
Bron: Suidoosterfees.com
Boogie is net my show. Enige show wat promise om diskomusiek vannie ’70’s en ’80’s te bring gaan djy oek claim as “jou show”, ve’al as hulle vi jou op ’n trip down memory lane vat en Barry White, Diana Ross, Stevie Wonder en Gloria Gaynor vi jou bring! Al hoe het ek al soe baie boogie shows gesien, kan ek simply nettie die volgende een missie. Die fees instalment vannie show, Suidoosterfees boogie, het op 1 Mei 2024 plaasgevind byrie Artscape Theatre se Opera House in Kaapstad. Dit was mos Workers’ Day, ’n public holiday waa djy kan laat slaap innie oggend soerat djy jou energy kan hou om leqqa byrie show te boogie!
Suidoosterfees boogie, geregisseer deur Rafiek Mammon, het oek Suidoosterfees se 21st birthday gevier (die fees moet ’n 21-sleutel kry!) met ’n outstanding vyfstukorkes, ’n dance troupe en ses performers: Gary Naidoo, Ree Cornelius, Janine Cornelius, Celest Dreyer, Jon-E en Candice Thornton. As djy ve’kies het om te Netflix en chill op jou Workers’ Day, lees deur alles wat djy by Suidoosterfees boogie gemiss’t:
1. Die blowjobs
Ja, djy lees reg! Blowjobs. Wanner’it tyd was vi audience participation, het Gary twie audience members vannie front row narie stage ge’bring het (dankie tog dat ek innie agterry gesirrit; ek was te skaam!) ommie blowjobs voorie res vannie audience te doen. Watse tipe blowjobs, vra djy? Die twie brave souls vannie audience het twie toy instruments gekry met twie performance instructions: een, om mettie beat vannie song te move, en twie, hulle moet mettie main saxophone player vannie orkes hulle instruments blow tydensie chorus vannie song. Lag maa, dis jou cue vi jou eie laughing track! En as djy vi Gary en Rafiek behoo’lik ken, sal djy weet dat hulle nie ooit ’n kans mis om ve’spot te wies en comedy narie ve’hoog te bring nie. ’n Comedy performance wattie audience en orkes involve? Ek gie hulle ammal ’n high 5 vi daai ene!
2. Die boogie dansvloer!
Het ek vroeër gesêrattie show ’n audience participation stuk geharrit? Ek mean om te sêrattie hele show ’n opportunity was vi audience participation – hierie keer oppie dansvloer! Daa is twie tye wanner mense se binneste uitkô, hulle true colours. Die een keer is wanner hulle nies, die anner keer is wanner hulle dans. Al hoe was baie vannie dansvloer participants senior citizens (hulle was te punankies!), gie hulle dans moves vi hulle gou weg – djy kan sien wie was byrie klub in hulle jong dae! En al hoe het djy nie baie byrie klub gejol nie, of by jou eie matric ball gedans nie, was Suidoosterfees boogie jou kans om op te maak vi lost time! Ja nei, ek mean dit maak sin om oppie dansvloer te wies, want dis virtually impossible om stil te sit in jou stoel en stroepsoet te wies as djy narie boogie show toe kô – skaam is mos haraam!

Foto: Tasneem Daniels
3. Eugene Matthews
Dit was nou donkeys years ago since ôs virrie First Lady of Kensington gesien’t, en Eugene Matthews weet omtrent hoe om mense te laat lag oorie liewe. Toe wassit nou tyd ommie Boogie King & Queen te crown – die dansvloer participants moes dans om ’n crown te kry en ’n paa pryse. Eugene hettie dans saam’t Gary ge’judge narat hy ’n comedy set perform het, ’n relatable piece wat gaan oo sy liewe as ’n driving instructor, die tye waa hy try om nie oppie pad te maningal (dood te gaan) nie en sy frustrations met first-time drivers wat niks oorie liewe weet nie. As hulle nie die song “No scrubs” wiettie, is hulle te jong, sê Eugene! Die show het ôs ge’promise dat ôs gaanie net dans, ôs gaan oek lag, en al hoe het ôs ôse favourite MC’s, Boeta Rajee en Hadji Fatgieyah, gemiss, het Eugene ’n leqqa different flavour narie show gebring tussen die musical performances.
4. Die songs is altyd ’n vibe
Hoe weet ek exactly dattie opening number, “Celebration”, die disco medleys, die Bruno Mars medleys, “Dancing queen” en die “Something stupid” duet winning combos is? Moet djy mos nou innie audience gewies’t om te hoo hoe gie húlle chorus – sing-a-long time sê mos vi jou alles! As ek ve’keerd is, hoekom het ek die hele Artscape Opera House se stemme in my kop wanner daai Deborah Cox number gespeel het – “How did you get here, nobody’s supposed to be here, I’ve tried that love thing for the last time.” En wanner hulle whoo sê wanner die manne sing “Girls, hit your hallelujah” – daai Bruno Mars numbers was omtrent ’n leqqa boogie take op ’n 2012 en 2015 release! “Dancing queen” is omtrént oek ’n crowd favourite, ennie “Dancing queen” boogie performance van 2022 was omtrént een virrie boeke – sallie Opera House mure oek vi jou ve’tel.
5. Ommie female vocal talent te experience
Die stêkste pa’t vannie show musically was omtrent die sangeresse, en daai het omtrent deurgekô met die “Paradise Road” performance. Somtyds remind performances vi ôs vannie stories van hoe certain songs in Suid Afrika gebore was (“Paradise Road” was ’n hit in 1980), en vi daai reason support ek die local category innie boogie show met my hele ha’t – Lunga Singama op HeartFM se iHeart Sundays sal saam’t my stem. Net vocal talent soes Janine, Celest en Candice kan daai “Joy” song justice gie (“There's a woman waiting weeping, and a young man nearly beaten, all for love”). Hulle take op Miriam Makeba se ”Pata pata” en Brenda Fassie se “Vulindlela” was oek baie mashallah, en ammal van ôs vrouens innie audience het gevoel dat “I’m every woman” wanner hulle stage toe gevarrit met daai Whitney number. Een ding … die boogie shows kô deur elke keer without fail met female vocal talent!
6. Gary sing in Spanish
Is daa iets wat Gary Naidoo nie kan doen nie? Ôs het vi hom gesien by vorige shows Stevie Wonder impressions doen, drag, Whitney numbers en al Boeta Rajee se favourites. Om ’n Spanish number te bereik, al hoe issie Spanish woore net innie chorus (“Cuba! Quiero bailar la salsa!”), is omtrent ’n way om Kaapse mense se ha’te te wen – ek’s sieker hy’t oek saam’t een vannie audience members oppie dansvloer gesalsa! Ôse Kaapse jol numbers include lankal vi Gypsy Kings, Ritchie Valens en Ricky Martin. Vra maa net virrie karaokemense wat “La bamba” ennie “Macarena” heeltyd druk!