Ek dra al lankal Broadway composer Jonathan Larson se hele wêreld saam’t my ná ek Tick, tick… Boom! op Netflix gekyk’t. Nes die titel vannie biographical musical film, voel ek dat ek enige tyd gaan opblaas met liefde vi die man en sy wêk.
Tick, tick… Boom! is geskryf deur Steven Levenson, met regie deur Lin-Manuel Miranda – Miranda is oek ’n Broadway legend! Die film is gebaseer op ’n stage musical mettie selle titel ennit ve’tel die storie oo hoe Larson sy ee’ste musical geskryf’t om binne-innie musical theatre industry te kô. Die cast vannie film sluit in Andrew Garfield en oek Vanessa Hudgens vannie High school musical trilogy (Vanessa is oek ge-cast in ’n Rent production wat nog op YouTube speel).
Is hoekal Rent wat gelei het tot Larson se introduction innie theatre industry, ’n show wat vi 15 jaar op Broadway ve’skyn het. Rent gaan oo the artist struggle, multiculturalism, die HIV/AIDS pandemic, drug abuse en homophobia in New York City innie 80’s. Unfortunately, het hy nie sy début van Rent gesien’ie – hy het in 1996 maningal (gesterf) van ’n aortic dissection. Hy was amper 36 jaa oud wanner hy maningal’t en soes die musical film vi ôs wys, was hy ’n committed, stubborn artist gewies. Ironically, het Rent die wêreld by storm gevat en ’n niewe, jonger audience na Broadway toe gebring. Larson se kôt liewe kom met baie life lessons vi artists wat hulle creative endeavours wil pursue:
1. Sy wêk het traction gekry ee’s na hy maningal het
Fabienne Fredrickson is heeltemal on point wanner sy sê: “The day you plant the seed is not the day you eat the fruit.” Of course, vi artists issit ’n bitter pill to swallow, want ôs wil success en acclaim experience te’wyl ôs nog jonk is! Die feeling wat ôs innie film kry, is dat Jonathan deep down gewiet het dat hy nie baie tyd hettie – hence, die titel Tick, tick… Boom! En although hy nie sy success personally ge-experience het nie, het Rent ’n groot contribution tot much needed change op Broadway gebring. Since die début van Rent, het Broadway begin om mee’ diverse audiences te attract en Rent het oek niewe, diverse stories van New York City na Broadway stages toe gebring.
2. Write what you know
Is die advice wat sy agent vi hom gegie’t ná Larson se ee’ste musical theatre workshop Superbia. Dis oek die advice wat elke skrywer deur’ie wêreld kry oo hulle wêk. Deep down wiet ôs daai, maa miskien is baie storytellers oek futurists en somtyds is stories die enigste plek waa futurists hulle predictions oor’ie toekoms kan express. In Tick, tick… Boom! praat Larson oo sy storie Superbia en hoe mense addicted is aan hulle “media transmitters” (nou noem ôs dit “smartphones”) en hoe human emotion illegal is. Jonathan was obviously right on the money met daai prediction! Maa Rent was bladsye uit sy eie liewe wat baie powerfully met audiences ge-resonate het. Is oek baie creative mense se common experience om New York City toe te gaan om jouself creatively te establish op ’n international level. Abdullah Ibrahim van Suid-Afrika is een example van ’n artist wat New York City toe gegaan het – hy was in exile narie release van sy anti-apartheid-anthem, Mannenberg.
3. Jou beste idees kom wanner djy innie flow is
Innie mirrel van Tick, tick… Boom! is Larson in ’n groot panic oo ’n song wat hy nog moet skryf vi act 2 van Superbia. Hy is soe gewoondt om ’n song oo enige iets te skryf, maa since die stakes hoër geraak’t, panic hy oo hierrie song wattie wil klaa wôd’ie. Dis comical in ’n way hoe hy sukkel ommie song op papier te capture, tot die moment dat hy actually sy skrywery nee’gesit het en ’n bietjie byrie public pool gat swem – hy was onner die water toe die song finally uitkô! So ja, djy kannie die muse ve’tel wanner hy moet uitkô nie. Djy moet daai ding mooi soes ’n babatjie behandel, patient wies met daai babatjie en innie meantime jouself en jou sanity protect soerat djy nie heeltemal mal gaan’ie. Stay in the natural flow of things. Plustens is water nie ’n bad way ommie muse wee op te jikker nie – al vat djy maa net ’n shower of ’n swem innie see. Daa’s klompie scientists wat idees gekry het te’wyl hulle onner ’n shower staan of ’n bubble bath vat. True story.
4. Hy’t sy apartment skoongemaak wanner’ie ee’ste producer bel
Is ’n known fact dat djy moet altyd jou space declutter. Miskien was daai oek die reason hoekom Larson nie sy song kon klaa’skryf’ie, want sy damn huis was altyd onde’steboe! Is net toe producers interest in Superbia gevarrit dat hy actually sy huis behoo’lik skoongemaak het – die skorrelgoed gewas, die kitty litter uitgehaal. In my eie experience kan ek oek vouch virrie feit dat die muse wil hê dat ek my furniture moet rondskyf om niewe energy innie kamer te bring. In Big magic: Creative living beyond fear praat Elizabeth Gilbert oo creative seduction: Djy moet jouself aantrek asof djy op ’n date gaan – sit daai rooi lipstick en cocktail-rok aan soerat inspiration vi jou twie kee moet aankyk!
5. Die songs wat djy moet skryf, lê reg voo jou
Soes gesê by nommer 2. Al is song writing ’n baie elusive process, issit oek nie rocket science’ie. Daa was ’n oulike song wat Larson byrie Moondance diner, waa hy as ’n waiter gewêk’t, geskryf het. Dit wassie Sunday brunch rush – demanding customers, orders wat deur’ie phone inkô – en hy was ge-stress oo Superbia. Innie scene sien ôs hoe hy stilte innie chaos vind. Hy’t literally stilgestaan en deur’ie madness ge-meditate en ’n performance oor’ie Sunday brunch shenanigans ge-visualise (“On the green, purple, yellow, red stools, sit the fools who should eat at home, instead they pay on Sunday for a cool orange juice or a bagel…”) Ek wens dat hy actually ’n musical geskryf’t oo sy diner experiences – miskien ’n Two broke girls: The musical-ding of iets!
6. “The legend of the rent was way hardcore” – School of Rock
Wee issie rent issue iets wat elke artist mee kan relate, soes Jack Black in School of Rock sing, en oek ’n theme wat deur Rent ve’tel wôd. In Tick, tick… Boom! bied Larson se beste vriend, Michael, vi hom ’n opportunity om sy wêkmense te meet by ’n advertising firm vi ’n jingle-writing position. Hoekom het Jonathan nie daai jingle-writing job gevattie though? Hy kon ’n klompie geld innie meantime gemaak’t sonner om onnorige rent stress (pun intended!) aan te vat. Boe-op ’n potential musical oor’ie advertising world, soes die diner song, kon hy maklik geskryf’t! Maa ja… Daai’s die blessing uit Tick, tick… Boom! op Netflix. Die feit dat Larson nie vi een oomblik surrender’t narie “legend of the rent” nie. Hy’t op sy pad gebly en musicals worth telling na ôs gebring, en Rent was hoekal ’n legend wat ôs nog altyd 28 jaar later oo praat, dink en droom.

