’n Reflection op Slave Emancipation Day 2020 – hoe reconcile ôs met ôse slawegeskiedenis?

  • 1

Die hype around public en commemoration holidays is vi my personally soe snaaks want ek is altyd in conversation on a daily basis oo hierie topics, irrespective of whether or not dit ’n public holiday of ’n commemoration day is. Om iemand met slawegeskiedenis te wies is ’n baie complex ding indeed. Dis challenging en djy moet deur ’n klom generational trauma wêk, boe-op die feit dat baie van ôse cultural traditions kom van ôse slawe ancestors. Ek dinkie dat dit ’n coincidence is dat ek full circle in my personal development gekom’t nadat ek nege dae in Indonesië in 2016 gespend’t, die land van my ancestral roots. Ek sal nooit vegiet’t hoe ek in Djakarta govoel’t nie. Dit het gevoel – en ek exaggerate glad nie wanner ek soe sê nie – asof ek staar in die aangesig van Allah. Die sightseeing en die plekke wat ek gevisit het was beside the point.

Ek was mee fascinated en moved deur die Indonesian taal, die accents en die overall look en feel vannie locals wat rêrig vi my baie remind oo my eie mense, of rather wie ôs is, of wie ôs kon gewies’t as slavery en colonial forced removals nie gebeur’t nie.

’n Visit na sjeik Yusuf Van Macassar se keramat (graf) in Macassar, Mitchells Plain (Kaapstad), ’n famous imam en missionary van Sulawesi Indonesia

Daai vi my is die belangrikste lesson wat ek op Slave Emancipation Day observe. Hoe reconcile ôs met ôse slawegeskiedenis? Hoe navigate ôs oo ôse personal of cultural identities, en hoe voel ôs oo die feit dat ôs “moet” nog ôseself identify? Soe trots soes ek is om as “Malay” of “Cape-Malay” te identify, dit is oek ’n loaded en complex ding, want daa is nie ’n “Malay” of “Cape-Malay” box om oppie forms te tick nie – om die “coloured” box te tick voel nie reg nie, want “coloured” is ’n approximate term. Dan is daa nog die feit dat ôs “coloured” Muslim mense nie ’n “Muslim” box kan tick nie. Tot vandag issit ’n question as to whether government statistics accurately reflect die Muslim demographics – Islam is nog altyd’ie considered as iets wat South African is nie, alhoe exist die Muslim community op South African soil vir amper 400 jare!

Ek gloe baie in Maya Angelou se woo’de: “If you don’t know where you’ve come from, you don’t know where you’re going.” Daai’s hoekom ek die initiative gevat het om self Indonesië toe te gaan. Even once ek t’rug innie Kaap geland’t, het ek Indonesian taalklasse by die Indonesian Consulate (Wynberg, Kaapstad) begin (ek’t nog altyd ’n Indonesian-English translator op my cell phone!). Baie min mense wiet dat Afrikaanse woo’de soes “piesang”, “piering” en “kantor” kom eintlik van die Indonesian taal. 

Die famous Kaapse-Muslim phrase “tramakassie” kom oek vannie original Indonesian “terima kasih” wat bedoel “dankie”. In Djakarta, net soes innie Kaap, kan djy mense vind wat “Kassie, kassie Abba” vi die elderly taxi drivers noem innie straat. Niemand het vi my gesê ek moet hierie taalklasse vat – en daai’s geez die problem – ek moes self besluit om myself te educate, soes die famous Bob Marley oek in sy liedjies gesing’t: “Emancipate yourself from mental slavery. None but ourselves can free our minds.”

Ek’t baie oek oo my Muslim slawegeskiedenis geleer in Achmat Davids se The mosques of Bo-Kaap en Pages from Cape Muslim history deur Yusuf da Costa en Achmat Davids. 

My ma se signed copy van The mosques of Bo-Kaap

Achmat Davids het oek baie oo Samedia Van De Kaap, Salie van Macassar en Saartjie Van De Kaap gepraat in sy boeke, die famous Muslim female figures wat baie tot die development van Islam in Kaapstad gecontribute het. Sameda Van De Kaap was die co-founder van die Palm Tree Mosque in Langstraat, Kaapstad – tot vandag staan hierie gebou uit tussen die nightlife in Langstraat – ’n Muslim vrou wat ’n baie groot impact het op my liewe en my understanding van Islam. Yusuf Da Costa Allah-Ra-Gham was ’n famous imam en spiritual leader in Kaapstad gewies, en hy het my naam gegie by my doepmaal in June 1991 toe ek gebore is. My ma, ’n journalist in Kaapstad, het oek oo Achmat Davids in ’n ou Bo-Kaap magazine, Boorhanol Islam, geskryf – ek het baie childhood memories waa ek tag along saam’t my ma Bo-Kaap toe en ek sit met my crayons en colouring book tewyl sy met Boeta Achmat gesels. Soe hierie above-mentioned respected manne was eintlik belangrike historians, en ek liewe tussen die bladsye van hulle wêk the more I reflect and learn about my own cultural self.  

Dis oek amper Reconciliation Day (16 December), en die topic van healing en reconciliation is nog ’n loaded topic in hierie conversation. Wanner ek my PGCE (teaching certificate) by UWC in 2017 klaa gemaak’t, het ek baie essays geskryf oo decolonising the school curriculum ennie feit dat ôs nie rêrag ’n post-colonial society, of ’n true democracy is nie – ôs is nog besig om ôse self te decolonise – soe ôs is meer van ’n decolonialising society want die decolonisation process is continuous. Maa ja, my droom is oek om te sien die decolonisation process van die education system, particularly die English en Afrikaans high school literatuurvakke. Ek dink ôs kan nou officially ammal agree dat daa is net sóveel Shakespeare dramas wat ôs kan leer as ôs wiet dat daa baie talentvolle skrywers in ôse land is wat baie mee interesting content kan skryf en develop vir skoolkinners. Ja, ek is baie lief vi Romeo en Juliet se love story en Iago wat ’n evil but brilliant character in Othello is – die punt is ôs kannie net literatuur aankyk wat van ’n Eurocentic point of reference af kom. Ek’t oek ’n pact gemaak met myself dat ek oek mee children’s content moet skep, the kind that reflects stories oo empowerment, self-knowledge and shedding a light on marginalised communities.

Identity politics het die afgelope jare ’n baie hot topic geraak, en dis ’n direct reflection vannie feit dat ôsie baie tyd gehad’t om ôseself as ’n collective society te heal tydens die democracy nie. Daa is baie unexpressed pain wat gaan oo “wie se kind is ek?” en “waar behoort ek?” en “wie is my mense?” en “wat is my moedertaal?”. Daa is evens pain waa’oo ôs nie altyd conscious is nie – ôs kan hierie pain oppie Cape Flats in action sien – die pain wat gaan oo die feit dat “we might not make it outta here”. Daa’s all kinds of financial maa oek emotional en spiritual poverties wat binne in ôse mense woon, ennit kom van apartheid ennie slawe dae. Ek’t baie self-empowerment workshops gedoen waa facilitators en counsellors die initiative vat om mense te counsel deur hulle generational trauma – die losses wat mense experience deur die Group Areas Act se forced removals, for example. Ek wens ek ’n solution vi ammal het, en vi ammal troos en vi ammal remind dat ôs altyd, altyd die power het om ôseself uit die confusion te lig – maar die beste wat ek kan doen is die injustice en problems uit te roep met my woo’de mettie hoop dat iemand innie omgewing luister en saam’t my woo’de identify – miskien is daai die enigste hoop vir reconciliation wat ôs op Emancipation Day kan expect.  

Woordeskat

  • Allah – Arabiese term vir God
  • Muslim – iemand wat Islam beoefen
  • Imam – ’n Muslim-godsdiensleier
  • Allah-Ra-Gham – plaaslike term vir Al-Marghoom (Arabies), gebruik met verwysing na iemand wat deurgegee het
Lees verder:
  • Davids, A. The Mosques of Bo-Kaap. 1980. Institute of Arabic and Islamic Research, South Africa. Gedruk en gebind deur Cape & Transvaal Printers (Edms) Bpk. 
  • Da Costa, Y en A Davids. Pages From Cape Muslim history. 1994. Shuter & Shooter (Edms) Bpk.
  • Disney Indonesian-English Dictionary. Penerbit PT Gramedia Pustaka Utama Jakarta. Kompas Gramedia. 1996.
  • 1

Kommentaar

  • Shukran vir 'n baie interesting conversation. Wow, Tasneem ek respek en bewonder jou.
    Ek voel nou om Spain toe te gaan, want my oupa van my Pa se kant was 'n Spaniard. Ons weet niks van sy familie nie, en my hart brand om my roots op te soek. Ons twee moet ontmoet vir 'n lekker geselsie kanala.
    Baie tramakassie.
    Ek het rêrag die stukkie lees-stof diep gelees en ter harte gevat. Ons is nooit te oud om te leer nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top