Ôs woon innie middel vannie fourth industrial revolution, waa machines en technology ’n substitute is vir humanpower en human communication. Die amount of time ôs spend op ôse phones, ôse laptops en TV of social media sites soes YouTube en Netflix, is quite astonishing. Ôs behave met ôse phones soes Pavlov’s dog – die phone moet net beep dan react ôs! Technology baie hugely determine ôse day-to-day schedules en ôse lifestyles, en ek dink hierie social media frenzy contribute baie aanie “glorification of busy” waa ôs elke dag up-to-date moet wies met die latest. As ôs in ’n nuwe relationship is ennit raak official, dan maak ôs dit official op social media. As ôs job-aansoek doen, gebruik ôs social media platforms soes LinkedIn en BizCommunity om asap te network en information te kry.
Aal dinge innie liewe het pros en cons, en social media het oek baie pros en positive uses. Ek is baie thankful en happy dat die coronavirus pandemic gebeur’t op ’n tyd wanneer ôs kan op die online world rely – al hoe het’k nie baie van Zoom meetings gelike nie, Zoom was ôse saving grace (ek predict dat baie nuwe online meeting platforms gaan nou invent wôd tydens hierie pandemic). Maar oppie selle tyd kan ’n mens nie deny dat social media oek sy cons het. ’n Mens moet net die comments section lies, of jou eie unfiltered Facebook news feed lies, om hierie cons in action te sien. Cyberbullying, vi albei everyday mense en public figures, is baie common – name calling, skinnerstories, offensive memes wat woo’de onnorag omdraai vi comical relief en gebruik wôd oppie expense van mense wat ôs vrinne en familie kon wies. Dit shock my altyd, nie net as ’n social media user nie, maa oek as ’n mens wat woo’de gebruik vi ’n living. ’n Joernalis se wêk is altyd om woo’de en content baie carefully te use, en ôs moet altyd ôse wêk redraft – ’n process wat vi ôs force om ’n twiede en dêre keer deur te dink voo ôs dit publish. Maa dissie die case met current social media users ’ie. Daa is net een goal en dit is om die comments neer te sit to get it off your chest as soon as possible.
Ek dink baie t’rug aanie ou dae wanneer djy ’n letter to the editor moet skryf. Daa was baie specific guidelines oo hoe djy die brief moet skryf – diplomatic, formal, ennie message vannie brief moet clear wies. Dan moet djy die brief pos using snail mail (niks gmail of yahoo daai tyd ‘ie), ennie editing team moerit deurlies en ’n decision maak ommit te publish of nie. Most of the time as djy die opinion pieces in ’n mainstream koerant gelies’t, kan djyrit sien hoeveel tyd en dinkwerk gaan in ’n opinion piece. Many times kannie readers baie uit sulke koerantstukke leer, ennie message vannie opinion piece translate baie goed annie masses in ’n positive way – alhoe disagree djy saam mettie skrywer. Unfortunately kan ek personally nie dieselfde sê virrie skrywers vannie comments section nie. Die content wat innie comments section geshare word is nie necessarily ethical of well thought through nie. Baie conversations is emotional en argumentative in ’n degrading way (cyberbullying is altyd nogge goal). Social media debates kan ek ve’staan, maa social media debates issie governed deur formal debate rules nie, en social media users het free will of note to speak their minds.
In aflopende wieke het’k besluit om vi ’n lang tyd nie op social media te engage nie vir hierie reasons. Ek confess dat ek ’n bietjie van ’n information junkie kan wies, ve’al innie aan’e wanner ek my brain wil afswitch agter ’n lang dag se wêk. Maa ek kan net soveel selfies, memes en emotionally triggered posts aankyk. Sometimes unfollow ek die mense, maarit lyk vi my evens daai is nie ’n solution nie en ek moet my eira my social media time mee’ police, ’n anner less noisy social media sites gebruik of heeltemaal af van social media gaan.
Ek is dankbaar vi baie dinge inni liewe, maa vi niks mee as my writing abilities. Hierie wiek het my colleagues vi my remind oo the power of the tongue – whether written or spoken – en ek dink dis baie applicable aan hierie social media times wat ôs nou in woon. My ma, wat oek ’n journalist is en my ee’ste writing en reading onnie gewies’t, sê dat die wêk van journalists is communications op ’n baie high level, en ’n mens moet dit nie gebruik vi egotistical of unethical reasons ’ie – ek glo dat my ma has earned the right om daai te sê. Ek voel dat daai keypad wat soe familiar aan ôs is soes oxygen, is iets waa’voo ôs extremely careful moet wies. As ôs nie accountable kan wies met ôse woo’de nie, en as ôs nie ’n proper value system kan gebruik op social media nie – sê my ma oek – dan moet ôs eira t’rug hou en op anner plekke engage waa ôs mee accountable en aware kan wies oo ôse woo’de.
Om social media-literate te wies is baie belangrik especially during the fourth industrial revolution. Ôs ve’giet dat social media sites oek ’n archives section kan wies, en alles wat ôs sê is recorded in writing of kan op ’n anner tyd accessed wôd deur potential employers – in kôt is daa baie groot consequences vi jouself depending on hoe djy jou eie social media platforms gebruik. My fear is dat with time gaan civilisation baie degenerate want ôs gaanie mekaa of ôseselfs wil respect nie want die freedom of speech gaan mee’ priority wies as ôse eie value systems waa’op hierie freedom of speech moet gebase wôd.
Kommentaar
Goeie stuk skryf werk. Die idees is goed uitgedink en goed gestructure.
Meer belangrike is die importance om risponsibility te niem vir wat ’n mens vir ander mense sê en hoe.
Niemand het net die reg om Los en Vas rond woorde en meanings uit te spu sonder om verantwoordelikheid daarvoor te aanvaar nie.
Ek hou van die manier hoe jy byvoeg by Achmat David's se Straatpraatjies. Dit kan ’n nuwe dictionary word, ’n mectionary.