Video-uitnodiging: Veldsoirée 2026 (24–26 Julie, Nxuba/Cradock)

Jy is genooi: interessante gesprekke met skrywers, akademici en kenners, bakkies, koppies, kaggels en aalwyne. Kyk hierdie kort video-toer deur Menán van Heerden van wat te wagte is. Kom gesels, debatteer en luister saam. Kom ervaar die “veld” in Veldsoirée. Al die gesprekke is gratis. Maak seker jy bespreek vroegtydig verblyf. Meer details in die video.