Leefstyl

Stimuleer jou sintuie en leef jou uit: LitNet se ruimte vir elke leefstyl-voorkeur.
Stimulate your senses and express yourself: LitNet makes room for every lifestyle preference.

Suidoosterfees 2026: ’n onderhoud met Gerrie Lemmer

Naomi Meyer, Gerrie Lemmer Suidoosterfees 2026-04-24

"Om vanjaar by die Suidoosterfees en die Woordfees se kinder- en jeugteaterproduksies betrokke te wees, glo die ATKV dat dit geleentheid tot grenslose gehoorontwikkeling, talentontginning en die volhoubare daarstelling van ’n goeie industrie in die kunste sal skep."

Suidoosterfees 2026: ’n onderhoud met Jana Hattingh

Naomi Meyer, Jana Hattingh Suidoosterfees 2026-04-24

"Daar is absoluut geen groter bevrediging as om te sien hoe feesgangers hulleself geniet nie. Ons gehore is uniek en jy kry hulle eenvoudig nêrens anders nie. Om jong kunstenaars te sien terwyl hulle hul eerste professionele treë by die Suidoosterfees gee, vul my met inspirasie, want ’n jaar of twee later sien jy hulle op TV, of kom hulle terug fees toe as volwaardige, professionele kunstenaars."

Wyngaard Weekliks: Malema, Phala Phala en Masemola: Is alle hoë koppe gelyk voor die reg?

Heindrich Wyngaard, Willie Spies, Pauli van Wyk, Jeremy Vearey Onderhoude 2026-04-23

Die vonnisoplegging van die EFF-leier, Julius Malema, ná sy skuldigbevinding aan onder meer die onwettige besit van ’n vuurwapen en die afvuur van ’n vuurwapen in die openbaar is onder die onderwerpe wat deur Heindrich Wyngaard en sy drie gaste onder die loep geneem word. Hulle is die joernalis Pauli van Wyk, die prokureur Willie Spies en die afgetrede senior polisielid Jeremy Vearey.

Persverklaring: Bibi Slippers rig die 2026 Tuin van Digters-feesprogram

LitNet Feeste 2026-04-23

Die fees, alom bekend as die Tuiste van Afrikaanse Digkuns, vind vanjaar van 11 tot 12 September 2026 plaas.

Persverklaring: Plekspesifieke drama neem voortou by KKNK se Kannas

LitNet KKNK 2026-04-23

Die KKNK se Kanna-pryse word deur ’n onafhanklike paneel beoordeel en bekroon jaarliks uitnemendheid by dié fees in die Klein Karoo.

Suidoosterfees: Komedie bied tuiste vir eg Kaapse lag uit die maag

LitNet Suidoosterfees 2026-04-22

Van 1 tot 3 Mei 2026 bring die Cape Town Comedy Club (CTCC) en die Suidoosterfees ’n vrolike, grensverskuiwende viering van stand-up-komedie as kultuur, kuns en suiwer plesier.

Dans op die Suidoosterfees: Kom tuis in die ritme en beweging van gedeelde verhale

LitNet Suidoosterfees 2026-04-22

Soos die legendariese choreograaf Gregory Maqoma opmerk, is dans meer as net beweging; dit is die "storie van waar ’n mens vandaan kom". Deur elke vertoning word gehore uitgenooi om hul eie sin van behoort en tuiskoms in die ritme van ons gedeelde verhale te vind. Ses uiteenlopende danswerke bring stories van identiteit, gemeenskap en veerkragtigheid deur die lens van choreografie na die verhoog.

Suidoosterfees se ATKV Kinder- en Jeugteater: Waar talentvolle jong stemme ’n tuiste vind

LitNet Suidoosterfees 2026-04-22

Van klassieke hervertellings tot eksperimentele nuwe werk, van skole en universiteite tot gemeenskapsprojekte, bied die program ’n ryk verskeidenheid teater vir jong gehore van so jonk as 3 jaar tot op studentevlak.

Suidoosterfees 2026: Onderhoud oor die Jakes Gerwel-gespreksreeks

Naomi Meyer, Theo Kemp Suidoosterfees 2026-04-22

Theo Kemp, uitvoerende direkteur van die Jakes Gerwel Stigting, praat met Naomi Meyer oor die Jakes Gerwel-gespreksreeks by vanjaar se Suidoosterfees.

Suidoosterfees 2026: Klink ’n glasie met wynmeesters op Sauvignon Blanc-dag

Maryke Roberts, Danie van der Merwe, Hagen Viljoen, Mosima Mabelebele, Jean Nel Suidoosterfees 2026-04-22

Die aanbieder van die VIA-reeks Die wynmeester, Danie van der Merwe, kuier op Internasionale Sauvignon Blanc-dag saam met drie gerekende wynmakers van Sauvignon Blanc SA by die Suidoosterfees.

Persverklaring: RSG Radioteater, Kalahari-sterre deur Adam Willemse op Donderdagaand 23 April om 20:00

LitNet Leefstyl 2026-04-21

Die drama, Kalahari-sterre, deur Adam Willemse, is as die algehele wenner aangewys in die 2025 RSG Radiodramaskryfkompetisie in samewerking met die ATKV.

Stemnota: Malema hou hof

André Duvenhage LitNetKanaal op YouTube 2026-04-21

EFF-leier Julius Malema se opmerkings oor die landdros wat vir hom tot vyf jaar tronkstraf gevonnis het vir die onwettige besit van ’n vuurwapen, laat die wenkbroue lig. Politieke ontleder André Duvenhage lewer kommentaar.

Ek, ouer ’n toneelstuk waarmee baie ma’s sal identifiseer: ’n onderhoud met Jeani Heyns

Naomi Meyer, Jeani Heyns Teater 2026-04-21

"Die Durbanville-mamma-subkultuur. Ai, ai. Daar is soveel stemme wat vir mammas skree wat hulle moet en nie moet doen nie. Is jou naels netjies genoeg? Hoe groot was jou laaste fondsinsamelingsgeleentheid?"

Persverklaring: FAK-Kultuurnaweek bring kunsenergie na die Boland

LitNet Leefstyl 2026-04-20

Die FAK-Kultuurnaweek word afgesluit met ’n intieme konsert in die wynkelder, waar Montpellier se bekroonde Spyseniersberg-wyn die ervaring afrond.

Toorkombuis: ’n spesiale bredie vir die herfs

Karen Hart Kos en wyn 2026-04-17

"Ek glo ook nie jy moet jou bredies laat oorstaan vir die winter nie. Selfs op ’n dag wat vra na koue vleise, slaai en alles wat afkoel en verkwik, hunker ek na ’n lamsvleis-en-groente-bredie in ’n dik en donker sous. Ek wil voel hoe die bredie my toevou in sy omhelsing, my koester soos ’n ou vriendskap …"

Persverklaring: RSG Radioteater, Suikerbek deur Igrid Penzhorn op Donderdagaand 16 April om 20:00

LitNet Leefstyl 2026-04-16

Die gesamentlike naaswenner van die 2025 RSG-radiodramaskryfkompetisie in samewerking met die ATKV, Suikerbek, deur Ingrid Penzhorn is op  ’n manier ’n versuikerde weergawe van groot uitdagings en dilemmas vir jongmense. Carolien is ’n mediese student wat finansieel noustrop trek. ’n Medestudent, Saskia, vertel haar hoe sy maklik geld kan verdien deur ’n gesellin vir ’n welgestelde man te wees. 

Stemnota: Vuurwapensaak – Malema-hofuitspraak (16 April 2026)

André Duvenhage LitNetKanaal op YouTube 2026-04-16

Julius Malema is Donderdag tronkstraf opgelê in die vuurwapensaak. Wat gaan die impak van die hofuitspraak van 16 April 2026 op Malema en die EFF wees? Luister na politieke ontleder André Duvenhage se kommentaar.

Suidoosterfees: Eerste vir alles, ’n onderhoud

Yolanda du Toit, Frank Opperman, Margit Meyer-Rödenbeck, Wessel Pretorius Suidoosterfees 2026-04-16

Yolanda du Toit praat met Margit Meyer-Rödenbeck, Frank Opperman en Wessel Pretorius oor die Suidoosterfees-produksie, Eerste vir alles.

Suidoosterfees se NATi Jong Sterre op pad na "volwaardige kunstenaarskap"

LitNet Suidoosterfees 2026-04-16

Met die fees se tradisionele fokus op die ontwikkeling van jong talent, is die NATi Jong Sterre-program jaarliks ’n hoogtepunt waar nuwe loopbane in die teaterwêreld rigting vind.

Suidoosterfees 2026: Die poskantoor – ’n onderhoud

Yolanda du Toit, Jeanne-Marié Koekemoer Suidoosterfees 2026-04-16

"Ek hoop ook die produksie skep ’n oomblik van stilwees, ’n ruimte vir refleksie, wat anders as die oorweldigende stroom van stemme en beelde op ons fone, die geleentheid bied om werklik stil te staan. Hopelik kan dit lig werp op van ons land se mees dringende kwessies. Daar ís ruimte vir vergifnis en daar is baie plek vir hoop."

Top