie public skools inloep, was ek alkaa fully qualified en ek het my ee’ste teaching contract in South Korea klaa gemaak. My knowledge base was baie mee wêd as R6 000 for sure!

Die anner problem met SGB contracts issat jou toekoms is innie hanne vannie school governing body. Daai is ’n groot red flag by Cape Flats-skole, want meeste SGB’s hettie baie kennis oo fundraising’ie en hoe om groot geld binne-innie skool te kry om onnies se salaries te maintain. SGB members se positions is voluntary (onbetaald), soe hulle gie hulle aandag aan jou problem op ’n part-time basis. Om R100 000 te spend op ’n onderwysgraad, dan is djy forced om ’n R6 000 contract te aanvaar by ’n skool wattie ’n proper fundraising team het om mee geld in te bring om vi jou ’n proper salary te betaal’ie – maak hierie logic vi jou sin?

Waa hierie omstandighede involve, support ek heeltemal die onnies se choices om nie mee in skole te wêkie en eira om wêk innie corporate world aan te vat as hulle kan of net Engels in Asia te gaan gee. Onlangs het ekkie opportunity gekry om as ’n guest oppie Cape Talk Views & News radio show met Clarence Ford te wies om kennis oo’tegie waa hierie opportunities involve soerat luistenaars vannie radio station kan wiet dat daa ’n exit plan is as hulle self siek is van allerhande politics wattie job market involve. Aside van hoe lank ek gevarrit om gewoond te raak om toekbukki en bibimbap in Korea te iet, het Clarence my baie questions gevra oorie earning potential van Engels-onderwysers wat in Korea wil wêk.

As djy virrie English Program in Korea (EPIK) wêk, kan djy omtrent R28 000 sonner tax elke maand verdien. Djy kry ’n all expenses paid orientation upon arrival waa djy inleiding oorie culture kry en djy ontmoet jou skool se principal en vice-principal aanie einde vannie orientation. Djy is dan mooi opgesit in ’n rent-free apartment en hulle betaal jou flight tickets terug ná jou ee’ste maand met jou ee’ste salary. Die application process is baie lank en som van jou admin moet djy self betaal, maa wat djy later terug sal kry met wat hulle ’n toegangstoelaag noem. Belangstellendes kan meer hier lees: https://goldkeyeducation.com/goldkey-epik.html Baie expats wat hierie opportunities opniem, vattie kans om geld te spaar vi hulle eie huis of apartment te koep, hulle student debt af te betaal en om mee te reis. Ek sal oek sêrat reis ’n investment is in jou life education (Iqra!). Gaan djy daai ooit kry met jou eie education department of jou skool se governing body as djy hie bly?

Ander redes om Engels in die buiteland te onderrig:

  • Artists in Suid-Afrika wat sukkel om capital op te bou om hulle loopbaan te continue kan oekie opportunity vat om geld te spaar wanner hulle oo’see wêk. As djy ’n goeie job in jou ee’ste jaa doen, kan djy jou contract renew and jou geld use om mee creative business courses te doen. Most of the time issit die saak dat baie artists nie business sensibilities hettie, en djy kan daai gaps invul as djy ’n leqqa teach-abroad contract aanvaar, al issit vi ’n jaa of twie. Bonus as djy in ’n cool stad kan wêk soes Seoel, Busan of Gwangju, dan kan djy mee international artists oek ontmoet wanner djy daa wêk. Miskien kan djy ’n volunteer wies vi ’n performance van Little Shop of Horrors byrie Gwangju International Centre soes ek in 2017 geoden’t!
  • Bou jou kunsvlyt as onderwyser en kurrikulumontwerper. Om Engels te lee is mee van ’n practical job as ’n academic een. Jou main job is ommie communicative approach te gebruik en ommie kinners te inspire ommie taal te praat – en of course hulle moet oek pret hê! Vi jou klasse na ’n leqqa lunch innie cafeteria (daa’s altyd gochujang en toekbukkie oppie menu!) kan djy jou eie lesson plans design met speletjies en sing-alongs en arts en crafts doen wattie kinners – en jouself – leqqa entertain. ’n Wen-wen-ooreenkoms all around!
  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top