Leefstyl

Stimuleer jou sintuie en leef jou uit: LitNet se ruimte vir elke leefstyl-voorkeur.
Stimulate your senses and express yourself: LitNet makes room for every lifestyle preference.

WOW Woordfees-persverklaring: 500 leerders by landwye Sanlam WOW Spelfees-finaal

LitNet Skole 2026-10-01

Dit is die grootste spelfees in Suid-Afrika en word in drie tale aangebied – Afrikaans (graad 1 tot 10), Engels (graad 4 tot 9) en isiXhosa (graad 5 tot 8). Die Sanlam WOW Spelfees is ’n vlagskipprojek van Woorde Open Wêrelde (WOW) by die Universiteit Stellenbosch (US).

Toyota Stellenbosch Woordfees 2026: ’n Onderhoud oor die klankbaan van ’n Middel

Naomi Meyer, Wesley West Toyota Stellenbosch Woordfees 2026-10-01

"Somtyds sal ek ’n melodie hoor, of aan ’n idee dink, iets wat nog nie probeer is nie. Daardie nuuskierigheid van 'ek wonder hoe dit sal klink as ek ’n vioolopname saam met ’n synth-lyn deur ’n elektriese kitaar-amp sit', is wat my altyd fassineer en opgewonde maak."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2026: Menopouse in die kollig – ’n onderhoud met Antoinette Louw

Maryke Roberts, Antoinette Louw Toyota Stellenbosch Woordfees 2026-10-01

"Ek ontdek ’n vryheid in my kreatiwiteit wat ek nie voorheen gehad het nie, omdat ek minder omgee wat ander dink. Dis ’n ongelooflike gevoel. En ek kan meer dimensie gee, meer eerlik, omdat ek vryer is. Die tragedie en ironie is dat rolle vir ouer vrouens al hoe minder word."

Baklei sonder bloed: politieke verset in Die Bergengel-boeke

Carina Stander LitNet-skrywersberaad 2026-10-01

"Dis ’n liefdesverklaring vir Afrikaans en die krag wat skuil in musiek, poësie, kuns, tradisie en identiteit. En dis ’n soeke na ’n alternatief vir geweldsoorlog."

Waar die grond nog praat – kultuurgeleentheid in Springbok

Dianne Du Toit Albertze Leefstyl 2026-09-30

"Dit is juis die hart en vertrekpunt van die projek: om te kyk hoe jong vroue van Namakwaland hulself en hul mense weer in die geskiedenis kan terugskryf."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2026: Krapp se laaste band – ’n onderhoud met Carel Nel

Maryke Roberts, Carel Nel Toyota Stellenbosch Woordfees 2026-09-30

"Wat my na hierdie rol aangetrek het, is juis dat dit op die oog af so eenvoudig lyk, maar hoe meer jy daarin delf, hoe meer ontdek jy. Ek dink dit is van die dinge wat Beckett vir my meesterlik maak."

Persverklaring: ATKV eer Kunstekaap by Tienertoneelfinaal

LitNet ATKV-Portaal 2026-09-30

Die ATKV het ’n besonderse verhouding met die Kunstekaap en die organisasie is al jare lank ’n rolspeler in die Kunstekaap se visie vir jeugontwikkeling, ontwikkeling van gehore en die skep van toegang tot die kunste.

Momentum Aardklop 2026: #op’it ... soos’it hoort!

Christiaan J de Swardt, Alexa Strachan Aardklop 2026-09-29

"Besoek sommer nou al ons webwerf en hou ons spesiale aanbiedinge en promosieveldtogte dop. Maar koop sommer ’n weekkaartjie vir die feesterrein. Dit is nou wragtig sakpas."

Motorrepubliek: Die prys van iets beters

Braam Peens Motors 2026-09-29

"Die goedkoop motor is vandag byna ’n museumartefak, vervang deur die bekostigbare paaiement as bemarkingskonsep ter ondersteuning van ’n leefstylkeuse."

Emily100: met ’n Emily-bril

Milan Murray Leefstyl 2026-09-28

"Ek vermoed dat ek op 31 Oktober ’n paar vroue in my kombi gaan laai. Ons sal wit aantrek en biltong pak vir die langpad Bloemfontein toe. Met elke tree van die prosessie sal ons stil-stil ons eie oorlog voer en met die loslaat van die duiwe elkeen haar eie opstand van stapel stuur." Lees meer oor die Emily100-eeufees in Oktober vanjaar.

Toyota Stellenbosch Woordfees 2026: ’n onderhoud met Bibi Slippers oor die Easy Equities Skrywersfees

Naomi Meyer, Bibi Slippers Toyota Stellenbosch Woordfees 2026-09-28

"Lees is ook net eenvoudig die lekkerste ding op aarde. Kom luister na skrywers as die lewe jou oorrompel het en jy het vergeet watter vreugde dit is om in ’n boek te ontsnap..."

Pareltjes uit Amsterdam: Yayoi Kusama in die Stedelijk Museum

Johan Allers Kuns 2026-09-26

Johan Allers besoek die Stedelijk Museum en ontdek ’n pareltje in die retrospektiewe uitstalling van Yayoi Kusama, die meester van dotjies.

Persverklaring: RSG se blinknuwe radiodramaseisoen beloof 14 stukke topklas Afrikaanse vermaak

LitNet Leefstyl 2026-09-25

RSG se radioteater is waar Afrikaanse stories, legendes van radio en blinknuwe talent steeds koning kraai. Nooi almal wat jy ken om saam te luister, want niks bring mense bymekaar soos ’n goeie storie nie.

Persverklaring: Joshlin Smith radiodrama konfronteer kinderverdwyning, kollektiewe gewete en verantwoordelikheid op RSG

LitNet Leefstyl 2026-09-25

Teen die agtergrond van ’n gemeenskap wat vinnig oordeel, word die verhaal ook ’n ondersoek na die vele vorme van kinderuitbuiting en mensehandel, en na hoe maklik ’n vermiste kind se verhaal deur sensasie en openbare verontwaardiging oorgeneem kan word. 

Wyngaard Weekliks: Wat woel by FW se stigting? word gevra ná Van der Rheede se bedanking

Heindrich Wyngaard, Gert van der Westhuizen, Coetzee Bester Onderhoude 2026-09-25

Die FW de Klerk-stigting se aankondiging dat hulle hulle distansieer van uitsprake deur hul uitvoerende hoof, Christo van der Rheede, het die vraag laat ontstaan: Wat gaan daar aan? Heindrich Wyngaard probeer antwoorde kry by ’n raadslid, Coetzee Bester, en die politieke joernalis Gert van der Westhuizen.

Toyota Stellenbosch Woordfees 2026: Moffie – an interview with David Viviers

Yolanda du Toit, David Ralph Viviers Toyota Stellenbosch Woordfees 2026-09-25

"Moffie is a one-person show based on the book by André Carl van der Merwe. I play Nicholas van der Swart, who reflects on his time as a conscript in the SADF during the late ’70s."

"Die Durbanse poepwedstryd": die vieslikste gedig in Afrikaans, of dalk satiriese verset?

Riana Scheepers LitNet-skrywersberaad 2026-09-23

"Van al die gedigte in Afrikaans, al die duisende gedigte wat subliem mooi is en van voortreflike literêre vakmanskap getuig, is daar een wat my nog al die jare lank bybly – om al die verkeerde redes."

Die Hessequa Harmonie-fees 2026: ’n onderhoud met Niël Rademan

Christiaan J de Swardt, Niël Rademan Feeste 2026-09-22

"Ek glo ons is op die regte plek met die fees. Ek en my span werk al jare aan wat daar nou is. Ek sal wel steeds elke jaar die gehore effe wil vergroot en mense wil oortuig dat gesofistikeerde (nie-doef-doef-) musiek en podiumkuns geweldig stimulerend is."

Uitnodiging: Nota van Brel – Moenie weggaan nie!

LitNet Musiek 2026-09-21

Kom geniet tydlose musiek met klavier, viool, tjello, perkussie en kitaar, terwyl Petronel met haar fyn humorsin en engelstem tot in jou diepste menswees sing soos net sy kan.

Die ANC en die Verkiesingshof: Niks salf meer te smeer aan ANC nie, sê dié ontleders

Heindrich Wyngaard, Roland Henwood, Oscar van Heerden Onderhoude 2026-09-18

Munisipale verkiesing 2026: Die ANC hou voet by stuk dat dit die Verkiesingskommissie se aanlyn stelsel was wat die party gepootjie het met die registrasie van kandidate. Die politieke ontleders Roland Henwood en Oscar van Heerden sê aan Heindrich Wyngaard dit is nóg ’n teken van ANC-agteruitgang.

Top