Selena y Los Dinos: a family’s legacy op Netflix
Ek hou my microwave popcorn reg vi hierrie een! ’n Follow up op Selena: the series, oek op Netflix, die storie van Selena Quintanilla, ’n American sanger van Texas wat lee om in Spanish te sing ommet haa Mexican roots te connect. Selena was bekend assie Queen van Tejano music! Selena y Los Dinos: a family’s legacy is ’n documentary wat gaan oorie Quintanilla-familieband, hoe hulle musical journeys begin’t en Selena se legacy. Die film se director is Isabel Castro ennie documentary het ’n world premier by Sundance Film Festival in 2025 gehad, waarittie US Documentary Special Jury Award for Archival Storytelling gewen’t. Innie documentary sien ôs niewe family footage wat nooit gesien was nie, home videos en ’n klom behind-the-scenes goodie-goodies! Ek sien uit ommie interviews met Suzette Quintanilla te hoo, Selena se ouer sister, Los Dinos se tromspeler – sover ons weet was syrie twiere vrou om oppie ve’hoog te gaan as tromspeler na Sheila E! Dêtag jare na sy maningal’t, sien ek oek uit om haa pa AB Quintanilla se reflections te hoo en miskien highlights met Selena Gomez oek te sien – sy is oek ’n famous Latina celebrity wat niewe versions van Selena Quintanilla se musiek mettie familie ge-record’t, en sy is oek Selena se namesake! Apparently is daa oek ’n Selena-museum wat djy in Texas kan visit – op my lys wanner ek eendag America toe gaan!
Girlboss op Netflix
Baie min Suid-Afrikaners wiet dattie executive producer vi Girlboss eintlik Charlize Theron is! Girlboss gaan oo Sophia Marlowe, gespeel dee Britt Robertson, ’n jong 22-jarige vrou wat ’n thrift-store-besigheid op eBay begin na’rat sy baie jobs ve’loort. The stakes could not be higher – sy is broke, sy kannie haa rent betaal’ie en sy weet niks oo besigheid nie. Spoiler: Sy’t evens ’n Starting an eBay business for dummies byrie boekwinkel gesteel, en is gevang! Alhoe is sy sieker maa nou gladdie die ultimate Gen Z role model’ie, ek admire nog altyd haa hustle. Innie wake vannie G20 Women’s Shutdown op 21 November 2025 is Girlboss ’n must watch vi jong Gen Z en millennial vrouens om te sien hoe Sophia Marlowe haa eie boss babe wôd!
Friends op Netflix
Netflix besit tans die streaming rights vi Friends in Suid-Afrika, since’ie program op die platform in daardie streek beskikbaar is om te kyk. Die program is al etlike jare in die Suid-Afrikaanse biblioteek beskikbaar, hoewel die presiese begindatum nie in die soekresultate gespesifiseer word nie. WarnerMedia (nou Warner Bros Discovery), die eienaar van Friends, het die program in 2020 na sy eie stroomdiens (HBO Max/Max) in die VSA verskuif. Inhoudlisensie-ooreenkomste verskil egter per streek, en Netflix het die regte in verskeie internasionale markte, insluitend Suid-Afrika, behou. Alhamdulilah, dankie tog! Vi jare lank kuier ôs maa leqqa met Ross, Rachel, Joey, Phoebe, Monica en Chandler, en alhoe is Friends al ’n ou TV sitcom is hulle nog altyd baie van ôse ee’ste keuses om iets te kyk wanner ôs rustig is innie aane byrie huis. Hierrie week was ek obsessed om daai Copacabana wedding episode wee te kyk wanner Rachel se onne’broek uitstiek toe sy ’n bridesmaid in haa ex-fiancé se wedding gewies’t!
Fruit vendor op YouTube
Josh Prinsloo, bekend as Fruit Vendor, is ’n musician, musical composer en storyteller in Kaapstad – sy performance van Real job by Artsemble in Maitland is nog vas in my kop! In 2025 het hy ’n brand new YouTube channel ge-launch vi creatives om sy experiences oorie afgelope 17 jaa innie media en entertainment industries te deel. In Josh se videos lee hy vi ôs baie uit The practice dee Seth Godin, ’n motivational boek wat op ’n regular “practice” focus. Djy moet gereeld tyd in jou kreatiewe wêk sit en dadelik jou wêk uitsit – the practice or habit of putting yourself out there. In my opinie gaan hierrie boek hand aan hand met The artist’s way dee Julia Cameron. Josh se vyfde video het in November 2025 uitgegaan ennit gaan oo ’n motivational brief wat hy vi homself geskryf’t toe hy ’n featured guest oppie Creative Allies podcast was, ’n brief virrie “every man” artist, ’n manifesto vi enige iemand wat die shooosh voel om ’n kreatiewe lewe te lei.
Dillan Oliphant masekind comedy special op YouTube
’n Welcome surprise op my news feed! Dillan Oliphant is ’n Joburg-based comedian wat Trevor Noah se opening act gewies’t. Die Dillan Oliphant masekind comedy special het op 22 October 2025 op YouTube premier – dit was byrie District Six Homecoming Centre in Kaapstad verfilm, en is al klaa gekyk dee mee as 100 000 viewers. Dillan gebruik comedy om dee’rie pyn van sy ma se dood te wêk en hy joke baie oorie serious realities van jong mans wat in violence woon dee Suid-Afrika se hoog crime stats. My favourite ene was toe hy oorie effects vannie Covid pandemic oppie car-theft industry praat, en hoe ’n klom motordiewe retrenched was, toe moet hulle fietse nou ry! En wanner sy ouma op haa deathbed is, encourage hy vi haa om uit te reik na Louther Vandross se pa innie hemel – hy kan mos mooi dans!
The Zarna Garg family podcast op YouTube
Die podcast wat my hele jaa gemaak’t! Zarna Garg is ’n Indian-American comedian wat ’n comedy special op Hulu het. Sy’s ’n lawyer-word-comedian in New York City en sy noem haaself “the world’s leading almost therapist”. Sy speel ’n hoofrol in A nice Indian boy wat sy self geskryf’t, en sy’t oek ’n memoir geskryf merrie titel This American woman – ek wag nog vi hierrie boek om op Exclusive Books se boekrakke te ve’skyn! Ek’t gelee’rat Zarna Garg baie gesukkel het om ’n naam vi haaself te maak innie comedy industry – vi my wassit ’n surprise, want sy was dan ’n guest op Jimmy Fallon se show gewies – soe sy hettie podcast begin om te prove dat daa ’n Indian-American market is vi haa comedy shows. The Zarna Garg family podcast loep al nou aan vi 100 episodes, met Zarna Garg assie main host met haa man, Shalab Garg, en haa kinners Zoya, Brij en Veer, met Lilly Singh en ’n klom bekende Indian celebs wat oek oppie podcast ge-feature is!

