
Ve’tel ôs mee oo Die kantoor ennie karakter wat djy innie show speel.
Ek speel Gavin Naicker, ’n salesman by Deluxe Processed Meats. Dis ’n company wat polony maak en verkoop – basically die jonger boetie van die groter firma, Deluxe Meats – en hulle kyk maar bietjie neer op hulle.

Gavin is ’n family man met ’n vrou en drie dogters. Hy’s mal oo alles wat Afrikaans is – van die musiek tot die mense en die hele kulturele vibe. Die show speel af in Klerksdorp, en hy sê altyd met groot trots” "I'm a 3rd generation Klerksdorp citizen". Hy sien homself ook as iemand met ’n social media vibe – hy follow die go-karting scene en doen sommer flower-reviews oek. Jy sien hom baie keer met sy phone innie hand, reg om al die fun and shenanigans by die werk vas te vang.
Die relationship tussen hom en sy boss, Flip Bosman – wat hy liefdevol “Boss Man” noem – is eintlik ’n goeie een, al kry hy partykeer Flip se weird sense of humour eerstehands.
Flip word gespeel deur die multi-award wenner Albert Pretorius. Hy het gesê toe hy die script die eerste keer lees, het hy partykeer behoorlik gekrimp van die humour. Maar nes die res van ôs, het hy ook hardop gelag, en toe besef die writers push rêrig die line. Maar op die einde bly dit getrou aan die oorspronklike The Office, net met ’n sterk Suid-Afrikaanse flavour.
Die kantoor is die amptelike Suid-Afrikaanse weergawe van die internasionale hitreeks The office. Die oorspronklike show het meer as 20 jaar terug in die UK begin met Ricky Gervais, en toe kom die Amerikaanse weergawe met Steve Carell wat vir baie seisoene geloop het. Die wêreld is toe bekendgestel aan hierdie mockumentary-style, en dit het behoorlik ontplof. Die show se universele appeal het gemaak dat dit in baie lande oor gemaak is – Australië, Frankryk, Kanada, Chili, Indië, die Midde-Ooste en Pole. Nou’s dit ôs se beurt.
Die Suid-Afrikaanse weergawe is die 14de aanpassing en is hoofsaaklik in Afrikaans.
Hierdie is nie net ’n straight translation van die UK of US shows nie. Dis van scratch af oor verbeel. SAFTA- en Silwerskerm-wenner Bennie Fourie is die regisseur en hoofskrywer, en hy het saam met drie ander writers gewerk – onder andere Schalk Bezuidenhout. Hulle het spesifiek gefokus om karakters te skep wat Suid-Afrikaanse audiences sal herken en mee connect.
Ôs was excited om te sien veterans soes Zenobia Kloppers en Ilse Oppelt saam met jou oppie stel. Hoe’t dit jou experience ge’influence om saam met so ’n mix van actors te werk?
Dit was great om weer saam met Zenobia en Ilse te werk. Ek het jare terug saam met Ilse in Fishy Feshuns gewerk, en sy het my actually van daai show af onthou. Van toe af het ôs sommer lekker geklik.
Ons lessenaars is naby mekaar oppie stel, en ôs deel baie laughs – in character en sommer regtig ook tussen takes. Hierdie show merk Ilse se terugkeer na TV as ’n aktrise, want sy’t vir lank gefokus op haar werk as ’n skrywer. Sy het oor die jare vir baie SA TV-produksies geskryf.
Zenobia het saam met my gespeel in Bhai’s Café, wat my vrou, Razia Rawoot, vervaardig het. Meer onlangs het sy en ek saam gespeel in Lucky Fish, wat laas jaar in cinemas was. Sy’s ook self ’n producer en director.
Die hele cast is next level – van legends soes Lida Botha, wat haar 90ste verjaardag oppie stel gevier het, Albert Pretorius en Schalk Bezuidenhout, tot jong rising stars soos Daniah De Villiers en Gert du Plessis, Sipumziwe Lucwaba, en dan Carl Beukes, wat internasionale ervaring bring ná sy tyd in Los Angeles.
Om met ’n ensemble cast te werk is amazing. Ôs was vir ses weke lank elke dag saam oppie stel, en ôs het rêrig goed gegel. Ek joke altyd en sê: "Ek het 36 jaar terug ’n office job gelos vir entertainment, en toe sit ek weer innie kantoor – as ’n polony salesman, nogal!"
Ve’tel ôs mee oo ’n dag innie lewe van ’n actor oppie stel. Hoe ve’skil dit van Bhai’s Café?
Elke dag oppie stel is dieselfde, maar tog anders. Daar’s altyd challenges wat van oral af kom. Vir my gaan dit oor voorbereiding – ken jou lines, klim innie karakter se kop in, en werk saam met die director sodat ôs almal dieselfde visie het.
Bennie Fourie het my great advice gegee. Almal wat saam met hom gewerk het, noem hom die “Improv King” – en dis 100% waar. Al was daar ’n volledige script, het hy baie van improv gehou. Partykeer, terwyl ôs besig was om te shoot, sou hy sommer nuwe lines uitroep wat perfect gewerk het. Dit het die fun net meer gemaak, want dis lekker om ’n scene jou eie te kan maak.
Een van my highlights was toe Bennie my vertel het een van die writers het gesê ek het Gavin perfek vasgevang. Sulke feedback maak ’n mens se dag.
Sonner om spoilers weg te gie – kom daar moments wat uit jou eie office experiences kom? En kan ôs die Love Doctor in Gavin sien?
Ek het net twee office jobs gehad. Een was as ’n advertensie salesman by Muslim Views, en die ander as ’n marketing manager by ’n audio-visual company. Ek het nie lank gehou nie, want my hart was in entertainment.
Maar wat ek kan sê, is daai kantore het characters gehad – nes in hierdie show. Ek dink die writers het baie uit hul eie experiences gevat, want al die characters voel regtig eg. Ôs almal ken ’n Flip, ’n Gavin, of iemand nes hulle.
Die Love Doctor kom definitief soms deur. Gavin is ’n family man en hy kan nogal inspirational raak. Ek wil niks spoil nie, maar mense wat my van radio ken, gaan beslis sekere ooreenkomste raak sien.
Hoekô werk ’n show oo office politics so goed vi Suid-Afrikaanse kykers?
Ek dink dis nie net ’n win vir Suid-Afrikaners nie – dis ’n wêreldwye wenner. Die sukses van die UK en US weergawes wys dit duidelik. En dan nog al die lande waar dit oor gemaak is.
Maar vir my is die groot win dat Die kantoor spesifiek vir ôs gemaak is. Dis local, dis herkenbaar, en die characters is nie copies van die ander weergawes nie. Al moes die writers by die format bly, het hulle dit op ’n beautiful Suid-Afrikaanse manier aangepas. Kykers gaan connect met die characters, die office idiosyncrasies, en die humour. Dis alles daar.
Waa en wannee kan ôs Die Kantoor kyk?

Op stel
Die Kantoor het begin op kykNET, kanaal 144 op DStv, op Sondag 18 Januarie om 20:00, en dit loop vir 13 weke in daai slot. Jy kan dit oek stream op Showmax.

