Persverklaring: The Perfect Pitch, ’n miljoenrand-teaterdroom

  • 0

Saartjie Botha (Foto verskaf en verskyn met toestemming; foto-erkenning ©2026 Liesl Steenkamp)

The Perfect Pitch is ’n nuwe inisiatief van die Toyota Stellenbosch Woordfees en ondersteun deur EasyEquities.

Hoe werk dit?

Het jy al ooit gewonder wat sal gebeur as jy die haaie van Shark Tank tussen ’n klomp teatermakers loslaat? Die antwoord is The Perfect Pitch, ’n unieke geleentheid vir die land se voorste teatermakers om sake uit te spook vir die groot prys: ’n verstommende R1 miljoen in ontwikkelingsfinansiering.

’n Uitgesoekte groep finaliste kry vyf minute om hul droomproduksie aan ’n paneel sakeleiers en beleggers te pitch, met tot R1 miljoen se ontwikkelingsfinansiering beskikbaar. Bekendes soos Saartjie Botha, Cornelia Faasen, Pieter Toerien en Carel Nolte van EasyEquities is op die beoordelaarspaneel. Dit is rou en spontaan, en die paneel se reguit terugvoering en skerp vrae waarborg ’n vermaaklike en unieke ervaring.

Gehoorlede kyk nie net hoe die drama ontvou nie, jy het die teks in jou hand. Stem vir jou gunsteling-konsep, dra by tot die Audience Favourite-fonds, of ondersteun die projek wat jou hart steel as individuele donateur.

Wie kan inskryf?

Enige professionele teatermaker met ’n sterk konsep vir ’n teaterproduksie kan inskryf. Die inskrywingsvorm moet voltooi word teen 30 Augustus en is beskikbaar op www.woordfees.co.za

Dis ’n groot geleentheid vir Suid-Afrikaanse teatermakers om hul volgende groot produksie te laat realiseer.

Of jy nou ’n teaterliefhebber is op soek na ’n opwindende aand uit, ’n donteur met diep sakke, ’n kunstenaar met ’n blink plan en hope talent, jy wil nié hierdie nuutjie misloop nie.

Lees ook:

Persverklaring: Toyota Stellenbosch Woordfees 2026 – program bekend

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top