Video: Yusuf Daniels – "Die Coloured laaitie van die Flats"-gesprek by Toyota US Woordfees

  • 0

Schalk Bezuidenhout en Yusuf Daniels

Op Dinsdag 10 Maart 2020 was Yusuf Daniels, skrywer van Living coloured (because black and white were already taken), in gesprek met Schalk Bezuidenhout tydens die Toyota US Woordfees in Stellenbosch. Tydens dié humoristiese gesprek het hulle lesse van Yusuf se grootwordjare bespreek. Kyk hier na die gesprek:

Living coloured het in Oktober 2018 as ’n Facebook-plasing begin wat wyd en syd gedeel is. Yusuf het in 25 dae die boek geskryf en erken dit was suiwer plesier. “Ek is daai coloured!” het hy gespot.

Yusuf het ook vlugtig tydens die gesprek geraak aan die feit dat daar dikwels ’n politieke boodskap in die subtitel, because black and white were already taken, gelees word. Maar daar is nie, beklemtoon hy. “Ek het net gedink dis ’n catchy title. Ek kan net wees wat ek is,” het hy gesê. “Wees kleurling en enjoy dit!”

Hy het ook erken dat hy sy apartheidservaringe, soos dat sy familie van ’n strand verwyder is en sy ouma se huis in Distrik Ses gesloop is, altyd sal onthou, maar hy het vergewe. “Al ding wat ek haat, is as iemand sê: ‘Get over it!’”

“Ja, soos elke trauma, neem elkeen sy eie tyd om te genees,” het Schalk by hom aangesluit.

...........

Title: Living coloured (because black and white were already taken)
Author: Yusuf Daniels
Publisher: Jacana Media
ISBN: 9781431428816

Living coloured (because black & white were already taken) is a special kind of memoir that utilises short stories to weave together both a culturally insightful and an achingly nostalgic glimpse into a childhood on the Cape Flats.

From the nightclubbing at Space Odyssey and the shenanigans at the Mitchells Plain public swimming pool, to the traditions of delectable food exchanges during Ramadan between Muslims and Christians alike, this book truly is a tribute to all that large parts of the Coloured community holds dear and sings of the spirit which helped them seek out an existence on the dusty flat plains of the Cape.

Daniels aptly illuminates a childhood and culture that is coloured by tender, joyful moments and bright mischievous teenage haunts against the backdrop of a gloomy political and economic era in South Africa’s history.

With Living coloured (because black & white were already taken), the author shows that even under severe realities, people continue to live despite the odds not being in their favour – that they make it out alive.

...........

Schalk Bezuidenhout gesels met Yusuf Daniels.

“Ek is daai coloured!”

“Daar is ’n familiarity aan die gebeure wat jy beskryf,” het Schalk Bezuidenhout opgemerk. “Dit is goed wat ek onthou soos ons nou gesels. Goed wat my pa beleef het.”

“Dit is ’n ligte boek, maar nie oppervlakkig nie,” merk ’n lid van die gehoor op. Schalk en Yusuf se boeke Truitjie roer my nie en Living coloured (because black and white were already taken).

Yusuf Daniels is klaar besig met ’n tweede boek. Hy was verbaas toe hy tydens die tekensessie ’n ongesiene foto van homself in ’n uitgawe sien.

As lees ’n sport was ...

  • Video en foto’s: Cliffordene Norton 
  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top