Oo jack hammers, hummingbirds ennie woo’d “passion” onner ’n microscope

  • 0
...
Ek is baie proud oo my achievements, maa in hierrie stage van my liewe wil ek net my liewe enjoy en my achievements enjoy sonner om exhausted te wies deur my passions, sonner om onner pressure te liewe. Ek wil net oukei wees mettie feit dat ek ’n dag of drie kan af vat om nie op my passions te focus en oukei wees daa’mee.
...

Daa was een dag in my teachers practical by Pinelands High School in 2017 wanner ek met ’n graad 11-klas gepraat’t net wanner hulle hulle job shadow period klaa gemaak’t – ’n paa dae wanner hulle ’n break vat van skool en narrie working world toe gaan om inspiration te kry virrie toekoms na skool. Ek het ’n brave gesig opgesit en voorie klas gestaan en vi hulle probeer inspire om hulle creative purpose te vind, om hulle direction te gie ommie regte choices te maak vi hulle toekoms. Obviously het ek t’rug gedink na my eie high school years en hoe my ouers nie supportive was om hulle dogter te encourage tot ’n career innie arts nie. Take back your power they say – nou wassit my turn om hierie jongmense ’n sense of mentorship te provide om hulle authentic journeys te follow.

In my PGCE-klas het ôs oek oo Recognition of Prior Knowledge gelee – hoe om jou existing knowledge te gebruik innie klaskamer ommie students te engage. Soe immediately reference ek iets innie klaskamer wat Elizabeth Gilbert in haa online interviews altyd oek praat – jack hammers en hummingbirds. According to Elizabeth Gilbert, ’n jack hammer – it’s all in the name – is usually mense wat ’n clear passion in life het. Djy kan vi hulle gou identify, want hulle maak baie lawaai daa’oo en hulle is baie noticed en rewarded deur society. Hulle is mense wat top of the class is innie skool, of miskien is hulle baie talented en famous, hulle wen awards en hulle compete regularly met hulle counterparts om ’n naam te kry in hulle respective industries.   

Dan is daa humming birds – ’n groep mense wat nie ’n specific passion innie liewe hettie. Hulle cross-pollinate van blom tot blom, en soes Elizabeth sê, hulle move tussen trap doors en tunnels soes circus artists going absolutely nowhere and anywhere and everywhere sonner anxiety. Die stakes vi humming birds issie baie hoeg nie want, unlike jack hammers, hulle measure nie hulle success tien die feit dat hulle moet ’n race wen. In my personal opinion, ek dink dat as daa ’n race was, sal humming birds hands down die race vi authentic creative living lankal wen, want hulle is heeltemal mee versatile en open vi possibilities. Om ’n jack hammer te wies is baie exhausting, en ek kan imagine hoe humming birds vi jack hammers ha’d lag, want humming birds sallie ve’staan hoekom jack hammers die liewe soe serious vat nie. 

Om hierie concepts te ve’staan was obviously ’n interesting challenge vi hierie age group. From time to time het hulle uitgebas vannie lag, want om hulleself te imagine as ’n hammer of ’n voël was funny. Dan het’k deurie klas gegaan en bietjie gehoo by watter plekke het hulle gaan job shadow. Een het gesê dat sy by ’n marketing company gegaan’t, ’n anner een het gesê dat hy by government geshadow en heel niks by government gedoen hettie (daai een het oek ’n paa laggies uit die klas gekry). All in all was hierie graad 11-klas een vannie top-performing klasse in hulle graad, soe even though het som van hulle identify as humming birds, of “humming hammers”, wassit oek clear dat daai klas ’n baie clear-headed en directed groep gewies’t. Ek het niks doubt gehad dat hulle die regte decisions gaan maak vi hulle toekoms.

Although was ek altyd iemand met ’n clear passion in life, het ek oek ’n bietjie closer geluister aanie reasoning van Elizabeth Gilbert, wat oek ’n skrywer is, en hoe sy die limitations explain van ’n life wat baie narrowly defined is deur ôse passions wat vi ôs jack hammers soe precious is. Jou passions kan jou liewe oo’vat, en nourat ek in my 30’s is, lee ek mee en mee hoe careful ek moet wies om soe addicted aan my passions te wies. Om jou passion te volg beteken most of the time dat djy tyd moet opgie, slaap moet opgie, om jou passion uit te liewe – dit vra baie uit jou om dit ’n serious ding te vat. Ek is baie proud oo my achievements, maa in hierrie stage van my liewe wil ek net my liewe enjoy en my achievements enjoy sonner om exhausted te wies deur my passions, sonner om onner pressure te liewe. Ek wil net oukei wees mettie feit dat ek ’n dag of drie kan af vat om nie op my passions te focus en oukei wees daa’mee. Ek wil oek oukei wees mettie feit dat ek nog altyd ’n normal healthy well-rounded persoon kan wies in spite of the fact dat ek ’n baie accelerated, passion-driven liewe volg.

Obviously varrit tyd om hierie balance in life te vind, iets wat ek gloe nou, vyf jaa na daai klas by Pinelands High School, sou daarie kinners nou geleer’t. En by no means is ek heeltemal balanced all the time – ek drink nie agt glase water per dag nie, en mee as ooit iet ek takeaways na ek soe proclaim dat ekkie mee processed foods consume nie. Die ve’skil is dat ek wiet nou waa point zero is, the middle ground, en my mission vi creative living is pretty much om daai middle ground te maintain te’wyl ek my passions further volg.

Nogge ding oo jack hammers. Dis soe easy, as djy heeltemal confused is en nie clear is oo jou innie voice of wisdom, ommie naaste en most annoying jack hammer te luiste en hulle woo’d verbatim te vat. Dié is oek iets wattie general public moet critical oo wies, want ôs kan baie gou op-latch aan mense wat ’n “brand of certainty” preach kaantie praat hulle net van hulle eie passion reference point, en hulle kannie aanie general public relate’ie. Die tipe questions ôs moet vra is whether Julia Roberts of Jamie Oliver die benchmark moet wies as djy ’n aspiring public figure innie entertainment industry, of ’n world-renowned sjef wil wies. Julia is een van my favourite actresses to watch, ja beslis, maarit bedoel nie dat Julia of Jamie se recipe vi success sal vi ammal wêk nie. If anything, die point is dat djy moet brave genoeg wees, stubborn genoeg wees, om jou eie recipes te skryf, en om te experiment om jou eie voice te vind – up until then you are just following the voice of the nearest and loudest jack hammer in your midst – en ek wiet vi ’n feit dat djy beter as daai kan doen.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top