Algemene bestuurder: Gasvryheid. ’n Vakature by The Story of Emily-besienswaardigheid, Verenigde Koninkryk

  • 0

The Story of Emily in Cornwall – ’n erfenisbesienswaardigheid en kulturele bestemming van nasionale belang – is deel van die Babylonstoren- en The Newt-groep. Die Algemene Bestuurder sal verantwoordelik wees vir oorkoepelende leierskap, prestasie, volhoubaarheid en die openbare beeld van die besigheid. 

Hierdie is ’n senior leierskapsrol wat die volgende omvat: kommersiële bestuur, erfenisrentmeesterskap, uitnemendheid ten opsigte van gasvryheid en gemeenskapsverteenwoordiging.

Doel van die rol

Om leiding te neem en The Story of Emily as ’n volhoubare erfenis- en gasvryheidsbesigheid van hoogstaande gehalte daar te stel, terwyl die kulturele missie, finansiële prestasie en langtermyngroei deur middel van sterk strategie, gedissiplineerde uitvoering en uitstekende menseleierskap bewerkstellig word.

Vereistes en Verantwoordelikhede
  • Moet oor ’n toepaslike B-graad beskik.
1. Strategie, Beplanning & Lewering
  • Neem leiding in die skepping en lewering van die perseel se strategie by wyse van die jaarlikse besigheidsbeplanning en begrotingsproses.
  • Verwoord langtermyndoelstellings as duidelike bedryfsplanne, kapitaalprogramme en inisiatiewe vir groei.
  • Sien toe dat alle departemente in ooreenstemming is met die ooreengekome besigheidsplan en prestasiemikpunte.
2. Finansiële Leierskap & Goeie Korporatiewe Bestuur
  • Volle eienaarskap van die perseel se wins-en-verlies-staat, waaronder inkomste, kostebeheer, marge en beleggingsbesluite.
  • Sien toe dat besluite binne die raamwerk van goeie finansiële bestuur, risikobestuur en aanspreeklikheid geneem word.
  • Toesig oor prysbepaling, personeelvoorsieningsmodelle en kapitaalbelegging om langtermynvolhoubaarheid te maksimeer.
3. Werksaamhede & Gaste-ervaring
  • Oorkoepelende leierskap oor alle werksaamhede op die perseel, met inbegrip van:
    • Besoekerervaring (Rectory, War Rooms, uitstallings, gasheerskap)
    • Restaurant, kleinhandel en funksies
    • Gronde, tuine en voorkoms van die landgoed
    • Tegniese en uitstallingstelsels
  • Verseker ’n konsekwent hoë standaard ten opsigte van veiligheid, betroubaarheid, storievertelling en gasvryheid.
4. Eiendom & Verantwoordelikhede van Grondeienaar
  • Tree as grondeienaar op vir alle eiendomme op die perseel, met inbegrip van personeelverblyf en huureiendomme.
  • Verseker dat daar ten volle voldoen word aan wette en regulasies ten opsigte van:
    • Gesondheid & veiligheid
    • Gas, elektrisiteit en brandveiligheid
    • Verpligtinge rakende verhurings en huurders
    • Eiendomsinstandhouding en risikobestuur
5. Menseleierskap, Kultuur & Konflikoplossing
  • Lei en ontwikkel die volledige bestuurs- en eerstevlakspan.
  • Hanteer geskiloplossing, konflikbestuur en prestasiebestuur ten einde ’n gesonde, respekvolle en produktiewe werkskultuur te handhaaf.
  • Bou ’n leierskapspan met hoë onderlinge vertroue wat in staat is om daaglikse werksaamhede vlot te laat verloop sowel as langtermyngroei te bewerkstellig.
6. Verslagdoening aan Belanghebbendes en Aandeelhouers
  • Neem eienaarskap van die formele verslagdoeningsproses aan senior belanghebbendes en aandeelhouers.
  • Doen duidelik, akkuraat en betyds verslag oor:
    • Finansiële prestasie
    • Bedryfsgesondheid
    • Risiko’s en probleme
    • Strategiese vordering
7. Eksterne Verteenwoordiging & Profiel
  • Verteenwoordig The Story of Emily by:
    • Plaaslike, nasionale en internasionale konferensies
    • Funksies en toekenningsgeleenthede
    • Gemeenskaps- en erfenisforums
  • Lewer voorleggings aan belangegroepe, die media en vennote vir promosie- en opvoedkundige doeleindes.
  • Tree op as die openbare gesig van die besienswaardigheid by:
    • Plaaslike regering
    • Gemeenskapsorganisasies
    • Toerismeliggame
    • Toekennings en erfenisinstansies
8. Vennootskappe & Reputasie
  • Bou en bestuur verhoudings met:
    • Plaaslike rade en toerismeorganisasies
    • Gemeenskapsgroepe
    • Kulturele en erfenisliggame
    • Verskaffers, borge en vennote
  • Beskerm en verbeter die reputasie, geloofwaardigheid en nasionale profiel van The Story of Emily.
Vergoeding

(Lokprent deur Tumisu van Pixabay)

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top