Leefstyl
Stimuleer jou sintuie en leef jou uit: LitNet se ruimte vir elke leefstyl-voorkeur.
Stimulate your senses and express yourself: LitNet makes room for every lifestyle preference.
Kollig op akademikus JP Rossouw: Onderwysreg
2026-05-13In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. In hierdie video gesels JP Rossouw oor sy agtergrond en navorsing.
SteedsDink met LitNet Akademies: JP Rossouw oor sy akademiese navorsing
2026-05-13In hierdie video gesels JP Rossouw oor onder meer sy navorsing; onderwysreg en nagraadse navorsingsbevindinge; loopbaan bou; en ons onderwysstelsel. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.
KKNK vier 30ste fees (en kondig Kannas-nominasies aan)
2026-05-13"Dit was ’n voorreg om die 30ste KKNK op Oudtshoorn by te woon en te sien wat jonk en oud in verskeie kreatiewe genres verrig."
Pareltjes uit Amsterdam: Buite die Rijksmuseum
2026-05-12Johan Allers is baie lief vir museums. Vandeesweek se ’n pareltje is ’n toer van die tuine om Rijksmuseum én die tonnel onderdeur die museum.
Oorsig ‒ Jakes Gerwel-gesprek (Suidoosterfees 2026): Wie volg Cyril Ramaphosa op en wie trek die toutjies?
2026-05-12"Gert van der Westhuizen het dié sentiment op die tafel geplaas deur te sê dat daar altyd die hoop by mense is dat iemand soos ’n Mandela-figuur sal opstaan en keer dat die land brand. Maar die paneel was skepties oor hierdie idee. Die werklikheid van koalisiepolitiek en gefragmenteerde steun beteken dat geen enkele leier meer absolute mag of invloed kan hê nie."
Persverklaring: RSG Radioteater se Groete van tant Martjie op Donderdagaand 14 Mei om 20:00
2026-05-12Groete van tant Martjie is geskryf deur Paula Hartzenberg en is in Johannesburg opgevoer deur Mari Snyman. Dit word Donderdagaand 14 Mei in Radioteater om 8 uur op RSG, rsg.co.za en die RSG-toep uitgesaai. Dit is beskikbaar as potgooi en op Spotify na afloop van die uitsending.
Nuwe krimidrama, Die oord, ontgin sonskyn-noir
2026-05-12"’n Vakansiedorp aan die kus. Families wat al vir geslagte by dieselfde karavaanpark uitspan. Kinders wat op die strand speel. Braaivleis onder die bome. Alles is idillies – tot daar ’n lyk op die strand uitspoel."
Wyngaard Weekliks: Die konstitusionele hof en die Phala Phala-kwessie
2026-05-11Die konstitusionele hof se besluit op 8 Mei 2026 om die Phala Phala-kwessie na die Nasionale Vergadering terug te verwys, word deur die politieke kommentator Dirk Kotzé van Unisa en die VF Plus se leier, Corné Mulder, ontleed.
’n Reis saam met die Bergengel-reeks op RSG: ’n onderhoud met Pieter van Zyl
2026-05-11"Die werk het van die begin af vir my ’n sterk aantrekkingskrag gehad. Die digterlike taal waarin die reisverhaal geskryf is, was een van die eerste kenmerke wat my getref het. Ek kon iets van Carina Stander se ervaring met beeldhoukuns in haar woordkeuse en driedimensionele beskrywings aanvoel. Ek onthou my opgewondenheid destyds – ek het ’n besonderse kunswerk in my hande vasgehou."
Variasies op ’n tema: ’n filmresensie
2026-05-08"Variasies op ’n tema wys vir ’n week by uitgesoekte teaters in Suid-Afrika (8 tot 14 Mei) om te kwalifiseer vir ’n Suid-Afrikaanse Oscar-benoeming. Dit is ’n ervaring vir deurwinterde, geduldige rolprentgangers wat unieke rolprentbeelde waardeer en as ander mense uit die teater wil stap."
Wiskunde met LitNet-video: Graad 10 – gelyktydige vergelykings en substitusie
2026-05-08As jy in graad 10 is en sukkel om gelyktydige vergelykings en substitusie te verstaan, kan Lee-Ann Langeveld se video jou help!
Wiskunde met LitNet-video: Graad 10 – gelyktydige vergelykings en eliminasie
2026-05-08As jy in graad 10 is en sukkel om gelyktydige vergelykings en eliminasie te verstaan, is Lee-Ann Langeveld voor die swartbord om te verduidelik!
Suidoosterfees 2026: Hettema ontbloot – digters, divas en ’n titsel Parys
2026-05-07"Wat my bybly, is haar eerlikheid en aandagtigheid wat die gehoor onwillekeurig meevoer."
Komvandaan: Waar die natuur jou naam onthou, Suidoosterfees 2026
2026-05-07Dominique Botha het op 30 April 2026 die Suidoosterfees se kunsuitstalling geopen. Die tema van die fees se kunsprogram vanjaar was Komvandaan: Waar die natuur jou naam onthou. Carin Bester is die fees se kunskurator.
Pareltjes uit Amsterdam: Beyond the Manosphere in die Stedelijk Museum
2026-05-05Johan Allers besoek die Stedelijk Museum en ontdek ’n pareltje in die uitstalling Beyond the Manosphere – masculinities today.
Persverklaring: RSG Radioteater, ’n Onverwagse krismisboks op Donderdagaand 7 Mei om 20:00
2026-05-05’n Onverwagse krismisboks uit die pen van Christo Davids op Donderdag 7 Mei is ’n roerende werk uit die argief en is in 2013 as deel van RSG se eerste kunstefees uitgesaai.
Suidoosterfees 2026: Moslemafrikaans gevier in Ek en jy, tot laat toe, of dan Brasse, tot laat toe
2026-05-05"Gebruik ons dus die stuk, so netjies gedoen in Moslemafrikaans, as ’n leë raam waarin ons, as die gehoor, moet kyk, word die vrae ook aan ons gevra: Sien jy dalk jouself in die raam? Is dit nodig dat jy en jou onsigbare selfbeeld mekaar tot laat toe in die oë kyk?"
Suidoosterfees: ’n resensie van Wat om te doen as die wêreld brand
2026-05-04"Daar is ’n oomblik wanneer die orakel oor die saggeaarde mense in die samelewing praat – die kunstenaars, die skrywers, die mense wat aan ander gee. Sy beklemtoon die feit dat mens eers aan jouself moet gee."
Dalene Matthee-boekefees 2026: ’n onderhoud met Darryl David
2026-05-04"Ons is egter stilweg vol vertroue oor die Dalene Matthee Boekefees, want dit bied die suiwerste vorm van literêre toerisme in Suid-Afrika. Benewens Olive Schreiner, watter ander skrywer het ’n monument wat aan haar opgedra is?"
Carmen by die Kunstekaap: ’n onderhoud met Van Wyk Venter
2026-05-04"Opera is nie ’n druk-van-’n-knoppie-storie nie. Dis ure in die repetisielokaal, met seer lywe en moeë stemme aan die einde van die dag. Niks kunsmatig daaraan nie."
