
Foto: Unsplash
Dis actually musical theatre wat my inspire’t om ’n playwright te wôd.
Oppie een kant as daa leqqa numbers innie show is met ’n leqqa beat, ’n leqqa cast en storie, is daai ekstra ticket geld wat djy betaal, die moeite wêd om daai feel-good feelings te experience wanner djy innie theatre sit. Oppie anner kant het music die power om alles te suspend, alles op pause te sit, especially wanner special moments innie storie plaasvind, wanner ’n character iets baie powerful virrie audience wil sê of as daa ’n turning point, approaching disaster of ’n build-up innie show is.
David Kramer en Taliep Petersen se musicals het my soe vi ’n ses geslaan, ennit was soe obvious soes daylight dat ek moes David Kramer se “How to make a musical” masterclass in 2019 gedoen’t, net ’n pae maane voorie Miela’s box fever oo’gevarit: Hierie tipe narrative power praat vi sy self as djy serious is om met jou audiences te connect.
Aside van ôse local heroes is daa baie anner influential contemporary musical films wat ôse ha’t gesteel’t. Dankie annie technological revolution, het ôs ôse eie copies vannie films ennie songs op ôse playlists – ’n paa vannie most recent musical blockbusters include Bohemian rhapsody en Hamilton. Innie Netflix production van Oh, Hello on Broadway sê George St Geegland: “Theatre is the hot new thing right now. There’s Hamilton and no other examples!” Well, ek het darem a paa anner cool examples gevind!
1. Glee
Hierie musical TV series het ammal ôs starry-eyed millennials se wêreld by storm gevat. ’n Glee playlist wassie enigste way hoe ek deur my varsity studies gekom’t. Give up the funk van season 1 ennie Start me up / Living on a prayer mash-ups was my favourites! Die storie innie show mettie high schoolers wat hulleself vind deur music was actually ’n cool way om oek die Glee audiences te educate oo music through the generations. Om Glee te watch is hoe ek ha’d ve’lief geraak’t met The Rolling Stones, Fleetwood Mac, Journey (wanner Mr Shoe sê: “Come on guys, there’s gotta be a Journey song we haven’t done yet!”), musicals soes Funny girl en The rocky horror picture show en musical films soes Saturday night fever. Issie ammal vannie characters innie show, aside van Rachel en Kurt, wat die arts rêrag as ’n career pursue hettie; innie selle manier sal djy nie vind dat elke Rolling Stones fan ’n rock band sal begin nie. Maa hulle covers vannie songs, dié wat hulle innie klas perform’t en oek innie show choir competitions, was een virrie ages!
2. School of rock
Dewey Finn, gespeel deur die legendary Jack Black, was ’n influential character of note en “To pledge allegiance to the band of Mr Schneebly” het my wêreld groter gemaak warie classical rock genre betrokke is. Ek hettie film in 2013 ge’watch – somewhere there het Dewey Finn binne in my literacy studies essays gekryp. Daai was omtrent die jaa wanner baie van ôs begin’t om music te stream as om te download, en Pink Floyd se “Another brick in the wall” was op repeat (Pink Floyd se albums was prescribed material vi Tameka, die band se vocalist innie klas). Ironically op ’n tyd wanner ek deur ’n baie challenging academic year moes deurkom! Die disruptive power van die rock genre het perfectly ingepas mettie “polite society” vannie private school setting, en ek het omtrént ge’enjoy om te sien hoe wakker skrik die kinners wanner hulle ACDC se “Long way to the top (if you wanna rock ’n roll)” virrie ee’ste keer lee.
3. We are lady parts
My kop swaai nog altyd om te sien dat iewers innie wêreld is daa ’n groep Muslim-vroue wat die plunge gevarrit om hulle stemme groot te maak innie punk rock genre – oek ’n up-yours virrie polite society of London! Om jou Muslimness visible te maak in hierie genre en jou eie songs van jou eie Muslim experience (soes “Voldemort under my headscarf”) te sing en perform was mind-blowing. Ek hoep nog altyd dat baie mee Muslim-vrouens oorie wêreld gee aandag aan hierie show!
4. Smash
Daa’s baie dinge wat Smash smashing maak; een van hulle issie songs wat uit die show kô wat geskryf is deur long-standing Broadway composers Marc Shaiman en Scott Wittman. Maa over en above die awesome setlist het Smash vi ôsie opportunity gegie om ’n modern-day interpretation van Marilyn Monroe te sien soerat die classical stories nie ve’loo raak tydens’ie baie chaotic woke generation van entertainment. Na ek hierie TV series ge’watch het, het ek mee Marilyn Monroe se liewe appreciate, maa deur’ie uitbeelding van die jong characters innie show who swing for the bleaches ommie rol van Marilyn innie theatres van New York City te speel. Baie Smash fans agree dat Ivy, gespeel deur Megan Hilty, wassie one and only true Marilyn innie series, maa ofcourse was Karin Cartwright (gespeel deur Katherine McPhee) se “Norma Jean Baker” version vannie legendary actress oek iets virrie oeg.
Aside van Smash is die musical TV series Rise en musical film Annie (produced by Jada Pinkett Smith en Will Smith) op Netflix oek baie cool en belangrike interpretations van famous musical stories, en ek encourage dat mense hierie reinterpretations kyk ommie magic van vroeër decades saam met hulle narie niewe age te vat.
5. Mamma Mia
Die musical film was ’n genius way ommie music vannie well-loved 70’s band ABBA terug te bring. Though hierie film het niks oppie Cape Flats karaoke world want ôs is al lankal ge’tamat met “Dancing queen”! Die res vannie songs was oek unforgettable en Meryl Streep en Amanda Seyfried het ’n oulike on-screen ma en dogter gemaak. Musical films met stêk female figures is altyd ’n win in my boek – pun intended!
6. Pocahontas
Disney musical films remind vi my dat hierie stories nie actually bedoel is vi klein mense nie, though for some reason assume baie van ôs dat poppentjie films is vi ’n jonger audience. Recently het ek Pocahontas wee gekyk (comes with the territory as djy vrinne het wat ’n ma is met klein kinners) en die storie van hierie protagonist en John Smith is baie similar aan Krotoa en Jan Van Riebeek, ennie way hoe hierie figures romanticised vi entertainment of storytelling purposes. “Colours of the wind” is nog altyd ’n hard-hitting song wat vi jou laat dink oo hoe ôs actually niks oo mekaa rêrag wietie, ennie feit dat venturing out kan vi jou ’n wealth of knowledge oorie liewe en civilisation gee as djy prepared is om met jou hart te dink en beweeg.
Lees ook:
Rosa in New York – from Cape Flats to Carnegie Hall is ’n treat vi Heritage Month!

