Wanner ek my Creative Writing module by UWC in 2013 klaa gemaak’t, het Meg, ôs lecturer, vi ôs “Responsibility”, ’n poem deur Grace Pailey, gelee en vi ôs gesê om ôse eie writer’s responsibility pledge te skryf – ’n writer’s vision en mission, iets wat djy op jou muur moet sit en wat jou writer’s journey guide. Ek kannie for the life of me onthou wat ek daai dag in Meg se klas geskryf’t. Maa ek onthou beslis hoe blocked ek was een dag in 2017 wanner ek in South Korea gebly’t. Ek was soe overwhelmed met niewe cultural experiences dat ek vi ’n lang tyd nie geskryf’tie – toe het ek heeltemal blocked geraak. Dit was obviously tyd om wee ’n pen innie hand te kry en ’n bietjie te skryf agter ’n lang tyd van net travel.
Dit het ’n paa dae of wieke gevat, maa ek’t eventually bieter gevoel. Skielik het ek onthou die writer’s responsibility ding wat Meg vi ôs gelee, en suddenly het ek in daai moments ve’staan, wanner my kinners uit die klaskamer gehardloep’t en ek was alleen by my computer, hoekom die writer’s responsibility pledge important vi skrywers is. Want djy sallie slaapie as djy nie skryfie, want djy sallie wiet wat met jou aangaan nie, maa djy sal wiet iets is ve’keed, want jy sallie kan aangaan sonner om te skryf nie.
Toe proceed ek om ’n niewe version van my writer’s responsibility te skryf. Ek het myself gepromise dat as ek nie elke dag kan skryf nie, moet ek regularly enough skryf om innie flow te bly. Ek het gepromise dat ek baie careful sal wies met wie ek my skrywery deel, en die grootste condition is dat enige iemand wie my writing sal crit moet integrity het en my beste interests at heart at all times het. Ek het gepromise dat my creative calling sal nooit ooit wies iets wat my liewe stressful gat maak, ennat creativity altyd my vriend sal wies.
Om ’n writer te wies wat fortunate is om success te experience bedoel oek dat djy regularly met jouself in-check om sieker te maak djy altyd authentic is aan daai writer’s pledge. Dis norag especially wanner djy ’n known writer is met ’n audience, en although ek my readers en viewers van my wêk love, dis important om honest met jou audience te wies dattie storie ennie writer’s intention moet van binne (nie buite) uitkô.
Nourat ek innie professional arts industry wêk wonner ek somtyds oo whether artists hierie artist responsibility ve’staan, especially in relation to the economic, social en political challenges waa’in ôs woon. Ek gloe dat artists, ve’al writers, is actually pa’t vannie thought leaders van ôse generation, want die artist het die ability om niewe wêrelds te imagine en humanity te access in ways dat scientists en realists nie hettie.
Soes Elizabeth Gilbert en Brené Brown sê, “Unused creativity is not benign”, en om ’n successful artist met ’n voice vi change te wies require dat djy aware moet wies van jou natural talents en productive te wies daa’mee virrie betterment van jouself en society.
Die hustling artist mentality is nou iets waamee ek nooit sal identify nie – needless to say ek sal nooit daai ’n pa’t van my artist pledge maak nie. In Elizabeth Gilbert se Big magic praat sy baie oorie feit dat sy altyd baie jobs gehad’t to make ends meet want sy sal nooit haa skrywery onner druk sit ommie rent te betaal. Ek resonate baie met hierie een, en ek gloe dat artists moet ’n sense van resourcefulness lee – professional fundraising skills, business en entrepreneurship – om geld te ver’dien uit hulle idees, of plain en simple ’n 9-to-5 job hou. Daa is niks ve’keed om ’n full-time job te het en in fact wanner djy jou bills kan betaal is daa minner stres in jou liewe en mee tyd vi skryf anyways.
Die tortured artist mentality is oek ’n baie popular ding waamee ek nie sal identify nie. Baie artists round the world, vannie meeste successvolle enes tottie most unknown ones, kan relate aan hierie een – identity crises en allerende personal war-cries wat die artist justify om nie responsibility te vat vi hule liewens en om in hulle eie toxic mindsets te bly en woon. Die “rek jou bek” social media culture waarin ôs woon contribute oek annie confusion om warrit bedoel om jou stem productively te use – dis hoekom ek ’n proud advocate is van social media literacy. Big magic het oek vi my gelee hoe om in conversation met jou creative spirit te wies – dis belangrik dat djy soes ’n ma aan ’n kind met daai tortured artist energy praat en vi hom discipline en mooi en firm sêrat djy in charge is. Big magic praat oek oorie feit dat fear altyd in ôse pa’t is en dat invention en creativity sal altyd ôse fear provoke because dit haal jou uit jou comfort zone – soe hoe om conversations te het met jou fears is oek norig as djy ’n productive artist wil wies.
By Yusuf Daniels se writing en publishing workshop in 2021 het Yusuf gesêrat mense sallie ve’staan what exactly keeps us writers motivated – die idees wat in jou kop liewe demand dat hulle wil deur jou manifest. Die idea van “unused creativity is not benign” is vi my soe mooi, want dit challenge die artist om self-aware te wies en om hulleself successfully te direct.
Ofcourse is daa baie economic challenges vir artists – die Covid relief fund hettie ôse artists baie uitgebail nie. En ek sal ee’ste innie queue wies om vi artists op te staan vi bietere pay, bietere working rights en bietere protection van government structures. Maa die nature van artistry is nie net ’n economical ding nie – most artists sal saamstem dat die choice om artistry te doen was mee van ’n inner spiritual calling – en ek gloe dat artists moet hulle wêd en responsibility behoorlik ken en ve’staan wanner hulle daai calling honour in relation to the world around them.
My droom is dat artists worldwide moet hulle eie sense of artist responsibility onthou en deliberately practise soes ’n dief wat innie nag wêk of soes ’n pregnant ma wat haa unborn baba vi nege maande koester. Daa is soeveel wêk wat ôs moet doen, stories wat ôs moet skryf en act en produce en direct, soeveel films wat ôs moet maak, soeveel poems in baie different tale wat ôs moet skryf ommie wêreld bieterer te maak. Soes Grace Pailey sê, “It is the responsibility of the poet to stand on street corners, giving out poems and beautifully written leaflets, also leaflets they can hardly bear to look at because of the screaming rhetoric.” Ek wonner altyd hoeveel “screaming rhetoric” sal nie gehoo wôd want die artist in question hettie die memo gekry dat hulle moet agency het oo hulle stemme. Die wêreld sal net in full circle kom mettie help vannie artists as artists die memo behoorlik ve’staan en hulle stemme propel innie direction vannie greater good.


Kommentaar
Baie dankie vir die herinnering dat ek moet skryf. Ek het kamlaaik 'n vision board laasjaar gemaak en kan byvoeg ek het meeste van my skryfwerk en bietjie meer achieve. As iemand wat nie skryf gestudy het nie, moet ek constantly myself remind om tyd te maak vir my undercover writing, want dit hou my ytie slaap, as die stories dwaal in my kop. Hou aan met jou inspirational, sebliefie tog.