Vergadering Taal

  • 0

Ek moet een ding confess, daa is baie tye wanner ek heeltemal ve’loo raak in meetings. For some reason or other kan meeting tables baie intimidating wees, en al hoe het djy ’n paa milion-dollar idees om te share byrie meeting, somtyds willie idees’ie uitkommie ennit maak vi jou kwaad tot jou binneste. Miskien kan daai idees iemand se liewe ge’change it, of at the very least ’n seed plant in mense se koppe, nou het jou fancy idee nog tyd om hide en seek te speel!

Ek wonner hoeveel mense gaan deur hierie ding – ek dink baie. Ennit happen oek met mense wat seasoned professionals is innie business, issie net problems van mense wat nuut innie business is. Maa hoeveel van ôs admit dit out loud? Ek is baie lief om stories te skryf, maarie ding is, my skryf process is om agterie laptop te sit en my gedagtes oppie screen te sit while ek dink, especially as ek ’n play skryf. Djy connect mettie characters en basically transcribe hulle emotions oppie page. Daai is hoe ek my idees express.

Maa meeting room tables, en writing rooms, require ’n heeltemal anner skill set. Djy moet “pitching skills” het, ennie business van pitching is baie different van my personal process. Byrie pitching tafel moet djy jou ding in minner as twee minute sê, dan moet djyrit oek pitch in ’n way wat fit mettie structure vannie medium waa’in djy wêk. Last weekend was ek by ’n screenwriting workshop waa die facilitator vannie workshop vi ôs gevra’t om idees vi films te pitch based on ’n paa random newspaper headlines. Die exercise wassie moeilik’ie, dit was actually fun, maa skielik ve’loo ek my stem, wat heeltemal versin is – ek weet’an net soe baie of net soe min soes’ie res vannie mense innie klas!

Dit is baie important om jou stem reg te kry by meeting room tables – is daa waarie ding ruk, waa djy actually decisions maak. In meeting rooms luister mense vi mekaar in ’n siekere way wat hulle nie vi jou normally luister nie en daai’s hoekom dit magical en impactful is as djyrit regkry om reg te praat byrie tafel. Baie tye kry ôse idees nie daylight nie want ôs het in ’n meeting uit ge’chicken!

Job interviews is oek ’n interesting plek waa baie mense dittie altyd regkry nie. Miskien issie interviewee heeltemal qualified virrie job, maa companies soekie net iemand wat op papier qualified issie – djy moet jou saak reg kan praat in daai interview, en daai interview kan vi jou make or break. Om al daai dots te connect is ’n tricky besigheid, en daai is ’n groot reason hoekom djy kry talented skrywers wattie jobs kry met writing teams nie, en baie mense in general wat qwaai jobs het maa hulle maak’ie impact nie want hulle kannie die taal van meeting room tables master nie.  

At some point het ek ’n post op LinkedIn ge’share waarie government workshops gegee’rit vi mense oo hoe om meeting minutes te skryf. Vi my was daai ’n groot revelation. Hoe kan ôs bietere decisions maak vi positive change vi ôs businesses, companies, organisations en communities as ôs mee information het oo hoe om minutes te skryf? Meetings te chair? Storie-idees te pitch? Ek voel baie stêk hie’oorat mense wat skills development workshops lee, moet hierie dinge onthou. Issie net skills wat djy norig het om jou wêk te doen – kyk nou, in my experience is ek ’n skrywer wat skryfwêk kan doen, maa daa’s nog baie mee to the game than just that. Writing workshops moet pitching workshops wôd om storieskrywers daai extra edge te gie wanner hulle in daai pitching meetings is. Die screenwriting workshop host het vi ôs gesêrat ôs moet ôs “elevator pitch” skills develop – somtyds kry djy net 30 seconds om ’n filmidee te pitch aan ’n producer!

Die “elevator pitch” is ’n conundrum op sy eie, especially vi mense soes ek wat baie woo’de norig het om myself reg te express, en baie tyd. Ek is baie lief vi quality time, om genoeg tyd met die pe’soon te het en daarie pe’soon moet ’n active listener wies, basically ’n safe space te create vi communication en engagement. Baie mense sal saamstem dat as hulle safe innie space voel, gie dit vi jou baie mee breathing space om jou idee reg te express. Maa die reality is, is djy prepared om net te wag vi daai tipe safe spaces om te materialise voo’dat djy reg is om jou idees te pursue? Hoeveel missed opportunities gat djy encounter voo’dat djy 100% reg is om jou idees te represent?

Ôs is ammal lief om te complain as alles nie ôse way gaan waa ôse wêk betrokke is. Maa ôs moet mee proactive raak, en mee honest wies oo ôse strengths en weaknesses. Hou op om iemand te blame virrie feit dat djy nie wil niewe dinge lee. As djy met moeilike mense wêk, gie jouself ’n opportunity om daai stress te release, huil byrie huis as djy moet, en dan sit jou eie meeting room behaviour onner ’n magnifying glass en wies prepared om jouself te adjust by daai meeting. Djy moet jou power onthou, en jou power claim – djy sallie mos ’n kans by daai meeting room table kry as djy nie potential innie ee’ste plek gehêrit’ie. Djy moet daai space own in daai workshop, daai meeting, daai writers’ room, daai job interview. Net dan gaan djy impact maak met jou idees, jou contributions.

’n Baie goeie vriend het op ’n tyd vi my gesêrat as djy jou stem ve’loo by ’n meeting, moet djy nie uit chicken en net daa sittie. Djy moet jou plek in daai meeting honour en jou stem vind. Haal diep asem, begin enige plek en dan volg’ie pad. Djy moet in jouself trust even wanner djy onseker is. Is oek belangrik, soes my favourite skrywer Elizabeth Gilbert sê, dat djy nie heeltemal mal gaan innie process’ie – soe as djy kwaad raak tot jou binneste, try ma om ’n chill pil te vat. Idees en creativity is baie op en af, en dis net die nature van hoerie creative wêreld wêk en ôs moetie teen’t baklei nie, ôs moerit net trust. Die regte moment innie regte kamer gaan kom om ôse idees te manifest, en as ôs continue om daai meeting skills te sharpen, het ôs maximum chances ommit reg te kry.    

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top