Leefstyl
Stimuleer jou sintuie en leef jou uit: LitNet se ruimte vir elke leefstyl-voorkeur.
Stimulate your senses and express yourself: LitNet makes room for every lifestyle preference.
Persverklaring: Teksmark nooi skrywers uit om nuwe teksidees te stuur
2026-06-18Alle Suid-Afrikaanse teksskrywers op soek na ’n geleentheid word uitgenooi om nuwe teksidees vir oorweging by vanjaar se Teksmark in te dien.
Sandra Prinsloo terug as die vreesaanjaende bendebaas in Koek, seisoen 2
2026-06-18"’n Kostuum help jou. 'n Pruik help jou. Ook as jy na jouself in die spieël kyk en jy sien sjoe, dis nie meer ek daai nie. En dan begin jy voel mmm, ek is nou in ’n ander mens se lyf."
Persverklaring: Klein Karoo Klassique 2026 bied gewigtige aanbod
2026-06-17Klein Karoo Klassique bring vanjaar ’n gewigtige aanbod van klassieke musiek na die Klein Karoo, met ’n program wat ’n wêreldpremière én klassieke gunstelinge insluit.
Koos Komiek: Is daar iets soos die Groot Afrikaanse Roman?
2026-06-17Koos Kombuis lewer maandeliks kommentaar op die absurde werklikheid.
Uitnodiging: Staan nader, huiskokke en onthoukokke – dis weer tyd om in te skryf vir Kokkedoor!
2026-06-17Daar is ’n miljoen redes om in te skryf – in die vorm van R1 miljoen se prysgeld vir die wenspan. En daardie gesogte Goue Haan wat weer ’n nuwe adres soek. Skuif gou die potte opsy, haal die tjoppie van die vuur af, sit die foon neer en doen wat jy moet doen, want dis nou tyd om in te skryf.
Abdullah Ibrahim, jazzikoon van internasionale statuur
2026-06-16"My verhouding met Abdullah Ibrahim bereik egter ’n hoogtepunt in 2003 toe hy die skool waar ek sedert 1999 as prinsipaal aangestel was, gekies het om ’n musiekopleidingsprogram vir laerskoolkinders te loods."
Persverklaring: RSG Radioteater se Die potplant, ’n kabaret, op Donderdag 18 Junie
2026-06-15’n Klompie verwaarloosde plante in ’n kantoor is ongelukkig met hul omstandighede. Hulle besef hulle kom al hoe nader daaraan om uit te sterf en probeer onmiddellik planne beraam om te oorleef.
Wyngaard Weekliks: Die Grondwet kan ons nie beskerm teen slegte politici nie
2026-06-15Een van die land se voorste Grondwetkenners, Pierre de Vos, praat met Heindrich Wyngaard oor wat Suid-Afrika se Grondwet besonders maak, en ook oor die dinge wat De Vos as tekortkominge beskou.
Toorkombuis: ’n Lemoenerige beesstert vir die onthou
2026-06-15"Nou kook ek maar hierdie troospot en hoop die wonderlike geure van vars tiemie, lemoen en sjerrie bring vryskelding en vergifnis."
Killer Queen: Freddie Mercury sou glimlag oor studente se talente in dié LAMTA-produksie
2026-06-15"Killer Queen wys nie net die talent op die verhoog nie, maar onderstreep LAMTA se geweldige impak as top opleidingsinstelling. In plaas van middelmatigheid, skep LAMTA ’n kreatiewe, eerlike ruimte waar studente gevorm word tot veelsydige multidissiplinêre 'triple threat'-kunstenaars wat musiekteater, filmblyspele en teater insluit. Hul kurrikulum berei studente deeglik voor op die eise van die moderne musiekteaterbedryf, met opleiding wat wissel van karakterontwikkeling tot kunste-administrasie."
Programme release: Schreiner Karoo Writers Festival 2026
2026-06-13The Schreiner Karoo Writers Festival takes place from 18 to 21 June 2026 in Nxuba (Cradock). The full programme of the festival, made possible by the Avbob Poetry Project and the Amazwi South African Museum of Literature, has been released.
Wat is ’n huis? by Vrystaat Kunstefees 2026: ’n onderhoud met Anthony Dalton
2026-06-12"Hoe beeld ’n mens dan die teenstrydighede van feilbaarheid en onwrikbaarheid van hierdie mense uit? vra ek. Om my te antwoord, vra Dalton twee vrae: 'Wat is ’n huis sonder ’n alkoholis? Wat is ’n huis sonder ’n onderdanige vrou?'"
Persverklaring: Toyota Stellenbosch Woordfees 2026 – program bekend
2026-06-12Met meer as 444 items op die grootste kunstefeesprogram in die land, is die oorvloed van produksies ’n waardevolle noodsaaklikheid in ’n kunstelandskap wat onder groot druk verkeer.
Backrooms en Obsession: raad vir Afrikaanse filmmakers
2026-06-11"Die storievoos Hollywood het ’n waterskeidingsoomblik bereik toe twee oorspronklike bobaas rolprente, wat op skoenveterbegrotings gemaak is, Obsession en Backrooms, nie alleen die suf gewoontefliekmaker-geldwolwe waardevolle lesse geleer het nie, maar ook vir Afrikaanse filmmakers, wat moet raap en skraap om genoeg geld vir ’n rolprent te kry, weer moed gee met die cliché: 'Minder kan meer wees.'"
Persverklaring: RSG Radioteater met klassieke genot te kus en te keur op Donderdag 11 Junie
2026-06-10RSG Radioteater bied Donderdag nie net een nie, maar twee radiodramas aan. Frank en Gladys deur Tom Stoppard, vertaal deur Roy Niemann, kan gehoor word op RSG Donderdagaand 11 Junie om 8 uur. Nog ’n klassieke radiodrama, Amadeus, deur Sir Peter Shaffer, vertaal en verwerk vir radio deur Nerina Ferreira, sal eksklusief op potgooi beskikbaar wees as deel van die klassieke aanbod.
Deaccessioned: a review
2026-06-08"Deaccessioned is a pristine and feral exhibition, currently on show at Oude Leeskamer in Stellenbosch. Its curators, Lizabé Lambrechts and Nicola Deane, have dared to break through a cultural resistance to decay and become more intimate with its many strange valences as an omnipresent social and existential force."
Wyngaard Weekliks: "Ek het baie by Helen Zille geleer," sê Geordin Hill-Lewis. Om Suid-Afrika sterker te maak is sy groot missie.
2026-06-03Die nuutverkose leier van die DA, Geordin Hill-Lewis, praat met Heindrich oor hoe sy ouers se egskeiding hom as mens gevorm het, hoe baie hy by Helen Zille geleer het, sy verhouding met pres Cyril Ramaphosa, en waarom hy alles in die stryd gaan werp om van Suid-Afrika ’n sterker land te help maak.
Suidoosterfees 2026: Kom fietna saam Mareldia
2026-06-02"Nes die bundel, wat beide die Eugène Marais-prys ennie UJ-debuutprys gewen het, issie toneelstuk oek geskryf in Kaaps en Cape Muslim Vernacular."
Persverklaring: RSG Radioteater se Een, twee, drie blok myself op Donderdagaand 4 Junie om 20:00
2026-06-02Een, twee, drie, blok myself is ’n sielkundige radiodrama riller geskryf deur Karen Wessels en was ’n finalis in die 2024 RSG Radiodramaskryfkompetisie in samewerking met die ATKV.
Momentum Aardklop stel sy program bekend
2026-05-29Die fees vind vanjaar van 29 September tot 4 Oktober oudergewoonte in Potchefstroom plaas. Dit is steeds die grootste en mees diverse kunstefees in die noorde van die land, en poog soos altyd om ook aan hierdie gemeenskappe blootstelling te gee aan van Suid-Afrika se beste kuns in al sy vorme.
