Die rol van media en entertainment innie groot narrative

  • 0

The Morning Show (IMDb)

.....
Die show tackle die behind-the-scenes culture van ’n oggendnuusprogram. Na allegations van sexual misconduct, is Mitch Kessler, die male co-anchor vannie fictional show, afgedank. Aspects vannie #MeToo movement is van multiple perspectives innie show revealed, en die twie main vroue innie show, Alex Levy (Jennifer Aniston) en Bradley Jackson (Reese Witherspoon), het die brave decision gevat om self die network te expose omdat hulle ’n culture van silence oorie sexual misconduct toegelaat het.
.....

In January 2020, innie Kuns & Vermaak-afdeling van Die Burger, het SZ Minnaar ’n storie ge’cover oo my ennie NATi Jong Stere van 2019/2020 by Suidoosterfees. Of course was ôs baie excited vi ôse upcoming debuut van ôse theatre productions … maa besides daai, was daa ’n aa’tikel boe-op ôse’sn published oorie 77ste Golden Globe award winners. Vi ’n jong dramaturg om te appear oppie selfde bladsy as Ellen DeGeneres, Brad Pitt en Renée Zellweger gebeur mos nie elke dag nie. Ek is een van daai mense wat gloe dat alles innie wêreld connected is. Die hele gedoente het my laat dink aan nog ’n Amerikaanse Golden Globe-nominated TV programme, The Morning Show, op Apple TV+ – wat oek nou in sy derde season is.

The Morning Show is ’n Amerikaanse TV drama series wat vind plaas tydens die #MeToo movement, met Hollywood-sterre Jennifer Aniston en Reese Witherspoon (twie vannie shows se executive producers) en Steve Carell. Die show tackle die behind-the-scenes culture van ’n oggendnuusprogram. Na allegations van sexual misconduct, is Mitch Kessler, die male co-anchor vannie fictional show, afgedank. Aspects vannie #MeToo movement is van multiple perspectives innie show revealed, en die twie main vroue innie show, Alex Levy (Jennifer Aniston) en Bradley Jackson (Reese Witherspoon), het die brave decision gevat om self die network te expose omdat hulle ’n culture van silence oorie sexual misconduct toegelaat het.

The Morning Show (IMDb)

 Die show se première op Apple TV+ was op 1 November 2019 (net twie maande voo daai aa’tikel in Die Burger), en die twiede season op 17 September 2021. Die derde season was hierie jaa renewed, soe ôs kan uitsien na hierie season in September 2023 – kyk uit as djy net soe curious is om te sien waa dit eindig!

Maa die issie ’n advertisement virrie show nie, en actually het die events van The Morning Show ’n chord in my ge’strike. Ek herrit gekyk net ’n paa maande na ek my kontrakte by Suidooster en X CON Films klaa gemaak’t. Though is ek in media en communications ge’tamat, die TV media en entertainment world het ’n DNA van sy eie en – net soes innie verhaal – moet ek recover vannie whirlwind van hierie wêrelde, myself vra wat my plek is in hierie industries, as ek saamstem moet hoe die narrative (die land s’n, myne) in hierie industries beheer wôd, en assie lang ure per dag sonner ekstra pay worth it is.

Ok, let me honest: Bradley se situation wassie dieselle soes myne, want as ek reg die show interpret dan het Bradley ’n “ticket to a nice life” soes Cory (Billy Crudup) innie verhaal gesê het net voo’dat hulle die hele network opgeblaas. Bradley het in ’n hotel in New York City gewoon en het wêk toe gegaan met ’n personal driver, wat heeltemal nie die situation in Suid-Afrika is nie! Maa Bradley issie dom nie, al hoe was sy – nes ek – binne-innie whirlwind vasgevang was, was daai journalist integrity check altyd visible.

The Morning Show (IMDb)

Mitch Kessler (Steve Carell) se personal breakdown innie verhaal was oek interesting to observe, die personal victimisation wat hy supposedly experience, want, soes hy sê, die #MeToo movement was die begin van niewe rules en hy hettie die memo gekry nie. Daa’s ’n documentary oo The mystery of Marilyn Monroe: the unheard tapes op Netflix wat gaan oorie feit dat seks gebruik was soes currency ommie fame ladder te klim. In daai geval herrit sin gemaak hoe djy, as ’n man, kan weg raak met sexual harassment, sexual misconduct en enige anner abuse of power – die rules het pretty much dictate dat djy kan weg raak met sukke atrocities. Op haa Netflix show Pretend it’s a city het Fran Lebowitz, ’n skrywer in New York City, gesêrat hierie abuse of power het exist vanaf Eve se tyd tottie #MeToo movement begin het, en sy’t nooit gedink daai gaan ooit va’anner nie.

.....
Likewise het my kop geraas oorie inequalities en injustices wat structurally in ôse media en entertainment structures gebeur waa racism, sexism, classism en elitism overall betrokke is, en hoe hierie patterns oo en oo materialise.
.....

Likewise het my kop geraas oorie inequalities en injustices wat structurally in ôse media en entertainment structures gebeur waa racism, sexism, classism en elitism overall betrokke is, en hoe hierie patterns oo en oo materialise. Ôse land wil net die jeug celebrate wanner dit Youth Month is, en left right en centre Hector Pietersen se naam gebruik, maa ’n capable young generation of colour leadership is weggestoot en wee uitgebring wanner dit 16 Junie is. Daai het baie consequences waa futurism betrokke is – ôse land is nog altyd bestuur deur ou idees deur ’n generation wat nie ee’s innie volgende wêreld sal asemhaal nie!

The Morning Show (IMDb)

Assimilation is mos nou hoe mees media en entertainment production companies hulleself excuse mettie claim dat hulle democratic measures vat en hulle employ jong coloured en swart mense by hulle tafels te sit, met white males wat nog altyd boe-ep’ie food chain is soerat die business decisions nog altyd deur hulle lens kan control wôd. Mense wat content deur hierie platforms consume, moet wakker wôd, want ôs consume hierie dinge deur die lens vannie white male gaze!

.....
Assimilation is mos nou hoe mees media en entertainment production companies hulleself excuse mettie claim dat hulle democratic measures vat en hulle employ jong coloured en swart mense by hulle tafels te sit, met white males wat nog altyd boe-ep’ie food chain is soerat die business decisions nog altyd deur hulle lens kan control wôd. Mense wat content deur hierie platforms consume, moet wakker wôd, want ôs consume hierie dinge deur die lens vannie white male gaze!
.....

Wanner ek by Radio 786 was, het ek actually vi Jennifer Aniston en Reese Witherspoon acknowledge innie international news section van Arts Headlines, ’n Sondagoggend- program wat ek produce en present het. Die feit dat hulle die bull by the horns vat ommie regte stories oo vroue uit te sit as producers, het ek sommer twie kee gedink oo my eie assumptions oo Hollywood figures – ôs consume baie Hollywood content oek deur die white male gaze. Die Friends sitcom was een van hulle ee’ste breaks innie industry, en dan die romcoms, ’n manier om ’n empire te bou en die deur af te skop vi ’n feminist takeover!

Jennifer Aniston van die Friends-faam vertolk een van die vrouehoofrolle (saam met Reese Witherspoon) in The Morning Show (IMDb)

Media en entertainment is twie vannie mees powerful mediums of influence, langsaan politics, religion en education. Ammal hierie mediums hettie power om narrative te drive. Mee as ooit moet ôs dophou hoe operate hierie media structures, wie maak hierie decisions en met watter intentions is hierie decisions geniem, hoe stories gedruk of afgewys wôd en whether die narrative overall ’n accurate reflection van transformation is innie post-colonial en post-apartheid landscape in Suid-Afrika.

.....
[D]it gaan oo daai chord wat in my gestrike was. Hoe ’n mens moet vasklou aan jou position as djy lucky is om pa’t vannie groot narrative te skep. Hoe djy moet baklei om under-represented perspectives, communities en generations tottie lug te bring. Hoe djy moet agter jouself kyk wanner djy in daai positions is soerat djy kan pa’t gie virrie needed conversations, en nie in default mode gaan om net comfortable conversations op die lug te hou nie!
.....

As The Morning Show soe ’n powerful impression op my gelos it (ek issie soema easily impressed met entertainment nie!), is dit obviously ’n reflection van hoe mooi die storie geskryf was. Maa my punt issie net ommie skrywers vannie storie te praise nie – dit gaan oo daai chord wat in my gestrike was. Hoe ’n mens moet vasklou aan jou position as djy lucky is om pa’t vannie groot narrative te skep. Hoe djy moet baklei om under-represented perspectives, communities en generations tottie lug te bring. Hoe djy moet agter jouself kyk wanner djy in daai positions is soerat djy kan pa’t gie virrie needed conversations, en nie in default mode gaan om net comfortable conversations op die lug te hou nie!

The Morning Show (IMDb)

Waarie arts en entertainment betrokke is, realise ek dat baie artists, evens suksesvolle enes, nie eintlik media ve’staan nie. As djy innie position is om arts, entertainment en media knowledge te het, moet djy ve’staan hoe belangrik jou position in media society is. Gebruik jou powers assertively. Daa is power innie ability om ’n message uit te dra in multiple mediums. Moenie klein speel nie, en moet nie apologise vi wat is reg nie. Create ’n wêreld wat relevant is virrie volgende generation, en waa’op hulle proud kan wies.

Oppie Arts Headlines het ek oek die listeners remind oo die power van audience feedback, en die importance van actively met content te engage. Baie van ôs is Netflix subscribers, en djy kan films, series en documentaries rate either met ’n thumbs-up of ’n thumbs-down – ôs moet daai rating option mooi gebruik! As ek op enige random dag ’n dom stuk kyk wat niks value tot my liewe bring nie, wiet Netflix al klaa dat hulle ’n thumbs-down moet expect wanner die ding klaa is – as ek genoeg sabr het om die hele dom stuk klaa te kyk!

.....
Vi som is televisie en entertainment ’n comfortable plek om annie slaap te raak, vi som issit ’n plek om wakker te raak met ’n vengeance. Ek is oud genoeg om vi sure te wiet dat ek wil niks te doen met players innie media of entertainment industry wattie contribute tot mense se consciousness nie.
.....

Want ek was nou ’n goeie communications en linguistics major, moet ek of course Sheila Steinberg onthou wanner sy in An introduction to communication studies sê: “Another criticism of television … is that people are turning in to a nation of watchers instead of doers – instead of participating in a game of tennis or soccer, or learning to play the guitar, people watch sport on television and watch music videos or listen to other recordings of other people playing guitar!” Vi som is televisie en entertainment ’n comfortable plek om annie slaap te raak, vi som issit ’n plek om wakker te raak met ’n vengeance. Ek is oud genoeg om vi sure te wiet dat ek wil niks te doen met players innie media of entertainment industry wattie contribute tot mense se consciousness nie. Maa om nog altyd ’n player te wies en daai narrative te direct – media en entertainment het nie die laaste van my gesien nie!

Lees ook:

Ali & Ratu Ratu Queens op Netflix het my thumbs-up!

Is Women's Month op steroids?

#MeToo: ’n oomblik, ’n veldtog of ’n blywende verandering?

Talent, kuns en #MeToo

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top