Veldsoirée 2026: Die sewende, die einde van die waarheid, die sterfte van fiksie, die grafrede by die laaste boek en laaste leser.

“Maar sewe laat my ook onmiddellik dink aan Etienne Leroux se Sewe dae by die Silbersteins. En ja, tussen die fiktiewe ruimte van Welgevonden en die werklikheid van die sarkofaag op Buffelshoek is daar steeds die groot soeke. Dit is waarmee daar dié naweek deur sessie na sessie geworstel is. Dié soeke, die stoei met sin, maniere om opnuut te ‘disrupt’, soos Mphuthumi Ntabeni dit gestel het.”