Hoe hettie lifestyle en cultural scene in Kaapstad ve’anner innie laaste 10 jare?

  • 2

Die nuutste gentrification en development innie Kaap gierie impression dat daa net liewe innie CBD moet wies, en djy kan net daantoe ry om leqqa te iet en geniet. Alle mense wat regularly innie CBD, en buite die CBD, blom sal wiet dat Tagore’s in Observatory die hot spot was vir poetry en jazz en Lang Street die hype van nightlife was. As djy out-of-town familie het wat vi jou innie Kaap kô kuier, niem djy sieker vi hulle straight V&A Waterfront toe waar hulle die unforgettable view van Table Mountain kan sien, of enige shopping mall innie Kaap wat bright lights en ’n McDonald’s het.

Maa nie meerie! Gone are the days wanner ’n mens moet honderde – ja, honderde! – rande spend op ’n aand uit innie CBD. Nowadays miet ek baie tourists wat wil graag gemeenskappe kuier as hulle hier op holiday is, en especially non-gentrified plekke waa hulle ’n taste van local en everyday life kan experience. Daar is baie non-gentrified kuierplekke wat popular raak innie Kaap. ’n Qwaai example is That Cake Lady wat in Bonteheuwel oepgemaak was deur Aneesah Seale in 2019, die Cape Flats se ee’ste koffiewinkel – ’n remarkable initiative vannie Cape Flats!

Baie non-mainstream mense stellie mee belang om klere byrie shops oek te koepie. Die nuwe in ding is om jou klere – elke dag klere, nie net Labarang klere nie! – by ’n local dressmaker of ’n tailor te maak. Al klink’t asof djy ’n klom tyd moet spend om fittings te gaan doen, issit baie meer worth it in the end. Die dressmaker maak ’n custom-made outfit vir jou in jou eie style in jou eie choice van fabric! Die dressmaker option is baie meer convenient, nie net vi mense wattie sky-high clothing prices kan afford’ie, maar oek want die clothing industry cater nie eintlikie vir mense se individuality nie. In klerewinkels is ’n mens forced ommie klere industry se tastes en shapes te adopt vi ôse selfs, selfs assitie jou passie. Ek gloe baie dat ôse mense se body image problems kom van die klere industry ennie unrealistic manier hoerie industry decisions maak oo hulle supposed customers se bodies.

Shopping malls raak oek degentrified om ’n different clientele te attract. Elke shopping mall het ’n salaah plek virrie Muslim customers, soes Vangate Mall, en selfs Cavendish Square, V&A Waterfront en Century City. Vangate Mall het oek ’n souk waar djy die beste Eastern wear kan kry en myeong stokkies in verskillinde fragrances. Nowadays kan jy oek soesji koep by halaal restaurante en food outlets oppie Cape Flats. Tien jaar geliede het Cape Flats mense nooit aan Japannese kos geraakie! 

Home en business lifestyles het oek ve’anner mettie invention van Netflix, Showmax en baie anner online platforms. Sukke online platforms gie vir ôs die geleentheid om ’n bioscope (’n mens kan selfs jou 6 o’clock soapie op YouTube kyk!) en businesses uit jou eie huis te create. Daa is baie mense wat suksesvol freelancers is en hulle ve’laatie hulle huise nie om hulle rent te betaal nie, soes online English teachers wat in dollars betaal wôd of hairdressers wat uit hulle eie badkames en sitkames werk!

Die online world is oek ’n knowledge centre wat vi mense die geleentheid gie om nuwe skills te leer. Type net iets soes “how to make crème brûlée” of “how to play bass guitar” in jou YouTube search engine, dan kry djy ’n klom options om op te click! As djy ’n regular traveller is, kan djy oek jou eie holidays op sekere apps beplan, soes Trip Advisor en Booking.com (downloadable op PlayStore). Onderwysers gebruik oek online footage in hulle klaskamers – djy kannie vir kinners iets leer nie sonner om die online world te reference nie. E-books is oek baie popular, en baie mense hou van e-books te lies in plek van boeke uit ’n winkel te koep.

Hierrie feite maak ’n mens dink oo assie gentrification worth it is, ve’al as non-mainstream die nuwe mainstream wôd, en baie mense crave mee affordable en DIY spaces in hulle liewens. Baie gemeenskappe wat naby of innie CBD bly – Bo-Kaap, Salt River, Woodstock – wôd uit hulle huise gesit is deur gentrification. Issitie ironic nie dat hulle ve’loo hulle huise aan commercial developments in ’n socio-cultural plek wat besig is om alternative routes en methods van traditional commercialisation te vat?

Lees meer oor That Cake Lady: https://www.news24.com/SouthAfrica/News/that-cake-lady-opens-cape-flats-communitys-first-coffee-shop-20190207

Woordeskat
  • Qwaai – ’n local term vir iets wat baie “cool” is
  • Labarang – local Maleise/Indonesiese woord vir die Arabiese term “Eid”, ’n feesdag om die einde van Ramadaan, die maand van vas, te vier, waar Muslim-mense hulle beste klere aantrek   
  • Salaah –  Islamitiese gebede wat Muslims vyf keer per dag uitvoer
  • Souk – Arabies term vir ’n “mark” of “supermark”
  • Myeong stokkies – Maleis-Afrikaanse term vir “incense”
  • Halaal – iets wat wettig is in Islam.
  • 2

Kommentaar

  • Andries van dr Walt

    Ek het die afgelope tyd nogal heelwat aandag gegee aan die skrywes in "Kaapse Afrikaans". Kan nie se dat die skrywes 'n groot indruk op my gemaak het nie. In die eerste plek is dit maar net die een herhaling na die ander van die vervelige politiek wat ons elke dag van lees of hoor.

    Maar wat my die meeste afsit van die kommentare is die "fake" Kaapse Afrikaans wat gebruik word. Dit word erg oordoen en miskien meng ek met die verkeerde mense wat veronderstel is om "Kaaps Afrikaans" te praat, maar ek hoor die taal waarin die rubrieke geskryf word feitlik nooit hier waar ek in die Strand woon nie. En dan wonder ek ook sommer wanneer die gedurige gekyf oor Afrikaans en sy voortbestaan gaan end kry. Afrikaans sal nie sommer doodgaan soos Giliomee glo nie. In Argentinie het Afrikaners die eerste keer in 1902 voet aan wal gesit. 'n Handjievol. Afrikaans het nog nie daar heeltemal uitgesterf na meer as 100 jaar nie. Ek het 'n tyd gelede met een van die nasate van die oorspronklike setlaars in Argentinie per telefoon gesels in vlot Afrikaans. En van die nasate is erg gretig om weer die taal aan te leer.

  • Tasneem Daniels

    Hi Andries. Dankie vir jou comment. Ek hoor jou. Onthou dat ôs praat altyd van ôse eie perspectives. Die width van ôse perspectives is altyd dependant op ôse ability om uit te luister virrie versions van taal en geskiedenis waaraan ôs nie gewoond issie. Miskien issit useful om die politics volume button af te draai net vir ’n bietjie ennie volume button op te draai om empathy te inspire, en om anner mense dieper te luister. Die Woordeskat in hierrie aa’tikel is ’n challenge, vi aal mense wat bereid is om hierrie aa’tikel te lies, en ’n reminder van hierrie konsep waarvan ek praat. Ôs kannie net oor politics argue as ôsie bereid issie om te mutually engage vannie anner mense te perspective wat voor ôs sittie. Food for thought! Hoep djy is veilig innie huis tydens die lockdown.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top