Etienne van Heerden Veldsoirée: Dié beveel ek met oorgawe aan

  • 0

Foto: Menán van Heerden

Frederik de Jager skryf op Facebook:

Dié beveel ek met oorgawe aan. Laas jaar was ons die eerste keer daar, en dit was van die stimulerendste naweke wat ek beleef het. Dis nie net die praatjies nie – ’n groot aantal en groot verskeidenheid van hulle, kort en kragtig, oor elke denkbare onderwerp, deur indrukwekkende kundiges. Maar dis ook die skoonheid van die Karoo, die geselligheid van die diep winter in die beste geselskap, die sjarme van die Victoria Manor met sy Tuishuise – ’n hele gerestoureerde Victoriaanse straat – en die wellewendheid, en die gesprekke, en die nuwe blootstellings, en die gelag.

Foto: Izak de Vries

En die laaste dag se rit in bakkies teen die berg uit, dan ’n laaste klim tot by die sarkofaag met die mooiste uitsig in die wêreld, waar Olive Shreiner lê. Bespreek, spaar as jy moet, klim in die kar en doen jouself ’n heilsame guns.

Foto: Andile Bahl

Lees ook:

Bespreek nou vir die Etienne van Heerden Veldsoirée wat van 24 tot 26 Julie plaasvind

Slegs R380 vir die ATKV-Skryfskool van 2026 én skouers skuur met skrywers

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top