Voorlopige program van die 2026 Etienne van Heerden Veldsoirée

  • 0

Die Etienne van Heerden Veldsoirée
24–26 Julie 2026
Nxuba/Cradock
Oos-Kaapse Karoo

Die voorlopige program van die 2026 Etienne van Heerden Veldsoirée sien soos volg daar uit:


Vrydag 24 Julie

09:00–13:00: ATKV-skryfskool

  • Poësie aangebied deur Bernard Odendaal
  • Prosa aangebied deur Hannes Barnard

R380 per persoon wat wil deelneem. Dit is noodsaaklik om vooraf te bespreek. Kontak Elsje by reservations@tuishuise.co.za om jou plek te bespreek.

13:45–17:45

Gratis sessie. Verwelkoming deur Darryl David, die feesimpresario, en dan lesings deur:

  • Charl-Pierre Naudé
  • Carina Stander
  • Steward van Wyk
  • Jos Floor
  • Andries Bezuidenhout
  • Annemarie van Niekerk
  • Vasti Roodt

19:30–20:30

Gratis sessie

  • Lesings deur twee skrywers – name sal bekend gemaak word.

20:30 tot kuiertyd

Gratis sessie, met voorlesings uit eie werk deur:

  • Annemarie van Niekerk
  • Bernard Odendaal
  • Charl-Pierre Naudé
  • Darryl David
  • Jaco Barnard-Naudé
  • Andries Bezuidenhout

Saterdag 25 Julie

08:00–10:00: ATKV-skryfskool

  • Voortsetting van vorige dag se program.

10:20–13:00

Gratis sessie, met lesings deur:

  • Heindrich Wyngaard
  • Mercy Kannemeyer
  • Mpush Ntabeni
  • Juliana Pistorius
  • Tom Dreyer

13:45–17:45

Gratis sessie, met lesings deur:

  • Burgert Senekal
  • Naomi Meyer
  • Asembese Mkumatela
  • Willie Burger
  • Annie Olivier
  • Japie Gouws
  • Yves T'Sjoen

19:30–20:30

Gratis sessie

Lesings deur Refiloe Moahloli en nog ’n skrywer, wie se naam bekend gemaak sal word.

20:30 tot kuiertyd

Gratis sessie, met voorlesings uit eie werk deur:

  • Hannes Barnard
  • Mpush Ntabeni
  • Naomi Meyer
  • Tom Dreyer
  • Etienne van Heerden

Orde van die Windpomp word toegeken


Sondag 26 Julie

08:30–12:15

Gratis sessie, met lesings deur:

  • Jaco Barnard-Naudé
  • Jaap Goedegebuure
  • Chris Heymans
  • Frederik de Jager
  • Piet Croucamp
  • Louise Viljoen
  • Riana Scheepers

13:00 Viertrekbakkies vertrek na Buffelskop

R250 per persoon. Voorafbespreking is noodsaaklik, want sitplekke is uiters beperk. Bespreek julle sitplekke so gou doenlik by buffelshoek.gamelodge@gmail.com.

  • Die bakkies vertrek vanaf Buffelshoek DiRose Lodge. Almal wat op ’n bakkie wil klim, sal eers ’n vrywaringsvorm moet teken.
  • Daar is ’n kort, maar steil klim na Schreiner se sarkofaag aan die einde van die opwindende bakkierit. Bring warm klere saam. Die wind kan snerpend wees bo-op Buffelskop.
  • Biltong en sjerrie sal voor die terugrit bedien word.

Olive Schreiner-gedenklesing

By Schreiner se sarkofaag, slegs vir diegene wat hulle plekke op die bakkies bespreek het en tot bo geklim het:

  • Maria Geustyn

Ruimtes

Die Veldsoirée vind plaas by Die Tuishuise & Victoria Manor in die dorp self, en ook by Buffelshoek DiRosie Lodge net buite die dorp.

Dit is nog nie nodig om nou al te bespreek vir die gespreksessies nie, maar enige een wat belangstel om die Veldsoirée by te woon, word aangemoedig om vroegtydig hulle verblyf by buffelshoek.gamelodge@gmail.com of reservations@tuishuise.co.za te bespreek.


Vir verblyf

Daar is goeie verblyfopsies in Nxuba/Cradock, maar deelnemers word aangemoedig om verblyf by Die Tuishuise & Victoria Manor of by Buffelshoek DiRosie Lodge te ondersoek. Beide instansies verskaf ruim borgskappe om die Veldsoirée moontlik te maak.

Lees en kyk ook:

Bespreek nou vir die Etienne van Heerden Veldsoirée wat van 24 tot 26 Julie plaasvind

Slegs R380 vir die ATKV-Skryfskool van 2026 én skouers skuur met skrywers

Deel in die vreugde van die ATKV-Skryfskool

Video-uitnodiging: Veldsoirée 2026 (24–26 Julie, Nxuba/Cradock)

Die LitNet25-skrywersberaad en die Etienne van Heerden Veldsoirée 2025 in ’n aantal kiekies verbeeld

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top