’n Gedetailleerde program van die Etienne van Heerden Veldsoirée

  • 0
Program:
Etienne van Heerden Veldsoirée
24–26 Julie 2026
Nxuba (Cradock)

Aangebied deur LitNet Akademies, ’n maatskappy sonder winsbejag

Vrydag 24 Julie

 09:00–13:00: ATKV-skryfskool

(R380 per persoon)

Dit is noodsaaklik om vooraf te bespreek vir die ATKV-Skryfskool. Kontak Elsje by reservations@tuishuise.co.za om jou plek te bespreek.

Poësie aangebied deur Bernard Odendaal (Raadsaal van die Victoria Manor).

Prosa aangebied deur Hannes Barnard (Die biblioteek aan die einde van die wêreld, in Markstraat).

Bernard Odendaal is ’n buitengewone professor verbonde aan die Navorsingseenheid vir Tale en Letterkunde in die Suid-Afrikaanse Konteks van die Noordwes-Universiteit. Twee digbundels uit sy pen, Onbedoelde land in 2007 en Nootvat. Kwashaal. Stapel. in 2021, het by Tafelberg verskyn.

Hannes Barnard het gedebuteer met die jeugroman Halley se komeet, wat hy self in Engels vertaal het as Halley’s Comet. Daarna is Wolk – sy apokaliptiese avontuurverhaal vir jongmense – vrygestel. Die romans Vuur en Roet het daarop gevolg. Hy het ook ’n misdaadroman, Die wet van Gauteng, geskryf.

13:00 Middagete

R150 per persoon, Victoria Manor

Kontantkroeg beskikbaar 

13:45–17:45
Lesings in die Victoria Manor

(Gratis, geen bespreking nodig nie)

Verwelkoming

Darryl Earl David is veral bekend as die stigter van Suid-Afrika (en Afrika) se enigste Boekedorp, Richmond in die Karoo. Hy is ook die persoon wat boekfeeste op die literêre kaart van Suid-Afrika gevestig het. Darryl is ’n skrywer uit eie reg.

Nomadiese skrywerskap

Annemarié van Niekerk was voordat sy 22 jaar gelede Nederland toe verhuis het, dosent in Afrikaanse letterkunde. In Nederland is sy ’n vryskutresensent by Trouw. Haar memoires, Om het hart terug te brengen, wat in Nederland bekroon is met die Henriette Roland Holst-prys, het in Afrikaans verskyn as Onder ’n bloedrooi hemel, en twee maande gelede ook in Engelse vertaling deur Michiel Heyns as Under a blood red sky. Haar eerste roman het so pas die lig gesien, tegelykertyd in Afrikaans as Die oorkant en in Nederlands as Die strafstoel.

’n Dieper sport bevryding as die politieke

Charl-Pierre Naudé is ’n digter, romanskrywer en filosoof met etlike publikasies op sy kerfstok. Hy skryf soms resensies en lewer akademiese artikels in sy vak. Hy is getoë in Oos-Londen, en assosieer homself met die Kaap, die Overberg, Stellenbosch en Johannesburg, waar hy die meeste van sy professionele jare deurgebring het sover. Hy het ’n meestersgraad in die letterkunde en ’n PhD in filosofie aan die Universiteit van die Vrystaat behaal.

Baklei sonder bloed: politieke weerstand in die Bergengel-boekreeks

Carina Stander is ’n visuele kunstenaar en skrywer. Sy het haar twee digbundels en vyf romans telkens bekendgestel met kunsuitstallings. Die Bergengel-reeks, ’n tetralogie, is in geheel op RSG voorgelees. Talle van haar gedigte, kortverhale en twee romans is vir skole voorgeskryf. As reisjoernalis het sy sowat 300 reisartikels op haar kerfstok. Sy woon in die Tsitsikamma saam met haar man en twee seuns.

Jakes Gerwel se kreatiewe skryf-werk

Steward van Wyk is ’n afgetrede professor van Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit van Wes-Kaapland.

Fiktiewe verwysings in regsake: die skuld van KI, of lê die blaam dalk elders?

Jos Floor is ’n ou vriend van LitNet en groot voorstander van LitNet se slagspreuk “Krities Afrikaans”. Hy is ’n getoë Potchefstromer en het via Amsterdam sy weg na Stellenbosch gevind. Jos is ’n praktiserende prokureur en bevind hom telkens weer op die snypunt van die reg en tegnologie.

Om sin te maak van universiteite wat brand

Andries Bezuidenhout is ’n akademikus, musikant, skilder en digter. Hy werk aan die Universiteit van Fort Hare en woon in Edikeni in die Oos-Kaap. Hy spesialiseer in arbeids- en ontwikkelingstudies en sy kuns gaan oor landskappe, geskiedenis en die onmoontlike behoefte om iewers tuis te voel.

Is daar nog ’n toekoms vir die letterkunde aan die universiteit?

Vasti Roodt is vanaf 1 Januarie 2025 die eerste vrouedekaan van die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe (FASS). Haar navorsingspesialiteit is morele en politieke filosofie, met spesifieke fokus op die werk van Friedrich Nietzsche en Hannah Arendt, die openbare-private onderskeid, die konsep van geweld, en konseptuele etiek. Haar huidige navorsing ondersoek die rol van metafoor en analogie in ons beredenering oor politieke vraagstukke.

18:00 Aandete

R250 per persoon, Victoria Manor

Kontantkroeg beskikbaar

19:30–20:00
Lesing in die Victoria Manor

(Gratis, geen bespreking nodig nie)

Agteruit die toekoms in – spekulatiewe fiksie as ’n braakland

Anton Roodt praktiseer voltyds as argitek, erfeniskonsultant en stedelike beplanner. Hy skryf deeltyds. Aan die hemeltrans is sy tweede roman. Sy debuutroman, Weerlose meganika, het in 2020 by Tafelberg verskyn. Weerlose meganika het die Jan Rabie-Rapport-prys vir ’n debuut- of tweede roman in 2021 ontvang.

20:00 tot kuiertyd
Kort voorlesings en sang in die Victoria Manor

(Gratis, geen bespreking nodig nie)

Annemarié van Niekerk    

Annemarié van Niekerk was voordat sy 22 jaar gelede Nederland toe verhuis het, dosent in Afrikaanse letterkunde. In Nederland is sy ’n vryskutresensent by Trouw. Haar memoires, Om het hart terug te brengen, wat in Nederland bekroon is met die Henriette Roland Holst-prys, het in Afrikaans verskyn as Onder ’n bloedrooi hemel, en twee maande gelede ook in Engelse vertaling deur Michiel Heyns as Under a blood red sky. Haar eerste roman het so pas die lig gesien, tegelykertyd in Afrikaans as Die oorkant en in Nederlands as Die strafstoel.

Bernard Odendaal en Robert Schall

In 2020 sien Kruis van liefde by Naledi die lig – ’n bundel Paasgedigte en -liedtekste wat Bernard Odendaal saam met Hans du Plessis geskep het. ’n Oratorium, met toonsettings deur Franco Prinsloo, het hieruit voortgespruit. As liedteksskrywer en -vertaler het Bernard Odendaal meegewerk aan vyf CD’s, veral met die sanger Herman van den Berg. ’n Bundel getiteld Piaf & Brel: Luisterryk!, wat in Maart 2023 by Imprimatur verskyn het, bevat ’n versameling liedvertalings uit die Frans waaraan hy met Naòmi Morgan meegewerk het.

Robert Schall is in Duitsland gebore en het daar grootgeword. Hy studeer aan die Universiteite Karlsruhe (Duitsland) en Kaapstad en was professor in wiskundige statistiek aan die Universiteit van die Vrystaat. In onlangse jare vertaal hy Afrikaanse digkuns in Duits (bv Boerneef, Van Wyk Louw) en Duitse digkuns in Afrikaans (bv Goethe, Jan Wagner).

Elmarie Dercksen

Elmarie Dercksen vertel nog altyd stories. Sy studeer musiek, letterkunde en teologie; is liedjiemaker, orkes- en koorleier, jazz-sanger, rubriekskrywer, motorfietsryer, asemhalingsafrigter en predikant. Sy en haar saamgestelde gesin woon in Melkbosstrand. Om ma te wees is die mees kreatiewe werk van haar lewe, maar sy hou aan skryf omdat sy nie anders kan nie.  Haar debuutroman was Die gawe van groen en haar tweede, Wat die witbors wou sê, het pas verskyn.

Charl-Pierre Naudé

Charl-Pierre Naudé is ’n digter, romanskrywer en filosoof met etlike publikasies op sy kerfstok. Hy skryf soms resensies en lewer akademiese artikels in sy vak. Hy is getoë in Oos-Londen, en assosieer homself met die Kaap, die Overberg, Stellenbosch en Johannesburg, waar hy die meeste van sy professionele jare deurgebring het sover. Hy het ’n meestersgraad in die letterkunde en ’n PhD in filosofie aan die Universiteit van die Vrystaat behaal.

Hannes Barnard

Hannes Barnard het gedebuteer met die jeugroman Halley se komeet, wat hy self in Engels vertaal het as Halley’s Comet. Daarna is Wolk – sy apokaliptiese avontuurverhaal vir jongmense – vrygestel. Die romans Vuur en Roet het daarop gevolg. Hy het ook ’n misdaadroman, Die wet van Gauteng, geskryf.

Andries Bezuidenhout en sy kitaar

Andries Bezuidenhout is ’n akademikus, musikant, skilder en digter. Hy werk aan die Universiteit van Fort Hare en woon in Edikeni in die Oos-Kaap. Hy spesialiseer in arbeids- en ontwikkelingstudies en sy kuns gaan oor landskappe, geskiedenis en die onmoontlike behoefte om iewers tuis te voel.

Saterdag 25 Julie

08:00–08:30
Gesprek in die Victoria Manor

(Aangebied deur die ATKV-skryfskool, gratis en oop vir almal)

Die waarde van poësievertaalwerk

As Afrikaanse en Nederlandse letterkundige is Bernard Odendaal die skrywer van sowat 70 vakkundige artikels en boekbydraes, asook van meer as 300 resensies en rubrieke. ’n Keur uit sy rubrieke, Woorde hul storie sien ken, is in 2016 deur Naledi gepubliseer.

Robert Schall is in Duitsland gebore en het daar grootgeword. Hy studeer aan die Universiteite Karlsruhe (Duitsland) en Kaapstad en was professor in wiskundige statistiek aan die Universiteit van die Vrystaat. In onlangse jare vertaal hy Afrikaanse digkuns in Duits (bv Boerneef, Van Wyk Louw) en Duitse digkuns in Afrikaans (bv Goethe, Jan Wagner).

08:00–10:00
ATKV-skryfskool, vervolg

(Slegs vir diegene wat vooraf bespreek en betaal het; voortsetting van vorige dag se program.)

Poësie aangebied in die raadsaal van die Victoria Manor.

Prosa aangebied in Die biblioteek aan die einde van die wêreld, in Markstraat.

10:20–13:00
Lesings by DiRosie Lodge, Buffelshoek

(Gratis, geen bespreking nodig nie)

Die stem van die skrywer in verkiesingstyd

Heindrich Wyngaard is ’n mediapersoonlikheid en meningsvormer, ook die aanbieder van die potgooi Wyngaard Weekliks op LitNet se YouTube-kanaal, maar sy dagtaak is uitvoerende voorsitter van die burgerregte-organisasie Kaapse Forum.

Wat’s die absoluut laatste wat ek jou kan laat weet?

Mercy Kannemeyer doseer aan die Universiteit Johannesburg en is die voorsitter van PEN Afrikaans. Sy is ook ’n teater- en filmmaker.

The unmaking of the colonial archive and the aesthetics of evasion

Mphuthumi Ntabeni is a writer.

William Kentridge en die kuns van opera uit die Suide

Juliana Pistorius is ’n Europese navorsingsadviseur aan die Universiteit Gent, België. Ná ’n doktorsgraad in musiekgeskiedenis aan die Universiteit Oxford het sy postdoktorale navorsing gedoen aan die Universiteit van Huddersfield, Wits, en University College London. Sy is die outeur van Postcolonial opera: William Kentridge and the unbounded work of art (Oxford University Press, 2025).

Die mond is ’n onbevoegde veroweraar

Tom Dreyer het die Hertzogprys vir poësie ontvang vir sy digdebuut Nou in infrarooi. Brief op veertigduisendvoet is sy tweede bundel.

13:00 Middagete

R150 per persoon, DiRosie Lodge, Buffelshoek

Kontantkroeg beskikbaar

13:45–17:45
Lesings by DiRosie Lodge, Buffelshoek

(Gratis, geen bespreking nodig nie)

Doggone Days

Darryl Earl David is veral bekend as die stigter van Suid-Afrika (en Afrika) se enigste Boekedorp, Richmond in die Karoo. Hy is ook die persoon wat boekfeeste op die literêre kaart van Suid-Afrika gevestig het. Darryl is ’n skrywer uit eie reg.

Whose line is it anyway? Kopiereg, oorspronklikheid en outeurskap in die era van kunsmatige intelligensie

Naomi Meyer is ’n toegelate prokureur. Ná haar regstudies en klerkskap, voltooi sy haar meestersgraad met lof by die Universiteit van Kaapstad, Departement Afrikaans en Neerlandistiek. Sy is tans by LitNet betrokke en is besig met ’n meestersgraad in kopiereg. 

Taalverwerwing, toegang en posisionering: ’n meertalige perspektief.

Asambese Mkumatela werk vir die Universiteit Stellenbosch, haar alma mater. In 2023 behaal sy haar MA-graad in vertaling (cum laude) aan die Universiteit Stellenbosch oor die onderwerp “’n Ondersoek na die vertaalmetodes gebruik deur Afrikaanstaalverwerwingstudente”. Haar navorsingsgebiede is vertaling en taalverwerwing.

Kontakletterkunde: ’n ander manier van kyk na Afrikaanse literatuurgeskiedenis

Willie Burger doseer Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit van Pretoria. Hy is die outeur van Bastard literature. Afrikaans literature  in the contact zone (2026, Routledge).

KI en die uitgewersbedryf: the good, the bad and the ugly

Annie Olivier is ’n niefiksie-uitgewer en hoofbestuurder by Tafelberg, Human & Rousseau, Queillerie en Kwela. Sy het haar loopbaan as ’n joernalis begin, maar het ’n holte vir haar voet in die uitgewersbedryf gevind.

Die Louwhuis en Museum Sutherland

Japie Gouws is ’n voormalige besturende direkteur van die ATKV-groep. In Aberdeen in die Oos-Kaap gebore; geoktrooieerde rekenmeester, lank betrokke by landboukoöperasies en -maatskappye. Betrokke by verskeie niewinsgewende organisasies, hoofsaaklik in die kuns- en kultuurwêreld. Versamelaar van Suid-Afrikaanse musiek en films.

Twee oversijden

Yves T’Sjoen is gewoon hoogleraar verbonden aan de Afdeling Nederlands van de Vakgroep Letterkunde van de Universiteit Gent en bijzonder hoogleraar van het Departement Afrikaans en Nederlands van de Universiteit Stellenbosch. Specialisaties: moderne Nederlandse literatuur, editiewetenschap en Afrikaanse literatuur. Hij bezorgde of werkte mee aan tal van kritische leesuitgaven van Vlaamse auteurs. Hij is bestuursvoorzitter van het Gents Centrum voor het Afrikaans en de Studie van Zuid-Afrika (Universiteit Gent) en promotor van de Gentse Leerstoel Zuid-Afrika: Talen, Literaturen, Cultuur en Maatschappij. Verder is hij de voorzitter van het Arkcomité van het Vrije Woord en lid van de Koninklijke Academie voor Nederlandse Taal en Letteren. Recente boekpublicaties: Kwintet. Literaire dialogen tussen Afrikaans en Nederlands (2023) en Breyvier. Over taal, burgerschap en Breytenbach (2023).

18:00 Aandete

R250 per persoon, Victoria Manor

Kontantkroeg beskikbaar

19:30–20:30
Lesings in die Victoria Manor

(Gratis, geen bespreking nodig nie)

Write to your own beat: connecting with your inner child

Refiloe Moahloli is a best-selling, award-winning and international author of 22 children’s books and is a trailblazer in South African storytelling. From speaking at corporate events and educational institutions to supporting corporate social initiatives and facilitating workshops, Refiloe is known for her vibrant and engaging talks that resonate with audiences of all ages.

Kunsmatige intelligensie en kreatiwiteit

Burgert Senekal is ’n navorsingsgenoot by die Universiteit van die Vrystaat. Sy navorsing fokus op netwerkwetenskap en die digitale geesteswetenskappe, met spesifieke verwysing na die Afrikaanse letterkunde, film, musiek en kultuur. Hy het ’n uitgebreide publikasierekord wat ewekniebeoordeelde artikels, boeke en hoofstukke in boeke insluit.

20:30 tot kuiertyd
Kort voorlesings in die Victoria Manor

(Gratis, geen bespreking nodig nie)

Tom Dreyer

Tom Dreyer het die Hertzogprys vir poësie ontvang vir sy digdebuut Nou in infrarooi. Brief op veertigduisendvoet is sy tweede bundel.

Mphuthumi Ntabeni

Mphuthumi Ntabeni is a writer.

Naomi Meyer

Verskeie van Noami Meyer se kortverhale is al gepubliseer. Haar jeugroman Ruik jy die filmster? het in September 2006 by Tafelberg verskyn. Sy het in 2009 die Duleek Heritage Group-kortverhaalkompetisie in Ierland gewen met haar kortverhaal “Water”. Haar spanningsroman Web verskyn in Maart 2017 by Queillerie, en Seeperde, ’n kinderboek, verskyn in 2023 by Pan Macmillan South Africa.

Riana Scheepers

Benewens skrywer is Riana Scheepers ook plaaswerker, geleentheidspreker, motiveerder, wynboer, restoureerder en liefhebber van die natuur.

Carina Stander

Carina Stander is ’n visuele kunstenaar en skrywer. Sy het haar twee digbundels en vyf romans telkens bekendgestel met kunsuitstallings. Die Bergengel-reeks, ’n tetralogie, is in geheel op RSG voorgelees.

Etienne van Heerden

Etienne van Heerden is skrywer en toenmalige Hofmeyr-professor in die Skool vir Tale en Letterkundes aan die Universiteit van Kaapstad. Hy is stigter-redakteur van LitNet, wat in Januarie 1999 die eerste keer die lig gesien het nadat hy ’n voorstel vir ’n aanlyn boekejoernaal aan 24.com gemaak het. Sedertdien het hy LitNet uitgebou, en bestuur dit steeds as uitvoerende redakteur. Sy nuwe Afrikaanse roman, Diereriem, sowel as die Italiaanse vertaling van Die swye van Mario Salviati, verskyn in Oktober 2026.

Orde van die Windpomp word toegeken.

Sondag 26 Julie

08:30–12:15
Lesings in die Victoria Manor

(Gratis, geen bespreking nodig nie) 

Falende helden

Jaap Goedegebuure het literatuurwetenskap in Leiden, Wes-Berlyn, Tilburg en Nijmegen gedoseer. Sedert 1975 resenseer hy vir die Nederlandse dag- en weekbladpers. Hy is skrywer van die biografieë van Hendrik Marsman en Frans Kellendonk, en meer as 15 boeke en tientalle artikels en essays oor die Nederlandse en Europese letterkunde van die 19de en 20ste eeue.

Water, politiek en dorstes

Chris Heymans spesialiseer as politieke-ekonomie-adviseur, veral oor munisipale water- en sanitasiebestuur. Hy het ondervinding opgedoen in meer as 20 lande. As konsultant werk hy onder andere vir die Wêreldbank, Britse, Amerikaanse en Duitse ontwikkelingsorganisasies, die Suid-Afrika se Nasionale Tesourie en Ontwikkelingsbank en verskeie universiteite, en skryf vir publikasies soos LitNet en Daily Maverick.

KI en die Narcissus-mite

Frederik de Jager was taalonderwyser, uitgewer en redakteur – hy was betrokke by JL van Schaik, Tafelberg, Queillerie, African Sun Media, Umuzi en Penguin South Africa. Oor die jare was hy uitgewer van ’n groot aantal bekroonde skrywers. Tussendeur was hy artikelskrywer, resensent, vervaardiger van dokumentêre TV-programme, keurder en beoordelaar van onder meer die M-Net Literêre Toekenning en die kykNET-Rapport Boekpryse.

Op soek na die gedagtegang van ’n skrywer

Piet Croucamp doseer politiek aan die Noordwes-Universiteit en skryf meningstukke vir wie ook al hom betaal.

Enkele gedagtes oor die Afrikaanse letterkunde en die (Globale) Suide

Louise Viljoen is emeritus professor, voorheen verbonde aan die Departement Afrikaans en Nederlands by die Universiteit Stellenbosch. Haar werk fokus veral op die Afrikaanse letterkunde in transnasionale verband. Sy is die skrywer van boeke oor Antjie Krog, Breyten Breytenbach en Ingrid Jonker, en medesamesteller van enkele bloemlesings uit die Afrikaanse poësie.

“Die Durbanse Poepwedstryd”: Die vieslikste gedig in Afrikaans, of satiriese verset?

Benewens skrywer is Riana Scheepers ook plaaswerker, geleentheidspreker, motiveerder, wynboer, restoureerder en liefhebber van die natuur.

13:00
Viertrekbakkies vertrek na Buffelskop

R250 per persoon

Vanaf DiRosie Lodge, Buffelshoek

Voorafbespreking is noodsaaklik, want sitplekke is uiters beperk. Bespreek julle sitplekke so gou doenlik by buffelshoek.gamelodge@gmail.com.

Olive Schreiner-gedenklesing
By Schreiner se sarkofaag

(Slegs vir diegene wat hulle plekke op die bakkies bespreek het en tot bo geklim het.)

Encounters with Olive Schreiner

Maria Geustyn is a lecturer in the Department of Literary Studies in English at Rhodes University. Her teaching and research interests lie at the intersections of South African literature, literature from the Global South, and the Blue Humanities.

Biltong en sjerrie sal op Buffelskop, voor die terugrit, bedien word.

Lees en kyk ook:

Video-uitnodiging: Veldsoirée 2026 (24–26 Julie, Nxuba/Cradock)

Etienne van Heerden Veldsoirée: Dié beveel ek met oorgawe aan

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top