Leefstyl

Stimuleer jou sintuie en leef jou uit: LitNet se ruimte vir elke leefstyl-voorkeur.
Stimulate your senses and express yourself: LitNet makes room for every lifestyle preference.

Persverklaring: Die Artscape Women’s Humanity Festival veg vir insluiting, geregtigheid en pleit dat vrouestemme gehoor word

LitNet Feeste 2026-06-22

Augustusmaand sal die 20ste jaarlikse Artscape Women’s Humanity Festival (AWHF) Kaapstad omskep in ’n kragtige platform vir dialoog, genesing, aktivisme en artistieke uitdrukking onder die tema ’n Plek vir almal, met die subtema: Vroue in aksie.

Persverklaring: Program van die kykNET Silwerskermfees 2026 bekend

LitNet kykNET Portaal 2026-06-19

Die 14de kykNET Silwerskermfees, wat van 19 tot 22 Augustus in Kampsbaai, Kaapstad, plaasvind, spog met 'n uiteenlopende aanbod wat die diepte en diversiteit van Afrikaanse rolprentkuns weerspieël.

Wat hy geken het, wat hy saamgedra het: Abdullah Ibrahim en die musiek van sy tuiste

Heinrich Frans In memoriam 2026-06-18

"Hy het internasionale invloede opgeneem sonder om sy identiteit prys te gee. En hy het getoon dat dit wat diep plaaslik gewortel is, nie toestemming nodig het om universeel te word nie."

What he knew, what he carried: Abdullah Ibrahim and the music of home

Heinrich Frans In memoriam 2026-06-18

"The world did not embrace Abdullah Ibrahim despite where he came from. It embraced him because he carried where he came from so completely."

Persverklaring: Teksmark nooi skrywers uit om nuwe teksidees te stuur

LitNet KKNK 2026-06-18

Alle Suid-Afrikaanse teksskrywers op soek na ’n geleentheid word uitgenooi om nuwe teksidees vir oorweging by vanjaar se Teksmark in te dien.

Sandra Prinsloo terug as die vreesaanjaende bendebaas in Koek, seisoen 2

Maryke Roberts, Sandra Prinsloo kykNET Portaal 2026-06-18

"’n Kostuum help jou. 'n Pruik help jou. Ook as jy na jouself in die spieël kyk en jy sien sjoe, dis nie meer ek daai nie. En dan begin jy voel mmm, ek is nou in ’n ander mens se lyf."

Persverklaring: Klein Karoo Klassique 2026 bied gewigtige aanbod

LitNet Musiek 2026-06-17

Klein Karoo Klassique bring vanjaar ’n gewigtige aanbod van klassieke musiek na die Klein Karoo, met ’n program wat ’n wêreldpremière én klassieke gunstelinge insluit.

Koos Komiek: Is daar iets soos die Groot Afrikaanse Roman?

Koos Kombuis Visueel 2026-06-17

Koos Kombuis lewer maandeliks kommentaar op die absurde werklikheid.

Uitnodiging: Staan nader, huiskokke en onthoukokke – dis weer tyd om in te skryf vir Kokkedoor!

LitNet Kos en wyn 2026-06-17

Daar is ’n miljoen redes om in te skryf – in die vorm van R1 miljoen se prysgeld vir die wenspan. En daardie gesogte Goue Haan wat weer ’n nuwe adres soek. Skuif gou die potte opsy, haal die tjoppie van die vuur af, sit die foon neer en doen wat jy moet doen, want dis nou tyd om in te skryf.

Abdullah Ibrahim, jazzikoon van internasionale statuur

Christo van der Rheede In memoriam 2026-06-16

"My verhouding met Abdullah Ibrahim bereik egter ’n hoogtepunt in 2003 toe hy die skool waar ek sedert 1999 as prinsipaal aangestel was, gekies het om ’n musiekopleidingsprogram vir laerskoolkinders te loods."

Persverklaring: RSG Radioteater se Die potplant, ’n kabaret, op Donderdag 18 Junie

LitNet Leefstyl 2026-06-15

’n Klompie verwaarloosde plante in ’n kantoor is ongelukkig met hul omstandighede. Hulle besef hulle kom al hoe nader daaraan om uit te sterf en probeer onmiddellik planne beraam om te oorleef. 

Wyngaard Weekliks: Die Grondwet kan ons nie beskerm teen slegte politici nie

Heindrich Wyngaard, Pierre de Vos Onderhoude 2026-06-15

Een van die land se voorste Grondwetkenners, Pierre de Vos, praat met Heindrich Wyngaard oor wat Suid-Afrika se Grondwet besonders maak, en ook oor die dinge wat De Vos as tekortkominge beskou.

Toorkombuis: ’n Lemoenerige beesstert vir die onthou

Karen Hart Kos en wyn 2026-06-15

"Nou kook ek maar hierdie troospot en hoop die wonderlike geure van vars tiemie, lemoen en sjerrie bring vryskelding en vergifnis."

Killer Queen: Freddie Mercury sou glimlag oor studente se talente in dié LAMTA-produksie

Maryke Roberts Teater 2026-06-15

"Killer Queen wys nie net die talent op die verhoog nie, maar onderstreep LAMTA se geweldige impak as top opleidingsinstelling. In plaas van middelmatigheid, skep LAMTA ’n kreatiewe, eerlike ruimte waar studente gevorm word tot veelsydige multidissiplinêre 'triple threat'-kunstenaars wat musiekteater, filmblyspele en teater insluit. Hul kurrikulum berei studente deeglik voor op die eise van die moderne musiekteaterbedryf, met opleiding wat wissel van karakterontwikkeling tot kunste-administrasie."

Programme release: Schreiner Karoo Writers Festival 2026

LitNet Books and writers 2026-06-13

The Schreiner Karoo Writers Festival takes place from 18 to 21 June 2026 in Nxuba (Cradock). The full programme of the festival, made possible by the Avbob Poetry Project and the Amazwi South African Museum of Literature, has been released.

Wat is ’n huis? by Vrystaat Kunstefees 2026: ’n onderhoud met Anthony Dalton

Anelia Heese, Anthony Dalton Feeste 2026-06-12

"Hoe beeld ’n mens dan die teenstrydighede van feilbaarheid en onwrikbaarheid van hierdie mense uit? vra ek. Om my te antwoord, vra Dalton twee vrae: 'Wat is ’n huis sonder ’n alkoholis? Wat is ’n huis sonder ’n onderdanige vrou?'"

Persverklaring: Toyota Stellenbosch Woordfees 2026 – program bekend

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2026-06-12

Met meer as 444 items op die grootste kunstefeesprogram in die land, is die oorvloed van produksies ’n waardevolle noodsaaklikheid in ’n kunstelandskap wat onder groot druk verkeer.

Backrooms en Obsession: raad vir Afrikaanse filmmakers

Leon van Nierop Film 2026-06-11

"Die storievoos Hollywood het ’n waterskeidingsoomblik bereik toe twee oorspronklike bobaas rolprente, wat op skoenveterbegrotings gemaak is, Obsession en Backrooms, nie alleen die suf gewoontefliekmaker-geldwolwe waardevolle lesse geleer het nie, maar ook vir Afrikaanse filmmakers, wat moet raap en skraap om genoeg geld vir ’n rolprent te kry, weer moed gee met die cliché: 'Minder kan meer wees.'"

Persverklaring: RSG Radioteater met klassieke genot te kus en te keur op Donderdag 11 Junie

LitNet Leefstyl 2026-06-10

RSG Radioteater bied Donderdag nie net een nie, maar twee radiodramas aan.  Frank en Gladys deur Tom Stoppard, vertaal deur Roy Niemann, kan gehoor word op RSG Donderdagaand 11 Junie om 8 uur. Nog ’n klassieke radiodrama, Amadeus, deur Sir Peter Shaffer, vertaal en verwerk vir radio deur Nerina Ferreira, sal eksklusief op potgooi beskikbaar wees as deel van die klassieke aanbod.

Deaccessioned: a review

Alexandra Dodd Lifestyle and entertainment 2026-06-08

"Deaccessioned is a pristine and feral exhibition, currently on show at Oude Leeskamer in Stellenbosch. Its curators, Lizabé Lambrechts and Nicola Deane, have dared to break through a cultural resistance to decay and become more intimate with its many strange valences as an omnipresent social and existential force."

Top