Darryl David, feesimpresario, deel sy gunstelingfoto’s van die 2026 Etienne van Heerden Veldsoirée.
*
Hier is van die sprekers:

Juliana Pistorius

Frederik de Jager

Heindrich Wyngaard

Andries Bezuidenhout

Tom Dreyer

Louise Viljoen

Mphuthumi Ntabeni

Riana Scheepers

Piet Croucamp
Refiloe Moahloli het energie en passie gemeng in haar praatjie. Klik op die video, of volg hierdie skakel.

Ons het hard gedink, maar ook lekker geëet.

Een van die Tuishuise wat met groot sorg deur wyle Sandra Antrobus gerestoureer is. Dit vorm nou deel van die Tuishuise en Victoria Manor se verblyfaanbod. Sandra is verlede jaar oorlede en haar dogters bedryf die instelling nou. ’n Groot deel van die Veldsoirée is by die Victoria Manor gehou.

Julio Agrello, skrywer van die Zeus-boeke, het die Veldsoirée bygewoon.

Sarie, Nicolien en Lucille, drie van die gasvryheidspersoneel by die Tuishuise en Victoria Manor. (Hulle het net name verskaf.)

Tyd vir ’n selfie. Van links is Andile Bhali, ek, Anschen Conradie en Naomi Meyer.

Liza Badenhorst is die kurator van die Schreiner-huismuseum op Nxuba.

’n Egte Londen-taxi in die Karoo. Rosie Visser, die mede-eienaar van Buffelshoek DiRosie Lodge waar van die lesings op Saterdag 25 Julie gehou is, het onlangs die voertuig bekom. Dit ry nog en heet ... Rosie.
En vir treinliefhebbers was daar ’n baie interessante oomblik. Klik op die video, of volg hierdie skakel.

Tafelversierings by Buffelshoek DiRosie Lodge.

’n Deel van die viertrekkonvooi wat gaste na Schreiner se sarkofaag geneem het.

Etienne van Heerden op een van die viertrekbakkies.

Gerhard van Cradock Tyre Worx het my teen die steiltes uit geneem na bo.

Die uitsig vanaf Buffelskop vanuit Gerhard se 4x4.

Ná die rit teen die berg op is daar nog ’n klim tot by Schreiner se sarkofaag.

Maria Geustyn, wat die finale lesing langs Olive Schreiner se sarkofaag gelewer het.

Charl-Piere Naudé en Tom Dreyer by Schreiner se sarkofaag.

Annemarié van Niekerk en Jaap Goedebure bo-op Buffelskop.

Gerhard, my bestuurder, ek en Jaap

Ná ’n groot aantal prikkelende lesings het afstap na die bakkies ook verrassings ingehou.

Willie Burger staar oor die einders.

Deelnemers kan volgende jaar net vir hierdie uitsig kom.
Lees ook:
Orde van die Windpomp die sewende keer by die Etienne van Heerden Veldsoirée toegeken

