Pe ongeluk oo my inner comedian gestumble – The Funny Zone en allerande funny business

  • 0

Een vannie dinge wat vi my surprise’t oo Miela’s Box was hoe funny die audience die play gevind’t. Ek’t eintlik daai play geskryf van ’n baie serious plek binne-in my – ek wou comment oppie consequences van families wattie belangrike family issues resolve voodat familie deaths gebeur nie, en op various Muslim female familie perspectives. Ek gloe ek’t daai objective achieve, maa dan was daa tye wanner die audience net heeltemal uitgebas’t vannie lag – en op random tye wanner ek was like “Maa nou hoekom was daai funny?”

Zenobia Kloppers, die actress wat die lead role van Miela Hendricks innie play gespeel’t, het agterna vi my gesêrat ek ’n baie funny skrywer is. Of course was ek dumbfounded – I don’t know this about myself. Op random tye in day-to-day life sien ek hoe mense vi my lag as ek iets funny oor ’n koppie koffie sê, maa ek’t nooit gedink dat dit ’n reality sal wies in my stories nie. On the other hand, part vannie funniness was hoe brilliantly Zenobia ennie res vannie cast – Gary Naidoo en Liandé Valentyn – die characters van Miela, Salie en Baby oo’gedra’t oppie stage. Maa evens dan het Zenobia oek vir my gesê: “I wasn’t trying to be funny, I was just being Miela!”

Die debut van Miela’s Box was ’n comedy gold mine en ek hettie eens gewietie!

Obviously het hierie knowledge vi my nou op ’n trip gesit – ek wou tottie bottom van hierie ding kom om te ve’staan hierie funny business waamee ek nou associated is. Comedy is my favourite genre van kleins af. Ek’t baie soapies met my ouma gewatch, maa dan wassie 7 o’clock comedy sitcom slot op SABC 1, 2 en 3 my favourite op weekdays – My wife and kids, Sabrina the teenage witch, Mind Your language en of course die local favourites Madam & Eve op etv en Fishy Fêshuns.

Ek en Lee-Ann van Rooi, ’n Fishy Fêshuns cast member

Actually dink ek dat my choice van TV shows hettie baie oorie jare gechange nie. Comedy is nog altyd my ee’ste choice. Ek’t altyd Big bang theory, Modern family en How I met your mother gekyk, en ek is altyd baie lief vi Friends (Lisa Kudrow is my comedy superhero!). Recently het my vriend vi my downloaded episodes van The Kumars at no 42 gegie, ’n ou BBC interactive comedy talk show, and my world has never been the same! Ek’t vi Meera Syal uiteindeluk discover – jammer Lisa Kudrow, maa djy moet maa die comedy superhero title met hierie queen share, want die Indian auntie is COMEDY GOLD!

Die style en way hoe Die Kumars at no 42 die show execute was oek vi my interesting. Die show het ’n interactive feel gehad, en ’n mens kan gevoel’t dat hulle praat nie according to ’n script nie. Dié was baie cool, want ek kon vi Meera Syal se character in ’n unique way lee ken. Sy is glattie ’n traditional auntie nie, en sy express haaself in ’n manier (ek wag nog altyd vannie res vannie storie oor “Sarawati, the bicycle”) waa djy kan sien hoe relaxed sy is – soe relaxed dat sy nie bang is om die guests vannie talk show te vra vi ’n foot massage nie!

Dan is daa oek Oh, hello on Broadway, ’n Netflix show wat ek recently gewatch’t – oukei, ek herrit oo en oo gewatch want die writing vs die acting is soe brilliant! Nick Kroll en John Mulaney speel twie fictional characters, Gil Faizon en George St Geegland, characters wat hulle develop’t by ’n comedy club in New York City. Oh, hello on Broadway is oek ’n interactive comedy show, ennie way hoe hulle sarcasm (oek ’n typical trait in Chandler, die Friends character), exaggeration en irony gebruik is soe snaaks. Innie introduction vannie show sê George St Geegland: “Theatre is the hot new thing right now – there’s Hamilton and no other examples!” en Gill: “I am a Tony Award viewing actor.” Somtyds lag ek, somtyds issit amusing en ’n tickle-my-brain ding.

Toe het ek uiteindelik The comedy bible by Judy Carter opgetel, ’n boek wat ’n artist colleague vi my gegie’t. Judy is ’n excellent comedy teacher.

Daa’s ’n stuk uit die boek wat gaan oo The Funny Zone – djy moet identify waa en met wie djy was wanner djy “the laughs” gekry’t of vi iemand gelag’t. Wanner ek hierie ding gelies’t wassit soes ’n blindfold wat ek neergesit’t – ek het begin sien hoe baie is ek innie funny zone. Recently het ek Teletubbies op eToonz gekyk – die feit dat ek hierie show in my free time gekyk’t is sieker al klaar snaaks. Al vier vannie Teletubbies get ’n prop virrie audience gewys. Tinkiewinkie het ’n klein handbag, Dipsey het ’n hat op sy kop, Po het ’n scooter en Lalla het niks – sy’t haar ball ve’giet. Toe ha’loep al die Telebubbies all over Teletubby land om Lalla se ball te soek. Hulle het op random tye gestop en binne-innie kamera geroep: “Where Lalla ball?”, dan boing-boing bounce die ball agter hulle rug en wanner kyk hulle wee issie ball weg – ek’t aaneen gelag vi hierie silliness.

Finally het hulle Lalla se ball gevind!

’n Paar maande geliede het my landlady se klein 8-jaar-oud-seun gesê: “It’s winter so we must wear long-sleeve pants to school.” Ek suppose die was sieka part van The Funny Zone waa’oo Judy innie boek gepraat’t.

Ek suppose dit kom af nettie feit dat ’n mens moet ’n sense of humour het oorie liewe, en ek lee nou comedians bou hulle comedy careers op want hulle ve’staan hierie feit baie goed. Judy Carter het oek gemention dat ’n sense of humour is oek ’n requirement vi mense wat partners soek op ’n dating site, en sy’s reg! Wie wil opgeskiep wies met iemand wattie die liewe funny vind nie?

Elizabeth Gilbert het oek dit baie mooi – en oek baie funny – in ’n interview gesê: “The main purpose of telling a story is to delight the reader” en “I don’t think we must make the reader bored – on purpose.” Ek is ’n groot supporter van stories wat deal met belangrike dinge, maa dan moet ôs oek ’n break vat vannie serious tone waarin ôs hierie dinge address. Besides, comedy kan ’n tool wies om oo hierie dinge te praat. Trevor Noah is ’n goeie example hoe om comedy te gebruik vir social en political commentary.

Op Human Rights Day was ek by Yusuf Daniels se writing en publishing workshop.

Ek en Yusuf Daniels by sy publishing workshop – Sans Souci Girls’ High School in Maart 2021

Hy’t oek gesê dat hy ’n groot Joe Barber fan is, en as hy iets virrie TV of stage moet skryf, dan moet die audience vi hulle klaa lag. Ek dink Yusuf ve’staan waa’oo gaan die hele funny business. Vi ’n lang tyd het ek oek comedy clubs in Kaapstad gaan uitcheck – local comedians soes Shimmy Isaacs was altyd oppie line-up – en by comedy festivals soes The Jive Cape Town Funny Festival byrie Baxter Theatre (next time wil ek vi Joey Rasdien uitcheck!). Only until the debut van Miela’s box het my innerlike comedian uitgekom, en ek het finally ve’staan dat comedy kan baie textures en forms aanniem. Comedy lyk nie ’n specific way nie. It takes all sorts to make a world – en actually assit nie soe diverse is nie, dan issit nie comedy nie, ennit sal sieker nie ee’s funny wiesie!

Comedy Theatre reviews op Cultsha Kennis

Lees, luister en kyk ook:

Miela’s Box – ’n onderhoud met Tasneem Daniels

#opdielug met Tasneem Daniels

Video: Yusuf Daniels – "Die Coloured laaitie van die Flats"-gesprek by Toyota US Woordfees

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top