’n Kykie na die education system: Wat is die verband tussen ’n suksesvolle kind en ’n gesonde onderwyser?

  • 0
“…’n skoolleerder se sukses is baie dependent op drie faktore – die samewerking vannie kind se familie, die skool en die gemeenskap rondom die kind … As een van daai dinge collapse, dan gaan die kind baie stadig progress, of die kind is teruggehou. As ’n mens aan daai drie faktore kyk, maak’t sin hoekom so baie skool kinners oppie Cape Flats nie goed doen nie despite die feit dat hulle in no-fees skole is.”

My ee’ste experience innie klaskamer was in 2016 wanner ek as ’n Engels-onderwyseres in Suid-Korea gewerk’t. Ek onthou my ee’ste oomblik innie klaskamer, saam’t twintig graad 4-leerders. Daar is niks wat vir jou eerlik kan prepare vir wanner jy oog-tot-oog kom met daai klein dingetjies nie! Ek’t baie research gedoen oo warrit bedoel om ’n English Foreign Language- (EFL-) onderwyser te wies, en ek’t baie hard vir my TESOL certificate gestudeer. Maar gloe my, nie een van daai dinge prepare jou vir daai oomblik wanner jy vir jou skoolkinners ontmoet nie! Daai ee’ste paar minute saam’t hulle is soe scary en humbling en pragtig oppieselfde tyd. Ek’t ’n PowerPoint presentation vir hulle gewys oor my liewe in Suid-Afrika, en my Korean co-teacher (sy het oek as vertaler opgetree) het gevra assie kinners enige iets vir my wil vra. Hulle het vir my die snaaksste vragies gevra. Waar kom jy vandaan? As djy allie pad van Suid-Afrika gevlieg’t, bedoel daai dat djy baie geld het? Het djy ’n kêrel? Hoe oud is djy?

Of course het hulle nie vir my soe in Afrikaans gevra’t nie! En daai was net die goeie dae. Dan was daar mal dae, wanner ek my hare wil uittrek want die kinners luister nie, en ’n mens kannie vir hulle stil maak nie, veral assit na middagete is. Dit was hokal in daai oomblikke wanner ek geleer’t hoe om dieper aan hulle te luister. Tussen aal die lawaai en aal die language barriers (ek kan nie Korean praat nie, en hulle kannie ’n woord van Engels praat nie!) het ek uiteindelik geleer dat djy nie ’n authoritarian onderwyseres kan wies nie, veral as sukke klein kinners ’n nuwe taal moet leer. Dis belangrik om ’n fun environment te create waar hulle kan speel mettie taal en leer oppieselfde tyd. Ek moes leer hoe om hulle curiosity te inspire!     

Meer as enige iets, ek’t waardeer die geleentheid om te sien, despite die feit dat djy die onnie is, hoe die kinners vir jóú iets leer! Dit was ’n extraordinary experience om daai life lesson overseas te leer. Die Canadian-American sanger Neil Young sê: “I crossed the ocean for a heart of gold.” Ek dink baie aan hoe daarie lyn my experience perfek beskryf, want dit vertel die storie van hoe ek moet allie pad oorsee gaan om daai pad van myself te access!  

Tasneem tydens haar prakties-onderrig vir haar onderwysgraad

Daa was anner klein goedjies wat ek vannie Korean culture baie waardeer’t, soes die emphasis oppie collective en die feit dat hulle doen niks alleen nie. Die hele skool iet saam’t mekaar innie cafeteria, en hulle spandeer nooit hulle lunch breaks alleen nie. Die mooiste vannie Korean rituals was hoe die kinners vir jou buig as djy verby hulle stap!

Hierie geleentheid het oek vir my geleer oo hoe die education system wêk vannie binnekant. Ko’t daa’na het ek huis toe gekom en ’n PGCE klaa gemaak (by daai tyd het ek gedink dat ek ’n voltyds onderwyser sal wies). Ek het baie belang gestel in hoe ’n system bestaan vir kinners en jongmense se development en learning. In my PGCE-klaskamer het ’n skoolhoof met ôs kom gesels en vir ôs geleer dat ’n skoolleerder se sukses is baie dependent op drie faktore – die samewerking vannie kind se familie, die skool en die gemeenskap rondom die kind. (Die African proverb sê: “It takes a village to raise a child.”) As een van daai dinge collapse, dan gaan die kind baie stadig progress, of die kind is teruggehou.

“Meeste vannie kinners kom van arme backgrounds, of single-parent homes. Hulle sien omtrent nooit hulle ma’s of pa’s nie want hulle ma’s wêk double shift om kos oppie tafels te sit. Daai selfde kinners het baie freedom innie aande omdat daar geen parental guidance is innie huis. Hulle blom oppie strate en raak deurmekaar met dwelms of gangsterism …”

As ’n mens aan daai drie faktore kyk, maak’t sin hoekom so baie skool kinners oppie Cape Flats nie goed doen nie despite die feit dat hulle in no-fees skole is. Meeste vannie kinners kom van arme backgrounds, of single-parent homes. Hulle sien omtrent nooit hulle ma’s of pa’s nie want hulle ma’s wêk double shift om kos oppie tafels te sit. Daai selfde kinners het baie freedom innie aande omdat daar geen parental guidance is innie huis. Hulle blom oppie strate en raak deurmekaar met dwelms of gangsterism in plaas van hulle huiswerk te doen, en in plaas van ’n grootmens wat by hulle is om hulle veilig innie bed te sit. In daai tipe omstandighede, hoe gaan dit met ’n kind goed innie liewe?

Baie onderwysers sal saamstem dat daai die rede is hoekom ’n onderwyser moet half-onnie wies en half-ma wies – om te cater vir daai kind se gaps in hulle emotional development. Geen intellectual development kan plaasvind sonner emotional development nie. Die development van ’n kind se emotional intelligence is oek dependent oppie quality van caregivers in daai kind se environment. Bo-op die feit dat ’n kind emotional intelligence nodig het ommie challenges oppie Cape Flats te navigate! 

Tasneem by haar klaskamer by Oxford English Academy in 2018

In retrospect observe ek nou dat dit nie ’n coincidence kan wiessie dat so baie vrouens – vrouens wat ma’s is – onderwysers is. Dit vat ’n ma om ’n goeie, geduldige onderwyser te wies. Jou kinners spend omtrent sewe ure per dag saam’t jou innie klaskamer. Hulle groet vir jou innie oggend en goodbye innie middag. Hulle iet nie sonner om juffrou se toestemming te hettie. Hulle doen nie hulle wêk sonner om juffrou se toestemming te het nie. Dan is daar die stoutes wat nie aanie juffrou wil luister nie, maar daai’s mos waar die sabr (Arabies vir “geduld”) in kom!  

Baie onnies besluit om hierie wêk te doen want ôs voel baie diep oorie state of affairs wat skoolkinners beïnvloed. Ôs doenit om iets positive te contribute aan die kinners se toekoms. Maar dissie altyd moontlik om daai contribution te fulfil nie. Die education system is gedesign in soe ’n manier waa die onderwyser so onner druk is om curriculum requirements te fulfil dat daar amper niks tyd is om individual aandag aan ’n kind te gie. Of assie curriculum requirements manageable is, kan die kind nie op hulle eie pace wêk nie – hulle moet wêk volgens die pace vannie education system. Klaskamers nowadays is so vol (amper 50 kinners!) en baie tyd wôd gespend op discipline innie klaskamer. ’n Baie groot challenge is oek ommie diversity innie klaskamer te manage. Ôs woon in ’n multilingual land, en sommige kinners is geforce om in Engels te leer as hulle ee’ste taal Afrikaans of Xhosa is. Die assumption is dat Engels die common taal is, maar vir baie kinners issit duidelik dat hulle sal beter leer in hulle huistaal.

Die algemene gemeenskap het baie respek vir onderwysers. Maar baie min mense wiet eintlik hoe moeilik dit is innie klaskamer. Die education system moet minner tyd spend om perferkte curriculums en klaskamermateriaal te develop, en meer tyd om onderwysers te support. In fact, hierie support moet vannie hele gemeenskap, en die hele government uitkom. Teacher-wellness days moet regularly georganise wôd, en die education system moet administration support vir onderwysers gie. Agter ’n suksesvolle kind is ’n onderwyser wat baie hard gewerk’t en baie sacrifices gemaak’t, op ’n professional en op ’n personal level, vir daai kind. Hoeveel mee kinners kan ôs ammal support as ôs gesonde en gelukkige onderwysers het?       

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top