Sampai Jumpa Lagi, Indonesië – Memories van my 2016-trip Indonesië toe

  • 2

Dit was Augustus 2016, innie mirrel vannie monsoon rain season, en’k was by Central Park Mall, naby Tomang in Djakarta, Indonesië. Ek was net klaa met my shopping virrie dag. Ek het binne in ’n Bluebird cab geklim – in Indonesië is daa altyd iemand, soes ’n valet, om vi jou ’n cab te kry – toe hoo ek die valet vi die cab driver bedank mettie mooiste Bahasa Indonesian phrase wat’k ooit gehoor’t: “Kassie, kassie Abba” (Indonesian vi “dankie, dankie, pa”). Vi ’n gewone Indonesiër was daai moment sieke maa insignificant, maa vi my herrit bedoel dat ek finally byrie huis was in Indonesië – “tramakassie” is ofcourse ’n derivative vannie famous “terima kasih” (Indonesian vi “dankie”), ’n phrase wat met Kaapse mense baie connect.

As ek soe t’rug dink, kan ekkie gloe waa ekkie courage gevind’t ommie strate in Tomang net soe te loepie – en Djakarta issie die veiligste plekkie. Twie Nederlandse vroue wat’k by Tomang Residence, die guesthouse waa ek gebly’t, ontmoet’t, het gesê dat hulle was robbed innie strate. Daai was sieke hoekom soe baie Indonesians vi my “hati hati” (“wies versigtig”) gesê het. Ek kan net dink dat die rede hoekom daai nie met my gebeur’ie is omdat ek soe mettie locals in Djakarta geblend’t, en dissie net ek wat soe sê nie. ’n Indonesian vrou wat ek net ’n paa wieke in Seoel in Suid-Korea ontmoet’t – ek het vir ’n jaar as ’n onderwyseres daa gewêk wanner ek besluit’t om Indonesië te besoek – het annie begin van Ramadaan, sonner om te knip, vir my gesê in haa moedertaal: “Selamat Menunaikan Ibadah Puasa!” (“Sê vir my nou, was daai nie ’n invitation vannie universe om Indonesië te gaan visit nie?

Byrie winkel in Tomang

Straatkos naby Tomang Residence

’n Baie goeie vriendin het vi my gesêrat ’n mens moet nooit jou travel opportunities for granted vattie want daa is tye wanner djy net parts of yourself kan access wanner djy op travel is, en sy was spot on. By the time I landed in Indonesië ek’t al klaa in Suid-Korea vi vyf maande gewoon, ennit was eintlik waa ek my travel cherry ge’pop – ek het allie jet lag en allie culture shock uit my system gekry. Wanneer ek in Djakarta was, was ek heeltemal fearless – niks kon my toe keer nie! Op ’n random aand toe raak ek honge en ek’t besluit om kos te koep byrie nearby street vendor, maa hulle was al klaa toe. Toe loop ek innie pikdonker main road toe om ’n cab te kry Domino’s toe vir ’n pizza. As ek ooit bang was, ek kannie onthou nie, maa dan was Domino’s toe, toe beland ek by KFC – or at least die Indonesian version of KFC! Dit was ’n anner soo’te KFC, daai – ek onthou daa was rys oppie KFC menu.

Die climax van my holiday was wanne ek Yoos en Rico, a chef en ’n businessman, byrie Betawi Festival ontmoet het. Hulle name was my vi baie interessant – hulle’s albei Muslims, maa hulle hettie Arabic name soes ôs innie Kaap nie. Dit was ’n Saterdag- of Sondagaand, en hulle het met my gesit en saam koffie gedrink. Dit was vi my die most entertaining conversation wat ek ooit op travel experience’t – aside van wanner ek my Korean kinners hoo try om Engels te praat ofcourse! Ôs het vi ure daa gesit en oo niks in particular gepraatie, maa ek was soe engaged innie conversation – die manier hoe hulle Engels praat met hulle Indonesian accent, en hoe ek spyt gevoel’t dat ekkie genoeg Bahasa kan praatie en nou moet ek rely oppie klein bietjie Engels wat hulle het ommie conversation te enjoy. Dan was daa oek ’n man van ’n rural area wat oek daa met ôs gesit’t – ek kan nie nou sy naam onthou nie – maarit het vi my gelyk asof hy oek daa was om sy products te display. Hy het traditional Indonesian klere gedra en ek’t hom gematch met my nuwe toppie wat ek net ’n paa dae voo daai by Tana Abang gekoep’t!

Ek saam’t Yoos, Rico en die manne by Betawi Festival

’n Javanese groep byrie Betawi Festival

Ek en Yoos het mekaa gevind wanner ek ’n paa daa voo daai kos gekoep by sy food truck – hierie food truck en exhibition was right oo’kant Istiqlal Masiet, die grootse masiet in Southeast Asia. Die vendors byrie food truck konnie Engels praatie, soe hulle het vi Yoos gestuu na my toe met my kos. Hy en Rico was baie vriendelik, en hulle het vi my multiple koppies koffie gegie en oek my blikkies honey toe ge’bubblewrap wat ek by Rico gekoep’t.

Needless to say, die hospitality trait innie Indonesians was die grootste highlight, en oek hoe relaxed hulle is mettie liewe. Byrie Betawi Festival herrit baie gerien en daa was ’n groot flood wat die hele festival programme tot ’n pause gebring’t. Die musiek, die flow van mense mingling tussen die markets – alles het tot ’n stop gekom. Ek het begin panic want ek het net flipflops gedra en my voete was vuil en nat. ’n Mens is nooit sieker watter klere te dra in daai season nie, want al hoe rien dit, dis baie humid en warm! Ek het getry om uit die flood te kom, maarit was completely pointless, toe kyk ek op ennie mense was glad nie bothered nie. Hulle het net aangegaan soes normal, en hulle het net gelyk as of the thing that made most sense to them was om te wag virrie rien te stop en klaa. Maa somewhere, somehow tussen die rien het ek ’n baie nice Javanese groepie gevind en hulle’t vir my klappertaart (Indonesian vir “klappertert”) en beef lasagne ve’koep vi 20 000 Indonesian rupiah – omtrent R21. Hulle was oek kind enough om vi my ’n stoel en ’n tafel te offer sodat ek kon klaa iet onner hulle dak until such a time toerie rien kon stop.

’n Indonesian 50 000 rupiah note = R53,23

Klappertaart on sale byrie Betawi Festival

Ek was oek lucky om anner mense te ontmoet – ’n vrou van Australië wat oek cultural roots in Indonesië het, and to my surprise Rushaan Philander, ’n vrou van Kaapstad wat op CTV gewies’t! Rushaan het my Facebook post gesien met pics vannie motorbike traffic in Djakarta, toe het sy vir my randomly ge’inbox en ôs het leqqa koffie gaan drink by Starbucks. Ek was die happiest girl in the world – Indonesië het obviously in ’n baie kort tyd vi my ge’welcome.

Ek en Rushaan Philander by Central Park in Tomang

For some reason ek konnie gewoond raak aanie kos, though. Die peanut sauce mettie gebraaide chicken – ayam dan saus kacang – was nettie my smaakie. Ek was oek lucky om ’n free meal byrie National Museum te vind – rys, beef en sambal. Die sambal, ’n tipe green chilli chutney, was amper soes my ma’sn. Sambal, soes uiweslaai wat ôs met breyani iet, is oek baie popular innie Kaap. In baie anner plekke was daa constantly signs van Indonesian mense wat soe relaxed is – die manne in business suits by ’n restaurant wat leqqa cigars roek soes daa niks môre issie.

’n Man byrie National Museum in traditional Indonesian klere

’n Map vannie Indonesian Islands byrie National Museum

Performance byrie National Museum in Djakarta

Spog met my Indonesian roots byrie National Museum

My hart was stukkend wanner ek t’rug Korea toe moes gaan, want ek hettie baie in Korean society integrate soes in Indonesië nie – that says a lot, want ek was net in Indonesië vir nege dae en ek het in Korea vir 10 maande gebly! Ek onthou wanner my plane in Seoel geland’t en ek’t straight narrie exchange bureau gegaan om my Indonesian rupiah te exchange vi Korean won – ek’t in my wallet gekyk en my maag het net ge’drop. As ek kon sal ek die res van my travelling journey in Indonesië gespend’t voo ek t’rug Kaap toe moes kom. Maa one thing’s for sure is dat my tyd in Korea was norag voo ek Indonesië toe gaan. Ek moes lee dat Indonesië ’n Asian land is net soes enige anner Asian land; dissie net die home van alle Cape Malays in isolation vannie res van Asia nie. Ek dink as ek Indonesië toe getravel’t straight vannie Kaap, miskien sou ek baie restricted Kaapse expectations van Indonesië ve’wag’t. Ek kan oek tramakassie vir Korea sê, want eventually het ek ’n international magazine gevind, Gwangju News, wat baie interested was om oo my travel te hoo in ’n aa’tikel!

My aa’tikel in Gwangju News

Maa toe in 2018 het ek darem die Indonesian Consulate in Wynberg in Kaapstad gevind, en dan wassit soes ek ’n bietjie van Indonesië in Kaapstad gevind’t. Kot daa’na het ek Kelas Bahasa Indonesië gejoin waa ek ’n bietjie vannie taal kon wee practise, en ôs het evens op ’n outing gegaan keramats toe. Dit wassie cherry on top vi my gewies, om ’n nice groep te vind in Kaapstad wat net soe strongly oo ôse Indonesian roots voel. Tydensie lockdown issie klasse nou online, maa ek practise nog altyd die taal op Duolingo, ’n language app downloadable op Playstore.

’n Healthy glow agter ’n paa maande van travelling!

Is nou amper vyf jare since my trip Indonesië toe, en ek kannie genoeg express hoeveel ek die plek miss. Ek exaggerate glad nie wanner ek sê dat my visit na Indonesië het gevoel asof ek innie gesig van Allah staar – to experience “the source” is unlike enige iets wat djy ooit kan experience! In June hierie jaar is my dêtagste birthday, en ek wil graag Indonesië wee gaan visit. Maa ek’t gerealise dat Indonesië, net soesie res vannie wêreld, try oek vannie bad effects vannie coronavirus te recover, en miskien issie land nie op sy beste right now. Maa eendag innie near future wil ek wee daa gaan, en oek ommie Ubud Writers & Readers Festival in Bali te attend om saam’t anner creatives in and around Indonesië te network. Tot dan sal ek vi Indonesië “sampai jumpa lagi” (“see you later”) sê – want ek wiet ôs sal weer mekaar ontmoet!

Woordeskat

  • Ramadaan – die jaarlikse vasmaand vir Muslims
  • Selamat Menunaikan Ibadah Puasa – Indonesian vi “Happy Ramadaan”; oek bekend as “Ramadaan Mubarak” in Arabies
  • Masiet – die plek van aanbidding vir Muslims
  • Keramat – ’n Heilige graf waar die Indonesiese Muslim-voorvaders in Kaapstad begrawe word
  • Allah – Arabies vir God
  • 2

Kommentaar

  • Avatar
    Abdul Kamal Fryddie

    Assalamualaikum. Sjoe! Dit was sowaar 'n mondvol! Ek was nog nooit in Indonesië nie, maar dit is 'n begeerte, veral omdat ek en my vrou in 2018 en 2019 onder andere twee Keer in Maleisië was. Albei kere met 'n groep toeriste. Die tweede keer, 2019, het ons egter van die groep weggebreek en gereël dat 'n voorgestelde kontrak-persoon ons meer van dié land wys, daar waar toeriste nie geneem word nie. Ons was tuis by die Melia Hotel in Kuala Lumpur, en dis daar waar dié kontrak-persoon, 'n skoolprinsipaal nogal, ons kom optel het en ons onder andere na haar woonbuurt, Klang, geneem het. Daar het sy ons aan haar familie voorgestel. Haar huis is so skuins oorkant die masjid. Sy is lid van 'n organisasie wat na weeskinders omsien. Ons het na die masjid gegaan vir Asr salaah. Ná die salaah was daar 'n onthaal vir weeskinders. Toesprake is gelewer deur verskeie lede van die organisasie, alles in Malayo natuurlik. Elke kind het 'n koevert met RM1500 ontvang, dit was 'n bydrae ten bate vir skooldoeleindes. Weeskinders word nie in weeshuise aangehou nie, maar word deel van verskillende families. Daarna het ons, soos op die ou Kaapse manier, op die vloer gesit - mans eenkant en vrouens anderkant, en Maghrib geëet. Ek was baie uitgevra oor Suid-Afrikaanse muslims, maar ek het net klem gelê op Kaapse muslims. Die Maleise vrouens was verbaas dat my vrou net soos hulle geklee was, die gewone Kaapse Tietie-manier van aantrek. Ons het Maghrib gemaak en daarna het ons gasvrou vir die dag ons terug hotel toe geneem. Dit was inderdaad die hoogtepunt van die hele toer, wat ook Singapoer, Batam-eiland van Indonesië, Thailand en Dubai ingesluit het. Ek kan so 'n bietjie bahasa Malayo praat, dit is net Soos Indonesies. Oral hoor jy net "terima kasih, sama sama, tamaaf", ensovoorts. Was dit nie vir Covid nie, sou ons reeds verlede jaar weer in daardie deel van die wêreld rondgedwaal het.

  • Avatar
    Tasneem Daniels

    Tramakassie, Boeta Abdul Kamal. Dis wonderful om te hoor dattie aa'tikel jou memories van Malaysia opgebring't. Next time moet ammal van ons saam gaan Malaysia en Indonesia toe, Inshallah!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top